Norah Dyantyi se lewe het nie verder gestrek as die dorpie waar sy gewoon het nie, maar nuus van haar dood het weergalm deur haar provinsie, wat die plaag van Suid-Afrika se gruwelike misdaadstatistiek beklemtoon het.
Op 4 Maart is die liggaam van die 52-jarige enkelma buite haar tweevertrek huisie in die dorpie Etholeni gevind, naby Butterworth in die verarmde Oos-Kaap.
Haar keel en geslagsdele is uitgesny, terwyl haar liggaam oortrek is met veelvoudige steekwonde.
“Ek is lam van die skok, die brutaliteit van die moord op my tannie is bloedstollend,” het Nothemba Thini gesê.
Sy was die 10de slagoffer in ‘n reeks moorde in die gebied sedert die begin van November, maar sover is nog net een persoon gearresteer.
‘n Gemiddeld van 50 mense sterf ‘n geweldadige dood elke dag in Suid-Afrika, wat misdaad en wetstoepassing ‘n top prioriteit maak terwyl kiesers op 22 April na die stembusse toe moet gaan.
