Corrie Sanders se moordenaars skuldig bevind

Drie swart Zimbabwiërs is Dinsdag skuldig bevind aan die moord op die voormalige swaargewigbokskampioen Corrie Sanders.

Die staatsaanklaer het gesê sulke gedrag van Zimbawiërs lei tot aanvalle teen buitelanders. “Jy het net pyn en lyding na Suid-Afrikaanse gesinne gebring,” het die staatsaanklaer gesê.

Sanders (46) is tydens ‘n rooftog geskiet, en is die volgende dag in die Kalafong-hospitaal oorlede.

Hy het sy broerskind se 21ste verjaarsdagviering bygewoon by ‘n restaurant buite Brits toe hulle deur die drie swartes oorval is.

Regter Ferdi Preller het Paida Fish (21), Chris Moyo (28) en Samuel Mabena (29) in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan moord, roof met verswarende omstandighede, en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Sanders is getref toe hy sy dogter Marinique wou beskerm. Hy was reeds swaar gewond toe hy haar na die grond toe getrek het en gesê het sy moet maak of sy dood is.

Die aanvallers het die gaste van hul persoonlike besittings soos handsakke, selfone en kontant beroof. Twee van die gaste kon Fish en Moyo tydens ‘n uitkenningsparade identifiseer.

Die drie swartes is ‘n paar dae later in Oukasie-lokasie gevang met die gesteelde items. Een het ‘n gegraveerde horlosie van een van die gaste gedra wat hy met ‘n rekkie om sy arm vasgemaak het. Die ander twee het onder meer motorsleutels en simkaarte van die gaste in hul besit gehad.

Sanders het in 46 gevegte slegs vier keer verloor en 31 keer gewen deur ‘n uitklophou. Hy het die WBO-swaargewigtitel in Maart 2003 in Hannover, Duitsland ingepalm nadat hy Wladimir Klitsckho van Oekraïne in die tweede ronde met ‘n uitklophou platgeslaan het.

Die swartes word Woensdag gevonnis.

Polisie sê Soweto-geweld is onder beheer

Buitelanders moes uit Soweto vlug, of skuiling gaan soek by polisiestasies in die gebied, ná die jongste vlaag van geweld teen hulle.

Die geweld het Maandagaand uitgebreek nadat ‘n buitelandse winkeleienaar na bewering die 14-jarige Siphiwe Mahori in Snake Park doodgeskiet, omdat Mahori glo sy winkel wou beroof.

Die Gautengse polisiekommissaris, Lesetja Mothiba hou nietemin vol dat die polisie genoeg mannekrag het om die aanvalle onder beheer te bring.

Hy sê egter die polisie se nasionale leierskap is in kennis gestel dat bykomende magte op bystand moet wees.

Die polisie moes inderhaas ontplooi word om die plundery van winkels wat aan buitelanders behoort in Soweto hok te slaan. Volgens Lesetja is meer polisiebeamptes ontplooi in die gebiede wat deur die plundery geraak word.

Die geweld het in Soweto begin, en ook na Diepkloof en Kagiso versprei.

Asad Ali, wat ‘n selfoon-herstelwinkel gehad het, sê hy soek nou ‘n ander plek om sy winkel oop te maak.

Die adjunkvoorsitter van die Somaliese-vereniging van Suid-Afrika, Cassim Ali het die plundery as vreemdelingehaat én misdaad bestempel.

Meer as 120 mense is tot dusver in hegtenis geneem op aanklagte wat wissel van moord tot diefstal en die polisie het beslag gelê op tientalle onwettige vuurwapens.

Mothiba sê hulle is besig met ‘n ondersoek na waar die vuurwapens vandaan kom.

Drie polisiebeamptes, wat nie in uniform geklee was nie, het ‘n Sapa-verslaggewer glo Donderdag gedwing om foto’s van haar selfoon uit te vee wat sy van ‘n Somaliër se winkel in Dobsonville, Soweto, geneem het.

Die verslaggewer is afgetrek deur ‘n polisievoertuig nadat sy die foto’s geneem het.

