‘n Skare van meer as 10 000 jong Moldawiërs het Dinsdag asof uit die niet verskyn om protes aan te teken teen Moldawië se kommunistiese regering. Hulle het regeringsgeboue gestroop en met die polisie gebots.
Die see van jong mense het die generasiegaping getoon wat in Moldawië ontstaan het, en die protesteerders het hulle geslag se voorkeurgereedskap gebruik, deur die skare bymekaar te maak met teksboodskappe, op Facebook en Twitter.
Die protesteerders het hulle eie etiket geskep op Twitter, en Moldawiërs byeengeroep deur gebeure in die klein voormalige Sowjetstaat op ‘n nuwe Twitterlys van gewilde onderwerpe geplaas, sodat mense regoor die wêreld kon bybly met wat ontvou.
Teen Dinsdagaand is die geboue van die parlement erg beskadig en skares mense is beseer. Maar die opluspolisie het teen Woensdag beheer van die president se kantoor en parlement geneem.
Na honderde eerstehandse weergawes op die internet geland het deur middel van Twitter, is internetdiens in Chisinau, die hoofstad skielik afgeskakel.
Die Oos-Europese land Moldawië het in ‘n politieke krisis verval na Sondag se parlementêre verkiesing, met die hoofstad Chisinau wat die ergste politieke geweld in dekades gesien het.
‘n Onrustige vrede het Woensdag oor Chisinau geheers na onluspolisie beheer oorgeneem het. Dosyne jeugdiges het vroeg Woensdag byeengekom vir nog protes, maar daar was geen teken van die geweld wat Dinsdag se protes gekenmerk het nie
