Daar’s goud in Japannese afval

ImageJapan, arm aan hulpbronne, het 'n nuwe bron van minerale rykdom ontdek – riool.

'n Rioolbehandelingsaanleg in sentrale Japan het 'n hoër goudopbrengs uit slik aangeteken as wat in sommige van die wêreld se beste myne gevind kan word.

'n Amptenaar in die Nagano prefeksgebied, Noordwes van Tokio, sê die hoë persentasie goud wat by die Suwa-aanleg gevind is, was waarskynlik te wyte aan die groot aantal vervaardigers van presiesheidstoerusting in die omgewing wat die geel metaal gebruik.

Die aanleg het onlangs aangeteken dat dit 1,890 gram goud per ton as wat afkomstig is van verbrande slik, gevind het.

Dit is 'n aansienlik hoër opbrengs as Japan se Hishikari Myn, een van die wêreld se voorste goudmyne wat besit word deur Sumimoto Metaalontginning, wat 20-40 gram van die kosbare metaal per ertston bevat.

Die prefeksgebied het tot dusver omtrent R600,000 vir die goud, sonder dat uitgawes afgetrek is, ontvang.

Hulle verwag om drie keer soveel te verdien vir die boekjaar wat in Maart eindig.

Sommige goudbedryfdeskundiges verwag dat die goudprys die rekord van $1,030 per fynons van verlede jaar sal oortref.

So – mense wat reken daar is nie goud in riool nie, sit eenvoudig die pot… errrr… mis.

абразивный инструмент дляФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae