Reddingswerkers het gister 'n tenkwaongelukstoneel gefynkam waar omtrent 'n 100 mense doodgebrand het toe hulle geskarrel het vir olie en in die brand betrap is in een van die Afrikaland se ergste ongelukke in die onlangse verlede.
Die eerste minister, Raila Ondinga, sê die ramp waarin 178 mense verbrand en beseer is, toon die desperaatheid van arm Keniane en die land se gebrek aan paraatheid vir sulke ongelukke.
"Armoede dryf ons mense om desperate dinge te doen om deur net nog een dag te kom," het Ondinga gesê tydens 'n besoek aan die slagoffers van die brand wat Saterdagaand op 'n pad naby Molo in die sentrale Skeurvallei plaasgevind het.
"Hierdie synde 'n landelike gebied, was daar geen reaksie deur enige rampspan nie, want daar ís geen sodanige span nie."
Streeksowerhede het die dodetal aangepas na 94 van 111 na komplikasies om die liggame Saterdagaand na donker te tel.
"Ons het gisteraand 89 liggame getel en nog vyf het vanoggend gesterf," het die Skeurvallei se provinsiale kommissaris, Hassan Noor Hassan, aan verslaggewers gesê.
Die Rooikruis sê tot soveel as 'n 110 het gesterf, 'n gesondheidsminister sê dit was 97 en die polisie het die dodetal as 91 aangegee.
Toe die olietenker van die pad afgeswenk het, het honderde plaaslike inwoners na die toneel gehaas en probeer om die gratis brandstof met kanne op te skep.
Skielik het die olie ontvlam en die brand het oor die skare gespoel. Talle van die liggame is onherkenbaar verskroei.
