Zimbabwe – net nog ‘n neo-koloniale klug

ImageMet die Zimbabwiese parlementêre verkiesing agter die rug, kan mens reeds sekere waarnemings maak, selfs al is dit nog nie finaal seker of ons die laaste van Robert Mugabe gesien het nie.

Reeds is daar beloftes van dollars en ponde wat gaan begin reën sodra daar ʼn “demokratiese bewindsverandering” plaasgevind het. By Westerse lande – gelei deur die voormalige koloniale moondheid, Brittanje – het Mugabe in onguns verval, anders as in 1980 toe hy allerweë geloof is as ʼn man wat soos Mandela op water kan loop.

Daarom word daar onomwonde gesê dat ʼn reusehulppakket slegs aan Zimbabwe toegestaan sal word indien Mugabe nie meer president is nie. Indien ons vir ʼn oomblik kan vergeet dat Mugabe ʼn afstootlike swart diktator is (soos vele ander in Afrika wat nooit die nuus haal nie), kan mens wel vra: wat het van die soewereiniteitsbeginsel geword?

Hoe kan Brittanje aan die Zimbabwiese kieser voorskryf vir wie hy of sy behoort te stem? Oor die afgelope 28 jaar het die Zimbabwiërs aangehou om Mugabe fanaties te ondersteun al het hy die land en sy ekonomie stelselmatig geplunder en verwoes.

Te oordeel aan die omvang en organisasie van die MDC-veldtog, is dit duidelik dat daar buitelandse, spesifiek Britse, geld agter Tsvangirai moet wees. Immers is dit moeilik om te sien hoe enige opposisieparty in ʼn verarmde, de facto eenpartystaat soos Zimbabwe die nodige fondse kan bekom om ʼn noemenswaardige verkiesingsveldtog teen die staat self te voer.

Daar word openlik gepraat van ʼn “wortel” van een miljard pond (R15 miljard) in hulpgeld wat voor die Zimbabwiese kieser se neus gewaai word indien hy maar net “die regte ding doen” en van Mugabe ontslae raak. Te midde van al die bedwelmende beloftes van hulpgeld, word daar terloops ook genoem dat Zimbabwe rééds $350 miljoen per jaar aan hulp van die Weste en veral Brittanje ontvang.

Wat ek nog nooit kon verstaan nie, is die besware wat mense – die Britte inkluis – teen die destydse tuislande in Suid-Afrika gehad het. Wat is Zimbabwe anders as ʼn tuisland van Brittanje waar die regering en staatsbestel na willekeur van buite gemanipuleer word?

Eer ons vergeet, Mugabe sou nooit die bewind by Ian Smith oorgeneem het indien die hoogheilige Brittanje nie die voormalige Rhodesië geboikot en geondermyn het nie. Die wonderlike Robert Mugabe was die Britte se idee van ʼn goeie president vir Zimbabwe.

Watter astronomiese bedrae aan hulpgeld daar ook al na die verkiesing op Zimbabwe bestee gaan word, weet ons almal dat die werklike misdaad wat plaasgevind het – die etniese suiwering van die blanke Rhodesiërs – deur geen tribunaal gestraf gaan word nie. Nie net gaan Mugabe skotvry daarvan afkom nie, maar Tsvangirai het reeds gesê dat hy óók ʼn voorstander van “grondhervorming” is.

Mugabe se “grondhervorming” verteenwoordig sy onaantasbare nalatenskap. Nóg Brittanje, nóg ʼn MDC-regering gaan ʼn jota daaraan verander. Noudat die ANC in Suid-Afrika – nog ʼn resiesperd waarop Londen se koloniale wedders heelwat geld gewaag het – aanskou het hoe mens ʼn blanke minderheid sonder gevolge uit ʼn land kan suiwer, is dit net ʼn kwessie van tyd voordat dieselfde resep hier te lande toegepas gaan word. Hiervan getuig Lulu Xingwana se onheilspellende wysiging van die reeds Bolsjewistiese Grondonteieningswet.

Ook die hordes onwettige immigrante wat uit Zimbabwe na Suid-Afrika gevlug het, gaan nooit hul skrede huiswaarts wend nie. Ons sit met hulle opgeskeep en Brittanje gaan ons vir seker geen hulpgeld skenk om na hulle om te sien nie.

Hoe die landbou ooit in Zimbabwe op dreef gaan kom sonder om die plase aan hul voormalige blanke eienaars terug te gee, is moeilik om te sien. Daarom kan mens verwag dat Zimbabwe wat as Rhodesië destyds een van Afrika se suksesverhale was, maar net verder gaan voortploeter as ʼn misrabele, hulpafhanklike tuisland van Brittanje. Die ander hulpbehoewende tuislande in ons geweste is natuurlik Lesotho, Swaziland en Botswana.

Tussen die neo-koloniale meesters in Londen en die mags- en geldgierige “leiers” in Harare, sal die ramp wat die oud-Rhodesië geword het waarskynlik vir altyd voortduur.

Al sekerheid wat mens oor Zimbabwe het, is dat die jenewer en tonikum neffens Koningin Victoria se waterval altyd dieselfde sal smaak.

как называется парусный спорталександр лобановский харьков

Suid-Afrika se rasseprobleem groter as ooit

ImageSuid-Afrika is sinoniem met paradokse. Aanvanklik is die land verkeerdelik gesien as ‘n plek waar rassespanning gedy. Sedert die ANC-oorname in 1994 was Suid-Afrika veronderstel om ‘n post-rassige tydvak binne te gaan; vele buitelanders het selfs beweer dat die land ‘n voorbeeld stel vir ander multikulturele en veelrassige samelewings.

