Brittanje wil Suider-Afrika se vervoerinfrastruktuur opknap

Brittanje het Maandag  'n honderdmiljoen pond (147 miljoen dollar) belowe om  handelsroetes in  Suider-Afrika op te knap. 'n Verdere miljard dollar is deur haar vennote belowe. Die Britse departement van internasionale ontwikkeling, die DFID, het in die hoofstad van Zambie aangekondig dat hulle die streek se infrastruktuur wil verander en handel regoor Afrika wil bevorder.

Hawens, paaie en spoorwegverbindings sal opgegradeer word om handel te ondersteun, het die DFID in 'n verklaring bekend gemaak. Die aankondiging is gedoen tydens die amptelike loodsing van 'n noord-suid korridor wat deur privaatbeleggers sowel as openbare instellings ondersteun sal word. Die Wereldbank, die Europese Kommissie, streeksowerhede en ontwikkelingsagentskappe sal die opknappings befonds.

Gareth Thomas, Britse minister van handel, het in Lusaka bygevoeg dat dit vervoernetwerke sal verbeter en nuwe investering sal aanmoedig wat welvaart sal skep en armoede sal verlig.

Die Europese Kommissie het in Brussel aangekondig dat hulle 115 miljoen euro sal bewillig vir die infrastruktuurprojek. Louis Michel, die EU se ontwikkelingskommissaris, het verklaar dat Afrika gebuk gaan onder vlae van naskokke in die huidige ekonomiese krisis.

President Yoweri Museveni van Oeganda het die projek geprys en die gebrek aan maatskaplike aanpassing deur Afrikane oor die afgelope 500 jaar die skuld gegee vir Afrika se probleme. "Afrika se maatskaplike transformasie is nog net soos dit 500 jaar gelede was," volgens Museveni.

Die korridor beoog om bottelnekke in agt lande te help verlig: Tanzanie, die DRK, Zambie, Malawi, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en Suid-Afrika.

картаtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae