Maar hoogsopgeleide mense, soos dokters en ingenieurs verlaat Suid-Afrika steeds.
Ingenieurs word globaal gesoek, en Suid-Afrika het van die grootste tekorte aan gekwalifiseerde ingenieurs ter wêreld. Hosking het gesê lidmaatskap van die vereniging het gedaal van 14 000 tot 6 000 in net 8 jaar.
“In die laaste 6 maande is daar ‘n toename in professionele ingenieurs wat die land verlaat, en die gebrek aan geld het misdaad as die hoofrede verbygesteek.”
‘n Studie deur die Nasionale Wetenskapstigting het getoon dat Suid-Afrika 0,5 studente in ingenieurswese en natuurlike wetenskappe lewer vir elke 100 000 mense in die bevolking, vergeleke met Finland se 13,2, wat die hoogste in die wêreld is.