Helaas is dié optimistiese aannames in die onlangse verlede verkeerd bewys. Eerder as wat Suid-Afrikaners die afgelope dekade of wat minder rasbewus geraak het, lyk dit asof die land juis nou in die sogenaamde postapartheidstydvak meer rasverdeeld as ooit geraak het.

Net enkele weke gelede het ‘n groep swart joernaliste enkele wit kollegas, ook internasionale kollegas, verbied om ‘n vergadering van die Vereniging vir Swart Joernaliste by te woon. Terwyl Suid-Afrika se liberale blanke joernaliste deur die bank hul skok en afgryse hieroor uitgespreek het, was swartes deur die bank ongesteur daaroor. Sowel swart rubriekskrywers as regeringspolitici het dié raseklusiewe stap geondersteun.

Sedert 1994 word Suid-Afrika toenemend na gelang van rasverdelings gepolariseer. Dis veral die gevolg van regeringsbeleid, spesifiek die ideologie van “transformasie” – wat hier te lande ‘n radikale, anti-wit vorm van regstellende aksie beteken. In die ekonomie, onderwys en sport geld rassekwotas. Omdat swartes 80% van die bevolking uitmaak, word daar aangeneem dat hulle ook 80% van die dokters, ingenieurs, rekenmeesters, uitvoerende beamptes en rugbyspelers moet verteenwoordig. Selfs al slaag minder as een persent van alle swart leerlinge wiskunde aan die einde van hul skoolloopbaan en verkies hulle sokker bo rugby.

Maar die onlangse insident wat die hele land op hol gehad het, was die satiriese video van ‘n groepie studente aan die Universiteit van die Vrystaat. In die video wat allerweë as beide amateuragtig en vulgêr beskryf word, word vier swart skoonmaaksters getoon wat deelneem aan ‘n soort inisiasieritueel by een van die koshuise genaamd Reitz.

Die beelde van die vroue wat allerlei onsmaaklike dinge moet eet en drink, asook deelneem aan ‘n naelloop en ‘n rugbywedstryd, is deur sowel die plaaslike as buitelandse media as ‘n rassistiese insident aangegryp. Tot CNN het dele van die studentevideo vertoon.

Ongeveer twee weke lank is Suid-Afrika in die greep van die Reitz-video vasgevang en is “rassisme” verhef tot die land se grootste enkele probleem. Dat niemand in die video beseer is nie, het geen afbreuk aan die massahisterie gedoen wat deur die media aangeblaas is nie. As mens daaraan dink dat 30 000 blanke Suid-Afrikaners oor die afgelope tien jaar deur swartes vermoor is en ‘n verdere 70 000 blanke vroue deur swart mans verkrag is, dan lyk ‘n enkele studentevideo nie na veel nie.

In die heersende atmosfeer van blanke skuld en ongeneeslike swart woede kon die video-insident egter nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Dit het eensklaps aan ons getoon dat die droom van ‘n verenigde “nie-rassige” Suid-Afrika ‘n onwerklike fantasme verteenwoordig. Apartheid het die rasse afsonderlik gehou, maar transformasie het vir die eerste keer in Suid-Afrika rassehaat – veral van swartes teenoor blankes – ontketen. Vele swartes sê openlik dat die land ‘n diktator soos Zimbabwe se Robert Mugabe nodig het wat alle blankes sal verjaag, ongeag die ekonomiese gevolge.

Waarskynlik vir die eerste keer in die geskiedenis het ras tans die vernaamste politieke, sosiale en kulturele kwessie in Suid-Afrika geword. Hoe meer die bestaan van biologiese ras deur sommige akademici en veral joernaliste ontken word, hoe sterker word dit as ‘n politieke faktor en ‘n merker van identiteit. Transformasie skep konstante absurditeite, soos dat blanke ingenieurs nie meer in die nasionale elektrisiteitsmaatskappy mag werk nie, met gepaardgaande chroniese kragonderbrekings. Maar die rasse-obsessie van Suid-Afrika se swart elite, asook enkele linkse blanke intellektuele, is besig om die land op ‘n ramp te laat afstuur.

Of daar uiteindelik ‘n volksmoord op blankes en Afrikaners gaan wees, of bloot ‘n eksodus à la Zimbabwe, sal die tyd wel leer. Te eniger tyd kan Suid-Afrika egter in burgeroorlog of erger verval. As ‘n enkele video die land kan verdeel, watter uitwerking sou etniese opsweping deur die massamedia hê, veral onder swartes?

мозаика киевФильчаков прокурор отзывы

In SA is urine politiek

ImageMyns insiens was die insident by Reitz-koshuis wat op video vasgelê is en reeds CNN gehaal het  ‘n grap; enigeen wat al in ‘n koshuis was, weet tot watter belaglike optrede groepsdruk veral jong seuns of mans kan oorreed. Maar ons moet ook toegee dat ons in ‘n abnormale land woon wat deur intense geweld en wedersydse rassegevoelens gekenmerk word. Die blanke Afrikanerman is van alle mag en invloed gestroop en word openlik deur die media en reklamebedryf (vgl. maar die Vodacom-advertensies) bespot as ‘n soort gekastreerde imbesiel. Een moontlike verklaring vir die seuns se optrede kan dus daarin geleë wees dat hulle ‘n magsfantasie probeer uitleef het deur swart vroue te verneder terwyl dit in die werklike lewe anders gesteld is en hulle waarskynlik daagliks deur swart amptenare of maghebbers verneder word. Trouens, die transformasie van die UV-kampus en koshuise verteenwoordig ‘n verskriklike demonstrasie van swart mag wat selfs bepaal met wie ‘n student sy kamer moet deel.

