praag.co.za

Mense word gewaarsku oor roof na bankonttrekkings

Written by

in

KwaZulu-Natal se polisie het Dinsdag die publiek gewaarsku dat uitgeslape kriminele mense teiken wat groot bedrae geld getrek het by banke.

“Ons wil die publiek attent maak op die toename in roof wat plaasvind op indiwidue op pad na en van die banke af,” het senior superintendent Jay Naicker gesê.

Hy het gesê dat hulle opgemerk het dat gewapende rowers toenemend mense beroof na hulle groot onttrekkings gemaak het by banke of op pad is om deposito’s te maak by die banke.

“Terwyl ons die neiging ondersoek en probeer om moontlike verdagtes te identifiseer, wil ons die publiek bewus maak om voorsorg te tref wanneer hulle groot onttrekkings maak.”

Die modus operandi wat deur die misdadigers gebruik word is om mense te volg as hulle die bank verlaat en hulle onderweg na hulle bestemming te beroof, het Naiker gesê.

deposit liveпрокурор харьковской области

Comments

Leave a Reply