praag.co.za

Staking kan Paasnaweekreise beperk

Written by

in

Salarisonderhandelings tussen vervoerwerkers en hulle werkgewers het Dinsdagaand teen 9:45 geëindig. Dit was die eerste dag van die staking deur duisende werkers.

“Ons het onderneem om dit weer môre teen 09:00 voort te sit,” het die padvervoerwerknemersvereniging (REFA) se arbeidsverhoudingebestuurder Magretia Brown gesê.

“Ek lei af dat omdat ons nog onderhandel dit op sigself ‘n positiewe ding is,” het sy gesê.

Brown het gesê dat hoewel vordering gemaak is met sommige sake, daar ander is waar geen vordering gemaak is nie. “Ten minste onderhandel ons nog.”

Randall Howard, algemene sekretaris van Satawu het gesê die unie eis ‘n 13% salarisverhoging, vier maande se betaalde kraamverlof en ‘n werkswaarborg wanneer hulle teruggaan werk toe, terwyl werkgewers net 11% salarisverhoging aanbied.

Howard het gesê die unie se 30 000 mense neem almal deel aan die staking wat na verwagting Suid-Afrika se brandstofvoorraad sal tref, omdat vragmotorbestuurders wat brandstof vervoer ook opgehou het om te werk. Die staking het Dinsdag begin.

Reggie Sibiya, hoof uitvoerende beampte van die brandstof handelaars vereniging wat al die groot brandstofmaatskappye verteenwoordig het gesê daar was Dinsdag geen groot impak nie, “net geïsoleerde voorvalle van nie-aflewering”.

“Die eerste groot toets gaan vannag wees, omdat die meeste aflewerings vir die groot oliemaatskappye snags plaasvind en ons môre daaroor terugvoer sl kry.”

best gameАлександр Фильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply