Die Italiaanse kuswag sê hulle het 'n boot met 226 voornemende immigrante, wat probleme ondervind het in die waters langs die eiland van Sisilië in die Middellandse See, gered.
Die onwettige swerwers het probleme ondervind om die boot in die onstuimige see te stuur en was op pad om op die rotse by die Sisiliaanse dorp Porto Palo te loop, sê die kuswagte.
Die 198 mans en 28 vroue is deur twee kuswagbote opgepik en na 'n ontvangsentrum op die eiland oorgeplaas.
Die eilande naas Suid-Italië, veral Lampedusa, ervaar 'n vloed van onwettige immigrante, hoofsaaklik uit Noord-Afrika, wat probeer om die kus te bereik in 'n poging om Europa te haal.
In 2008 het sowat 36 900 onwettige immigrante Italië bereik, 'n styging van 75 persent vergeleke met die vorige jaar, sê die Italiaanse ministerie van binnelandse sake.
Gister het Malta ook berig dat 300 onwettige immigrante aan boord 'n lendelam vistreiler op die eiland geland het, die grootste enkele aankoms in meer as 'n jaar.
Italië en Malta het onlangs saam 'n beroep op Griekeland, Siprus en ander Europese Unie-lede in die Middellandse See gedoen om te help om die probleem op te los.