“Die een beampte het oor my skouer geloer om seker te maak dat ek alles uitvee,” het Mpho Raborife gesê. “Hy het daarna gesê ek mag nie ʼn foto op die toneel neem nie, aangesien dit openbare geweld is, so dit val onder hulle jurisdiksie.

“Hulle het toe gesê ek mag in elk geval nie die foto’s neem nie omdat ek nie toestemming gevra het nie, en ek kan nie net by ʼn toneel opdaag en foto’s neem en dan wegry nie.”

Die polisie het haar verslaggewerskaart en selfoon by haar afgeneem. Daarna het die beamptes volgehou dat sy hulle na die Dobsonville-polisiestasie moet vergesel en geweier dat sy haar werkgewer bel. Hulle is uiteindelik nooit na die stasie nie.

Die polisiebeampte het volgehou dat sy nie daar mag foto’s neem en dit aan die publiek mag ‘uitlek’ nie. Hulle het haar selfoon en verslaggewerskaart teruggegee eers nadat sy die foto’s uitgevee het.

Mark van der Velden, redakteur van Sapa, het gesê die verslaggewer het haarself met haar verslaggewerskaart geïdentifiseer en alhoewel die polisiebeamptes in ʼn polisievoertuig was, het hulle siviele klere aangehad en het hulself nie voldoende geïdentifiseer nie. “Die feite tot dusver dui daarop dat die gedrag van die beamptes uiters onprofessioneel was en dit voldoen nie aan die prosedure nie. Die polisiebeamptes het klaarblyklik moeite gedoen om ʼn joernalis te intimideer en wou inligting in openbare belang onderdruk oor ʼn aktuele nuusstorie oor xenofobie.”

Volgens Van der Velden word die polisie verbied om enige media te dwing om foto’s uit te vee. Hy het bygevoeg dit is nog ʼn voorval van polisiebeamptes wat staande bevele verontagsaam.

Sapa gaan deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) ʼn formele klag by die polisiekommissaris se kantoor aanhangig maak.

Geweld teen produktiewe SA-inwoners neem toe

Die jongste vrystelling van misdaadsyfers toon dat geweld in Suid-Afrika aan die toeneem is en veral produktiewe inwoners word direk geraak deur die toename.

Geweldsmisdade waarin individue persoonlik geteiken word soos moord, roof en motorkapings het kommerwekkend toegeneem.

Moord het met 5% toegeneem met meer as 17 000 moorde wat gepleeg is.

Dié toename beteken dat Suid-Afrika die twyfelagtige eer te beurt geval het om as gevaarlike misdaadhool te kwalifiseer met ‘n moordsyfer van 32,2 per 100 000 van die bevolking, terwyl die wêreldgemiddeld maar 7 per 100 000 is.

Suid-Afrika se moordsyfer is tans amper vyf keer meer as die wêreldgemiddeld. Die platteland is veral gevaarlik.

Daar heers verder kommer oor die geloofwaardigheid van die syfers, aangesien polisiestasies dikwels nie die korrekte kategorie van misdaad rapporteer nie.

Gewapende roof word in talle gevalle as diefstal gerapporteer, terwyl inbrake nie gerapporteer word nie om versekeringspremies laag te hou.

Die ISS het die toename voor die vrystelling aan “opvoeding” toegeskryf en gesê misdaadstatistiek moet maandeliks bekend gemaak word om sodoende ‘n beter misdaadvoorkomingsplan te kan opstel.

Swart aanvalle op woonhuise, die misdaad wat die meeste gevrees word in Suid-Afrika, het met 7,4%, oftewel 19 284 gevalle toegeneem en roof met verswarende omstandighede het met 12,7% of 119 351 gevalle.

Motorkapings het met 12,3% (11 221 gevalle) gestyg en roof by sake-ondernemings het met ‘n yslike 31,3% (18 615 gevalle) toegeneem.