‘n Johannesburgse Engelstalige koerant (The Star) het die gebeure met ‘n Leon Schuster-film vergelyk. Dit wás uiters banaal. Maar daarom is die ongekende reaksie van die media, sowel plaaslik as internasionaal, so interessant. Hierdie banale en onbenullige insident word aangebied asof dit van dieselfde belang is as Iran se kernprogram, die Amerikaanse presidentsverkiesing of die jongste nuus oor die Israel-Palestinakonflik. Ook die plaaslike politici het nie op hulle laat wag nie en veral die DA het onmiddellik op sy mededinger, die Vryheidsfront Plus, toegesak en hom daarvoor geblameer. In Suid-Afrika is urine politiek en elkeen wil graag toustaan vir sy beurt by die urinaal.

Die feit dat soveel kommentaar op die Afrikaner fokus, ook in die Britse koerante, wil vir ons sê dat Engelse dit as ‘n geleentheid sien om tot hul eeue-oue spel van Afrikanerverguising oor te gaan. Waar Engelse hulle aan dieselfde of soortgelyke "rassistiese" gedrag skuldig maak, word dit eenvoudig afgelag en in ‘n "goeie gees" aanvaar. So was daar vandeesweek, te midde van die Reitz-bohaai, ‘n episode op Hoëveldstereo waarin Jeremy Mansfield ‘n swart vroulike leerlingbestuurder op die lug verneder het met allerlei absurde vrae en ook toespelings gemaak het dat die hele land se verkeerspolisie korrup is. Van die vrae wat aan haar gestel is, was onder meer hoeveel sy dink die gangbare bedrag is waarmee mens ‘n verkeerspolisieman moet omkoop.

Waarskynlik die enigste positiewe uitslag van die hele bohaai is dat die reënboognasieteorie nou finaal ontmasker is as ‘n blote set om die Afrikaner van sy politieke, institusionele, kulturele en taalregte te ontneem. Reitz en veral die oorreaksie daarop sê vir ons dat ons dringend ‘n ander politieke model nodig het as die fantasie van demokrasie en versoening wat onlangs aan ons opgedis is en in die praktyk niks beteken nie.

In die VSA het gedwonge integrasie na 50 jaar nie tot groter harmonie en wedersydse begrip gelei nie, maar tot meer de facto-segregasie en rassehaat. Tans word hier by ons ʼn geslag blankes op die skoolbanke groot wat hul eie status as tweederangs ervaar. Daar word teen hulle gediskrimineer sover dit toegang tot universiteitstudie en uiteindelike werkgeleenthede betref. Sowel die staatsdiens as groot maatskappye reserveer deesdae feitlik alle poste vir “voorheen benadeeldes”, wat ʼn eufemisme vir swartes verteenwoordig.

Transformasie, regstellende aksie en alles wat daarmee saamhang, veroorsaak onvermydelik rassespanning, selfs rassehaat, veral onder jongmense wat die ergste daaronder deurloop. Die gebeure by Reitzkoshuis en veral die reaksie daarop, verteenwoordig ʼn byna volmaakte illustrasie hiervan.

Terwyl blanke rassisme jeens swartes in Suid-Afrika ʼn marginale verskynsel verteenwoordig, kan dieselfde nie van anti-blanke gevoelens gesê word nie. Miljoene swartes, vanaf president Mbeki wat reeds herhaalde anti-blanke uitsprake gemaak het, is van mening dat blankes boos is en nie in Afrika hoort nie. Trouens, tydens inbelprogramme op radiostasies het vele swart inbellers vandeesweek van ʼn komende rasseoorlog gepraat. Indien ʼn onbenullige studentepoets in Bloemfontein genoeg is om emosies so op te jaag dat mense dreig om mekaar oor rasgrense heen te begin doodmaak, is dit mos duidelik dat die huidige stelsel en veral die ANC-leierskap totaal misluk het om enige harmonie of vrede in die land te bewerkstellig.

ʼn Tyd gelede het sms’e rondgevlieg om teen die “nag van die lang messe” na Mandela se dood te waarsku. In Rwanda is die staatshoof se vliegtuig darem afgeskiet voordat Hutu’s begin het om Tutsi’s voor die voet uit te moor. In ekstremistiese Suid-Afrika is geen ernstige politieke insident blykbaar nodig om volksmoordgevoelens onder die swart bevolking gaande te maak nie. Al wat nodig is, is ʼn paar bottels bier, ʼn rugbybal en sprake van urine.

школьные рубашки для девочеклобановский александр

Die nuwe pessimisme

ImageVyf, ses jaar gelede het ek in Rapport geskryf dat Suid-Afrika op ʼn Zimbabwe afstuur. Destyds is sulke kommentaar honend deur Suid-Afrika se koor aartsoptimiste begroet wat my gewys het op “die beste grondwet ter wêreld”, die groeiende ekonomie, “goeie rasseverhoudinge” en dergelike meer. Toentertyd het ek soos ʼn pretbederwer gevoel deur mense te wys op die onontwykbare realiteite van transformasie en die anti-blanke ideologie wat daarmee saamhang.

Tans beleef ons ʼn sentimentrevolusie in Suid-Afrika. Diegene wat vyf jaar gelede nog popelend positief was oor die wonderlike ANC-regering en Trevor Manuel se onoortreflike finansiële bestuur, is besig om al hoe meer swartgallig te raak.

