Menslike foute kos Spoorwe? R2 miljard per jaar

Insidente het spoorwegoperateurs R2 miljard gekos tussen 2005 en 2007, het die Spoorweg se Veiligheidsreguleerder Dinsdag gesê.

“Ons het ‘n evaluasie gedoen. In baie gevalle is dit ‘n kwessie van menslike foute,” het ISR hoof uitvoerende beampte Mosenngwa Mofi in Johannesburg gesê.

Mofi het gesê dat die insidente meestal toegeskryf kan word aan ontsporings.

En in die geval van Metrorail wat meestal passasiers hanteer, is brandstigting in waens die groot probleem, “meestal as gevolg van treine wat vertraag word”.

“Passasiers raak ongeduldig en steek die treine aan die brand.”

In terme van treine wat ontspoor was daar die probleem met informele nedersettings naby die treinspore. Dit het meer ongelukke waarby mense betrokke is tot gevolg, asook vandalisme en diefstal.

Mofi het sy kommentaar gelewer as deel van ‘n bewusmakingsveldtog van die ISR.

“Ons wil die publiek blootstel aan ons as ‘n organisasie en dit wat ons doen.”

освобождение от физкультуры купитьДанильченко

Maak 'n opvolg-bydrae