Gevreesde misdaad neem toe

huisroof“Roof by woonhuise as die misdaad wat die meeste gevrees word in Suid-Afrika het met 3,6% toegeneem volgens die nuutste misdaadstatistiek. Inbrake by woonhuise het met 3,3% (253 633 gevalle) toegeneem en motorkapings met 5,4%. Dit is juis by jou huis en op pad werk toe wat mense veilig wil voel. Die publiek het dus rede om onveilig te voel en ervaar dat misdaad toeneem,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Wat ook kommerwekkend is, is dat van die 1 833 775 ernstige misdade wat aangemeld is, daar slegs 352 513 suksesvolle vervolgings was. Dit is slegs 19% suksesvolle vervolgings. Dit beteken dat die strafregstelsel in Suid-Afrika ernstige gebreke het en die publiek in die steek laat,” het Groenewald gesê.

“Moord het met 0,6% toegeneem, maar die feit dat 16 259 mense vermoor is beteken dat die kans vyf keer groter is om in Suid-Afrika vermoor te word as elders in die wêreld waar die gemiddeld 6 per 100 000 is. Poging tot moord het met 6,5% (16 363 gevalle) toegeneem wat beteken Suid-Afrika bly steeds ‘n gevaarlike land,” sê Groenewald.

Die Vryheidsfront Plus verwelkom wel die afname in misdade teen vroue en kinders en in misdade soos aanranding.

Ses verskyn oor moorde op Bethulie-bejaardes

bethulieSes swart verdagtes het Woensdag in die hof verskyn ná die moorde op ’n bejaarde egpaar van Bethulie. Die saak sal waarskynlik later vanjaar na ’n hoër hof oorgeplaas word.

Die verdagtes, onder wie vier minderjariges, word onder meer aangekla van moord nadat Gordon en Lorraine Adams in Februarie vanjaar in hul huis beroof en vermoor is.
Twee van die minderjariges tussen 15 en 18 jaar oud, Tshepo Ramatlama en Sphiwe Sakman, staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak en motordiefstal. – OFM

Pretoriase man skiet aanvaller dood

rooihuiskraal‘n Vermeende rower is Dinsdagaand in Rooihuiskraal, Pretoria, doodgeskiet.

Skote het Dinsdagaand in Rooihuiskraal afgegaan toe ’n man glo ‘n vermeende rower in selfverdediging doodgeskiet het.

Dié man, Karel Liebenberg, het na bewering die vermeende rower voor sy huis doodgeskiet nadat ’n vuurwapen op hom gerig is.

Met die aankoms vroeër by hul huis, het Liebenberg uit sy voertuig geklim om die veiligheidshek en motorhuisdeur oop te maak.

’n Oomblik daarna het hy opgemerk dat ’n silwer-grys Subaru sonder ’n nommerplaat agter hulle voertuig stilgehou het. Die voertuig het vir hom verdag voorgekom en hy het sy gelisensieerde vuurwapen uitgehaal.

’n Passasier het regs agter uit die voertuig geklim en ’n vuurwapen op Liebenberg gerig.

Volgens Liebenberg se prokureur, Peet du Plessis, is Liebenberg die hoof van die plaaslike blokwag en daarom dra hy ten alle tye ’n vuurwapen by hom. Weens vrees dat sy lewe in gevaar was, het hy twee skote op die verdagte gevuur.

Volgens Du Plessis het die bure en Liebenberg se vrou verskeie skote gehoor wat afgevuur is, wat moontlik kan aandui dat dié 33-jarige verdagte teruggeskiet het.

Die verdagte is raak geskiet en die ander verdagtes in die voertuig het van die toneel gevlug.

Liebenberg het dadelik die polisie ontbied. Met Sersant Michiel Roos se aankoms op die toneel het die verdagte nog geleef en Roos het die mediese dienste ontbied.

Ten spyte van mediese sorg, is die verdagte op die toneel dood verklaar.

“Die egpaar is nog in skok en erg getraumatiseer,” het Du Plessis aan Looklocal gesê.

Hy wou nie verdere kommentaar lewer totdat die verslae afgehandel is nie.

Volgens Generaal-Majoor Tommy Mthombeni was die reeksnommer van die oorledene se vuurwapen afgeskuur en elf rondtes van ammunisie is in die wapen gevind waarvan een patroon reeds in die kamer gelê het.

Mthombeni het bevestig dat ’n saak van poging tot kaping deur die polisie ondersoek sal word. ’n Geregtelike doodsondersoek sal ook gedoen word. – looklocal.co.za