Waarskynlik het Eskom die grootste bydrae tot hierdie ommeswaai gemaak, want as die ligte afgaan is dit moeilik om jou te verbeel dat die land steeds goed bestuur word deur die trop bannelingpolitici wat FW de Klerk onder druk van Brittanje en Amerika agtien jaar gelede hier op ons losgelaat het.

Die redakteur van Rapport, Tim du Plessis, het sedert verlede jaar insgelyks ʼn nuwe noot ingesit en sien nou al hoe meer probleme op die horison. Aan die een kant is dit goed dat Afrikaners en ook ʼn massasirkulasiekoerant soos Rapport begin om ons Afrikawerklikheid in die oë te kyk. Aan die ander kant bestaan die gevaar dat die publiek sonder die nodige perspektief in so ʼn terminale depressie mag verval dat die kommerwekkende stroom emigrante na Australië en ander plekke net groter gaan word.

Net gister was ek by ʼn aanbieding oor die komende nasionale begroting deur die ekonoom, Dawie Roodt. Sy siening is dat die huidige fiskale beleid onhoudbaar is, want Suid-Afrika bestee reeds die maksimum aan maatskaplike toelaes, maar niks aan infrastruktuur nie. Die elektrisiteitskrisis, maar ook paaie wat verkrummel en staatsdiensgeboue wat as ongeskik vir menslike gebruik verklaar word, gaan een of ander tyd druk op die nasionale begroting plaas. Volgens Dawie Roodt, kan Suid-Afrika eenvoudig nie die kombinasie van infrastruktuurbesteding en uitgawes op allerlei toelaes wat reeds aan 12 miljoen mense betaal word, bekostig nie.

Trevor Manuel se veelgeroemde begrotingsoorskot gaan dan soos mis voor die son verdwyn.

Die feit dat ekonome soos Dawie Roodt en Mike Schüssler, wat insgelyks die aanbieding bygewoon het, deesdae die donker wolke op die horison begin raaksien, is tekenend van die verskuiwing wat tans besig is om plaas te vind. Dit sou daarom rampspoedig wees indien hierdie nuwe werklikheidsbesef wat onder ʼn uiteenlopende groep Afrikaners plaasvind, net uitloop op ʼn nuwe vorm van oorgawe, hetsy deur emigrasie, hetsy deur die passiewe aanvaarding van die huidige omstandighede.

Die magsoorname deur die ANC was nóg onafwendbaar nóg permanent. Die krisisse wat tans in die land voelbaar raak, illustreer juis die onvermoë van die groep buitelandse bannelinge onder Mbeki, binnekort onder Zuma, om ʼn verwikkelde nywerheidstaat soos Suid-Afrika te regeer.

Deel van daardie onvermoë is ook die gebrek aan beheer oor die staat en al sy magsinstrumente. Eintlik beskik die ANC oor geen werklike mag nie, behalwe dit wat op ʼn skinkbord in 1994 aan hom gebied is, wat al die regeringsposisies, asook beheer oor die SAUK en ander propagandamiddele, insluit. Indien die Afrikanervolk hergroepeer en die gedeeltelike steun van die Engelse blankes, asook goedgesinde bruinmense, Indiërs en swartes monster, kan ons die ANC ontsetel en uiteindelik vernietig soos wat hy tans poog om ons te vernietig. Solank as wat daar nog twee of drie miljoen Afrikaners in die land oorbly, sal ons altyd oor daardie potensiaal beskik.

Hoe groter die huidige krisis rondom kragvoorsiening, veiligheid, grond, onderwys en ander kwessies word, hoe meer behoort ons te beplan vir wat na die ANC en sy ongewenste magsmonopolie kom.

вопросы полиграфа в фсбФільчаков Олександр Васильович прокурор

SA het nuwe politieke model nodig

ImageOud-minister Pik Botha het verlede jaar op 14 Julie 2007 ʼn debat ontketen met sy stelling dat “die ANC vir ons gelieg het” tydens die Kemptonpark-onderhandelinge in die vroeë negentigerjare. Ook mnr. F.W. de Klerk het op dieselfde tydstip ʼn verklaring uitgereik waarin hy meen dat “die huidige toepassing van regstellende aksie strydig is met dit waarop destyds in die grondwetlike onderhandelings ooreengekom is”.

In reaksie op die huidige elektrisiteitskrisis, het mnr. Pik Botha verlede week in Rapport sy kritiek op die huidige bedeling verhewig deur te beweer dat ons land “op die Zimbabwe-pad” is.

Die logiese stap wat nou behoort te volg, is dat sowel oud-president FW de Klerk as sy destydse onderhandelaar, Roelf Meyer, mnr. Botha se verklaring behoort te beaam en die grondwet van 1996 behoort te verwerp.

Vir sommige mense klink dit miskien radikaal. Maar ons moet onthou dat daar na twaalf jaar van die nuwe grondwet geen teken is dat dit ewewigtig toegepas word nie. Nie net is byna elke reg wat daarin vervat is, soos eiendomsreg, die reg op ʼn eie taal en kultuur, asook die gelykheidsklousule, subtiel gekwalifiseer om blankes uit te sluit nie, maar selfs ons oorblywende papierregte word elke dag vertrap deur misdaadbendes, asook die regering en die staatsdiens self.

