‘Zuma wethu’

ImageDie ANC in KwaZulu-Natal gaan Maandag by Durban se Curries Fountain Stadion fees vier nadat die NV aangekondig het dat die aanklagte teen ANC-persident Jacob Zuma laat vaar is.

Daar word verwag dat die stadion gepak gaan wees volgens ANC-woordvoerder Nomfundo Mcetywa.

In Durban se strate is tonele van spontane blydkap gesien nadat mense die aankondiging gehoor het. In Anton Lembedestraat het meer as 'n honderd mense binne enkele minute saamgedrom toe dit bekend geraak het dat die ANC-leier nie vervolg gaan word nie.

Die skare het "Zuma wethu" (ons Zuma), gedreunsing. Aanvanklik wou inwoners van Durban by die stadsaal byeenkom, maar nadat hulle gehoor het van die vieringe by die stadion, het hulle hul daarheen gehaas.

Lede van die provinsie se uitvoerende komitee vergader tans in die stadsaal maar sal na afloop van hulle vergadering ook na die Curries Fountain Stadion gaan, het Mcetywa gesê.

Die meeste inwoners het gesê hulle is verheug dat die aanklagte teen Zuma laat vaar is en bygevoeg dat dit goed is vir Suid-Afrika.

play forАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae