Ivy Matsepe-Casaburri oorlede

Ivy Matsepe-Casaburri, die minister van kommunikasie, is Maandagnag aan natuurlike oorsake oorlede, het die presidensie gesê.

Woordvoerder Thabo Masebe het Dinsdag gesê Matsepe-Casaburri, wat al die laaste paar maande lank nie gesond was nie, is in ‘n Pretoriase hospitaal oorlede. Sy was 71 jaar oud.

“Sy is omtrent 3 weke gelede in die hospitaal opgeneem. Sy was vir ‘n lang tyd nie by die werk nie as gevolg van haar gesondheid,” het Masebe gesê.

President Kgalema Motlanthe het terwyl hy meegevoel met haar familie en vriende uitgespreek het gesê: “Die minister was ‘n uitstaande leier en dienaar van die mense van Suid-Afrika.”

Sy is gebore in Kroonstad, in die Vrystaat, op 18 September 1973.

Van die posisies wat Matsepe-Casaburri beklee het was die eerste vrou wat aangestel is op die raad van die WNNR, die eerste swart persoon en vrou wat die voorsitter geword het van Sentech, die eerste vrou en swart persoon op die raad van die SAUK van 1993 tot 1997.

Sy was ook die eerste vrouepremier van die Vrystaat van 1997 tot 1999. In 1999 het sy ‘n lid van die parlement geword en ook minister van kommunikasie.

болит зуб при нажатии на негоФильчаков прокуратура харьков