Een van die skokkendste gebeure onlangs was die onderwysdepartement onder Naledi Pandor se besluit om die Hoërskool Ermelo te dwing om Engelse leerlinge in te neem – ondanks ʼn ander skoolgebou op Ermelo wat leegstaan! Die hoof, mnr. Koos Kruger, is summier geskors en word tans aan ʼn dissiplinêre verhoor onderwerp omdat hy gepoog het om die Afrikaanse taalbeleid van sy skool te handhaaf.

Die Ermelo-geval het ook gedemonstreer dat ons regbank nie meer onafhanklik is nie, want ná ʼn aanvanklike uitspraak deur ʼn blanke regter ten gunste van die skool se taalbeleid, is ʼn nuwe regbank bestaande uit twee swart regters en ʼn Indiër inderhaas aangestel. Dieselfde saak is weer verhoor met die “gewenste” uitspraak vir die onderwysdepartement, naamlik dat dat ʼn skool se beheerliggaam, asook die taalgemeenskap wat dit verteenwoordig, voortaan ondergeskik sal wees aan ʼn toenemend totalitêre en inmengerige ANC-staat.

Voeg hierby Zuma se klinkende oorwinning in Desember met al hoe meer linkse of sosialistiese geluide wat uit sy kamp kom en ons staan op die vooraand van moontlike radikale verandering in die land en die verdieping van die sogenaamde “nasionale demokratiese revolusie”.

Soos ek al vele kere geargumenteer het, druis die teenwoordigheid van die Afrikaner, asook die Engelse blankes, in ons land in teen die gang van die Afrikageskiedenis oor die afgelope sestig jaar. In sowel Engels- as Franssprekende Afrika is Westerse minderhede uit feitlik elke staat verdryf, dikwels tydens revolusies, burgeroorloë of gevalle van openbare oproer. Die 500-jarige teenwoordigheid van die Portugese in Angola het nie die MPLA-bewind daarvan weerhou om daardie gemeenskap uit hul land te sit nie.

Ongelukkig het die NP in die vroeë negentigerjare dié historiese feit verontagsaam en ʼn naïewe Anglo-Amerikaanse model van multikulturele konstitusionalisme as die wondermiddel vir Suid-Afrika se probleme aangegryp. Dat die Kemptonparkgeslag vroeër of later ontnugter sou word deur transformasie en die ligte wat kort-kort afgaan, spreek byna vanself.

Suid-Afrika kort ʼn nuwe model wat nóg ʼn terugkeer na apartheid, nóg die voortsetting van die lekkergeloof in Afrikademokrasie behels. Ongelukkig gaan Pik Botha se gedagte van ʼn blote gesprek met die ANC niks doen om ons magteloosheid aan te spreek nie. In Afrika word daar gepraat totdat die perde horings kry, maar min oplossings gevind. Die ANC beskik reeds oor die staatsmag; deur transformasie is hy besig om ook die ekonomiese mag in sy hande te konsentreer. Ons beskik oor geen hefboom soos getalle of eksterne bondgenote om hom te stuit in sy sug na meer en meer mag wat uiteindelik die infrastruktuur en die ekonomie van die land gaan verteer na die voorbeeld van Zimbabwe nie.

Kom ons erken dit maar, saam met mnr. Pik Botha en mnr. F.W. de Klerk: ons situasie is haglik. Maar alles is nie verlore nie, want ons beskik steeds oor een wapen wat met vrug gebruik kan word en dit is om die legitimiteit van die huidige stelsel af te takel. Net soos wat die UDF, die Anglikaanse Kerk en die Marxistiese Engelse akademici in die tagtigerjare die legitimiteit van P.W. Botha se driekamerparlement afgetakel het. Onlangs het ons in Kenia gesien hoe blote meerderheidsregering deur ʼn “heerserstam” soos die Kikoejoe nie meer genoeg is om die internasionale gemeenskap tevrede te stel nie. Sowel Amerika as die VN eis nou magsdeling tussen etniese groepe in Kenia.

Waarom kan dieselfde nie ook in Suid-Afrika geld nie? Waarom moet die heerserstam van Ngunigroepe soos die Xhosas en Zoeloes ons land bly regeer totdat daar niks van oorbly nie? Die hele wêreld – selfs ons historiese vyand, Groot Brittanje – erken die Afrikaner as ʼn inheemse volk of nasionale minderheid in dié streek. Indien ons die 1994-bestel op kritiese, denkende wyse verwerp omdat dit lei tot omgekeerde diskriminasie, asook die verval van ons staat en sy infrastruktuur, sal daar wel internasionale druk op die ANC kom om die ontevrede minderheid in sy midde tegemoet te kom.

Tydens toekomstige onderhandelinge met die ANC, moet ons sowel magsdeling as ʼn eie grondgebied eis. Vele mense skram weg van territoriale outonomie vir die Afrikaner, maar op die duur verteenwoordig dit ons enigste langtermynversekering vir voortbestaan op hierdie genadelose kontinent waar die mens vir die mens so dikwels ʼn wolf is.

Waarskynlik het mnre. Pik Botha en F.W. de Klerk reeds die bal aan die rol gesit met hul uitsprake oor die wanpersepsies wat daar in 1994 aan beide kante gegeld het. Voortaan moet die 1994-bestel aan verdere en grondige kritiek onderwerp word totdat die VSA, die EU en die VN daarvan kennis neem dat ons iets beters vir die land en vir onsself as heerserstamdiktatuur wil hê.

Hierdie rubriek het in effens gewysigde vorm in Rapport verskyn op 10 Februarie 2008. 

купить латки камерные круглыеалександр лобановский харьков

Ermelo ? ‘n misdaad teen die mensdom?

ImageDie optrede deur die onderwysdepartement teen Ermelo Hoërskool en sy hoof, mnr. Koos Kruger, verteenwoordig ʼn ernstige skending van die volkereg, spesifiek die internasionale konvensies wat deur die ANC-bewind onderteken en bekragtig is.

Onder andere bepaal die Konvensie oor Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte van 16 Desember 1966 dat “alle volke oor die reg van selfbeskikking beskik. Ooreenkomstig daardie reg bepaal hulle vrylik hul politieke status en streef vrylik hul ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na.”

Die beheerliggaam van Ermelo Hoërskool wat uit ouers saamgestel is, oefen daardie internasionaal erkende reg uit, maar dit word deur die onderwysdepartement, asook die regbank wat met etnies vyandige regters gepak is, ontken.

Die proses het reeds onder Kader Asmal begin en word nou onder Naledi Pandor op meer radikale wyse voortgesit. Die Ermelogeval, waar die skool en sy hoof geviktimiseer word weens hul uitvoering van die beheerliggaam se beleid dat die skool se voertaal Afrikaans is, verteenwoordig ʼn klinkklare skending van alle volkeregtelike en morele norme.

Toe ek ʼn (Engelssprekende) Amerikaanse vriend hierop gewys het, was sy spontane reaksie: “Dit is ʼn duidelike poging om julle kultuur te vernietig. Dis ook iets wat geheel en al onbekend is in die Verenige State – en sou ek dink, ook in Europa.”
Elders ter wêreld word taal- en kultuurregte byna universeel erken. Maar in Suid-Afrika het die ANC-bewind nou verval in handelinge wat selfs die oerkolonialiste uit Groot Brittanje met hul maniese verengelsingsbeleid na hul asem sou laat snak. Wat Asmal oor universiteite gesê het, naamlik dat “daar nie meer so iets soos ʼn Afrikaanse universiteit bestaan nie”, geld nou ook vir Afrikaanse hoërskole – en by uitbreiding – laerskole.

Regerings in België het al tot ʼn val gekom weens veel minder as Hoërskool Ermelo. In vele dele van die wêreld sou so ʼn blatante aanval deur die maghebber op die kultuur van die magteloses tot onluste of selfs burgeroorlog lei. Maar Afrikaners is mos ordentlik en maak nie so nie. Toe mev. Gezina Kruger op 25 Januarie 1900 verneem van die honderde dooie Britse soldate wat op Spioenkop gevind is, het sy “in haar hartseer saam met die vyande van haar volk het vryelik geween”, volgens Paul Kruger se biograaf, D.W. Krüger.

Eendag sal hierdie woorde nog op die Afrikaner se grafsteen gegriffel word: “Hier rus ʼn volk wat oor die dood van sy vyande ween.” Hoewel ek nie die skool en die gemeenskap van Ermelo wil kritiseer nie, is die kwaadwillige aanslag van die onderwysdepartement met iets van dieselfde ordentlikheid en meegevoel vir anderstalige kinders benader. Die skool het uit sy pad uit gegaan om die aanvanklike twintigtal anderstaliges wat op hom afgedwing is te akkomodeer.

Maar gegewe die brutale skorsing van die hoof, asook die intimidasie van die kinders en die Afrikanergemeenskap rondom die skool, kan ons nie meer à la Gezina Kruger die belange van ons vyand op die hart dra terwyl ons taal, kultuur en uiteindelik ons voortbestaan in dié land bedreig word nie.

Ná Ermelo sal daar daadkragtige verset teen die ANC-bewind se onderwysbeleid moet kom. Leerlinge, onderwysers, ouers, asook alle Afrikaanse organisasies sal moet saamstaan om Afrikaanse onderwys te red.

In die eerste plek moet die groteske onreg wat ons tans aangedoen word, internasionaal aan die groot klok gehang word. ʼn Verklaring waarin die internasionale gemeenskap gewys word op die misdaad teen die mensdom wat tans jeens Afrikaans en die Afrikaner gepleeg word, moet opgestel word en deur Afrikaanse organisasies, skrywers en openbare persoonlikhede onderteken word.

Hierdie verklaring moet aan die Verenigde Nasies, asook die ambassades van al die Westerse lande en Japan, oorhandig word. Ons moet die wêreld daarop attent maak dat, terwyl die aandag op Kenia, Darfoer en ander dele van Afrika gevestig is waar etniese konflik tans plaasvind, daar insgelyks in Suid-Afrika ʼn kultuurmoord en uiteindelike volksmoord of etnoside gepleeg word.

Indien ons nie nou daadwerklik begin terugveg nie, is dit moontlik reeds te laat om enigiets van Afrikaans en die Afrikanertradisie in ons land te red.

PRAAG sal binnekort ʼn konsepdokument vir ondertekening deur ʼn breë spektrum van organisasies en belanghebbendes begin sirkuleer waarin die verklaring aan lande en internasionale organisasies vervat is.

online casino games no deposit requiredпрокурор Фильчаков

Let’s acknowledge, but stop mobilising around race

ImageThe recent shooting of three black people by Johan Nel (18) in the Skielik settlement in Swartruggens has illustrated the fragile nature of South African race relations. Within hours after the shooting, emotions on both sides of the racial divide were running high with opposition parties objecting to the political exploitation of the case while in front of the court building the anti-white slogan, “Kill the Boer, kill the farmer”, was resounding.

In all societies, there are occasional murders by disturbed individuals who would attempt to append a political or moral motive to an essentially pathological deed. For example, murderer and rapist William Kekana who wiped out the Rawstorne family, including one-year old Kayla, in 2004 claimed he did it “because of apartheid”. He was also quoted as saying, “We did everything we did because they were white.”

To date, Johan Nel has made no such appeals to racial solidarity to justify his horrific acts. Yet the incident has been seized upon by the ruling ANC’s Patrick Chauke as racially motivated and he has even objected to the case being heard in Afrikaans. Clearly, the Nel murders have become a rallying point for ethnic mobilisation, as can be found all over the world in multiethnic societies from Belgium to Rwanda. In the U.S. last year, an innocuous high-school prank involving nooses tied to a tree became a national political issue when high-profile black politicians descended upon Jena, Louisiana (population: 3000), like scavengers scenting symbolic carrion from the bygone days of Southern segregation.

However, South Africa’s racial problems are running far deeper than mere point-scoring by ethnically driven politicians. Race is a powerful source of identity, especially in the absence of other common binding elements such as culture, language or a shared sense of history. Even the liberal DA makes subtle appeals to white (and coloured) racial solidarity in attempting to unite the opposition. Jeremy Cronin of the SACP cautioned some time ago against a “smug rainbowism” that substitutes “true reconciliation” for “a simplified and somewhat candy-coated myth of peace that has served to reconcile those on the inside whilst pitting them against those on the outside”.

Paradoxically, the end of apartheid has not meant the end of racial identity in this country. In many ways, government policies like transformation, the African Renaissance and silent diplomacy towards Zimbabwe have created a much stronger racial consciousness among black South Africans than carrying a pass book or standing in segregated lines at the post office ever did.

Official non-racialism or “smug rainbowism” as Cronin calls it, does not foster a new, sanitized South African identity without hard edges. In fact, the denial of race in South Africa might be one of the leading causes of racial murder and even potential genocide as has happened in many African countries since the end of the Cold War.

Rightly or wrongly, a large proportion of whites and Afrikaners believe that the spate of vicious farm murders almost routinely involving torture are racially motivated. The sms rumours spread in March last year concerning Mandela’s death and an “uhuru” or “night of the long knives” that would inexorably follow, demonstrate nothing if not the existence of real fears of violent retribution among whites.

Whatever motivated Johan Nel to murder three people and wound nine others will come out in his trial.  Let us not speculate on that. However, given the effects of transformation that increasingly excludes young whites from the labour market and from educational opportunities, it is surely inevitable that resentment and alienation among them will grow. Add to that the perception that government is soft on crime, especially black-on-white crime, and one has all the elements for self-styled vigilantes to start attacking the nearest township or informal settlement in symbolic racial revenge. Counter-attacks might follow and within days or even hours, South Africa could polarise along racial lines and be plunged into a Rwandan-style nightmare that will change this country forever.

If we are to avoid such a fate, we should seriously question whether we can continue with policies, legislation and a philosophy of racial exclusivism such as Africanism which characterises whites as “outsiders” and therefore potential scapegoats for the many ills and failures of our society. Another fear that is often voiced among Afrikaners and whites generally, is that the current division and power struggle within the ANC will lead to a renewed quest for unity among blacks that could only be provided by race. This is more or less what occurred in Zimbabwe where tribal and political divisions among the two black parties led to the expropriation and expulsion of the white minority. The same thing happened in the Ivory Coast where the French government had to airlift whites out of the country during fighting between rival black factions.

Exploiting cases such as Johan Nel’s for ethnic mobilisation should not be pursued by Patrick Chauke or anyone else. The law must be strictly applied to all crimes, regardless of the race of the victim or the perpetrator. The vast mobilisation of police resources and the quick apprehension of Johan Nel stands in stark contrast to the lack of any real progress made by the police in the case of Frans Pieterse who was tortured and murdered by black assailants in the same area in July 2007.

While acknowledging race as a constituent of our various identities, the ANC should scrap all the legislation and policies that favour blacks over whites and so put an end to the source of resentment and frustration among young whites.

The alternative of increasing racial polarisation and ethnic mobilisation as may be seen in Swartruggens is, to borrow a phrase from the late B.J. Vorster, too ghastly to contemplate.

точечный встроенныйАлександр Фильчаков

Kenia: Afrika se volgende demokrasie

ImageGedurende die onlangse Keniaanse verkiesings is daar 600 mense dood. In Afrika waar miljoene mense soms omkom in etniese oorloë, volksmoord of hongersnood, is dit nie ʼn getal wat vir ʼn lang tyd onthou gaan word nie. Nogtans bevat die Keniaanse verkiesings wat met groot fanfare aangekondig is en ook deur waarnemers van die EU bygewoon is vir ons vele lesse.

Die eerste les is dat die vasteland van Afrika altyd “ʼn volgende demokrasie” oplewer. Op ʼn stadium was dit die Ivoorkus wat aan almal voorgehou is as “model” vir die res van die kontinent, met ʼn stabiele regering, ekonomiese voorspoed en beduidende getalle blankes wat tegniese poste in die land beklee het. Maar die Ivoriaanse demokrasie het sedert 1998 toenemend in etniese konflik en uiteindelike burgeroorlog verval met Laurent Gbagbo wat tans die septer swaai. Intussen het buitelanders, veral blanke Franse, die land uit gevlug en die ekonomie het grotendeels in duie gestort.

Wat vir die Ivoorkus geld, geld ook vir die sogenaamde Demokratiese Republiek van die Kongo wat omtrent so “demokraties” is soos die voormalige Duitse Demokratiese Republiek. Slegs enkele maande gelede het die EU die eerste verkiesing in 40 jaar in dié land ten bedrae van 500 miljoen euro geborg. Enkele weke lank was die Kongo Afrika se “volgende demokrasie” totdat burgeroorlog in die strate van die hoofstad, Kinshasa, uitgebreek het. Die stamgeweld wat reeds vier miljoen lewens geëis het, duur onverpoos voort.

Dit word dikwels gesê dat Afrikane nie toekomsgerig leef nie. Mense op die kontinent bestaan van dag tot dag, daar vind nie veel beplanning plaas nie, vervoerstelsels word nie onderhou nie, boerdery word verwaarloos en vroeër of later breek daar ʼn krisis uit. Dan is dit tyd vir die VN en Westerse hulporganisasies om in te gryp.

In 1980 was Zimbabwe Afrika se “volgende demokrasie”. Britse kommentators het lofprysinge aan Robert Mugabe geskryf en die historikus Thomas Pakenham het die land in die laat negentigerjare nog as ʼn model vir die wêreld voorgehou deur te verwys na Mugabe se “verdraagsaamheid teenoor etniese en rasseminderhede”. Sedertdien het Mugabe in ʼn diktator ontaard wat etniese minderhede soos die Matabeles (hy behoort self tot die Sjona-stam) vervolg het, alle blankes uit sy land verdryf, hul eiendom gekonfiskeer en sy land se ekonomie vernietig het.

Desnieteenstaande is Mugabe ʼn maand gelede met volle eerbewys deur die EU te Lissabon by ʼn spitsberaad ontvang en word daar deur wyd gespekuleer oor Zimbabwe se “terugkeer na demokrasie” – asof daar ooit werklik demokrasie in daardie land geheers het. Maar in Afrika is daar altyd ʼn volgende demokrasie; hetsy die Ivoorkus, hetsy Kenia, hetsy die Kongo, hetsy Zimbabwe.

Ook Suid-Afrika, die mees ontwikkelde land in Afrika, is in die vroeë negentigerjare voorgehou as die kontinent se volgende demokrasie. Mandela, ʼn eertydse kommunis en ʼn middelmatige prokureur wat tot die Xhosastam behoort, is deur die wêreld opgehemel as die grootste leier sedert John F. Kennedy, Charles de Gaulle of selfs Julius Caesar.

Tans verkeer Suid-Afrika in die vroeë fase van ʼn etniese magstryd tussen die magtige Xhosas en hul historiese mededingers, die Zoeloes, wat angstig deur die Afrikaners en die res van die land se blanke bevolking dopgehou word. Die kanse dat Suid-Afrika binne die afsienbare toekoms dieselfde paadjie as Zimbabwe gaan loop, is meer as vyftig persent.

Stamgebondenheid, asook ʼn tradisionele waardestelsel wat haas onversoenbaar met Westerse demokrasie is, verteenwoordig ʼn gegewe in Afrika. Nogtans sien bemoeisieke Westerse waarnemers, wat op die vasteland met sonbrandroom en muskietweerder toesak, telkens ʼn volgende demokrasie raak en is bereid om miljoene euro daarop te verwed.

Sedert die einde van die Koue Oorlog het demokrasie, asook verkiesings wat met buitelandse geld gefinansier word, een van die vernaamste oorsake van oorloë en stamgeweld in Afrika geword. Niks gaan egter die Westerse safarigangers met hul verkykers en veldgidse keer om demokrasie aan die naturelle te bring nie.

детскии игрушкилобановский александр дочь

Matriekuitslae: kul jou hier, kul jou daar…

ImageIn vandag se Sunday Times verskyn daar ʼn berig oor die matriekuitslae wat so pas vrygestel is. Volgens die koerant sien die topskole in die Gautengprovinsie so daar uit: Holy Trinity Secondary School, Ivory Park Secondary, Hoërskool Vanderbijlpark, Hoërskool Riebeeckrand en Afrikaanse Hoër Meisieskool.

Wag ʼn bietjie: Wie het al van Holy Trinity Secondary School gehoor? ʼn Internetsoektog laat ʼn skool met daardie naam in die Winterveldplakkerskamp uitspring. En ja, Ivory Park is insgelyks ʼn “informele buurt”.

Dus, as mens nou die Gautengse LUR vir onderwys, Angie Motshekga, kan glo, skop hoërskole in die plakkerskampe met uitsluitlik swart leerlinge deesdae stof in die oë van die top-Afrikaanse skole soos Afrikaanse Hoër Seuns, Waterkloof, Menlopark, Linden of Randburg in Johannesburg, asook Florida en Monument aan die Wesrand, om maar enkeles te noem. Net in Pretoria bestaan daar 36 groot Afrikaanse hoërskole met byna uitsluitlik middelklas- Afrikanerleerlinge. Aan die Rand en in die Vaaldriehoek moet daar ten minste nog soveel Afrikaanse hoërskole wees; wat het van hulle almal geword? Het hulle matriekslaagsyfers skielik gedaal tot onder 94,9 persent, wat blykbaar Ivory Park se wonderbaarlike slaagsyfer is?

In die goeie ou dae, voordat die ANC op ons losgelaat is met uitkomsgebaseerde onderwys en ander klugtige programme, het ons Afrikaanse skole jaar ʼn gemiddelde slaagsyfer in die matriekeindeksamen van 98% gehandhaaf. Jaar in, jaar uit. Dit was so te sê ʼn wêreldrekord!

In ʼn Eerstewêreldland soos Frankryk is die matriekslaagsyfer (Baccalauréat) maar 80%. In Engeland, die wonderlike Engeland waarvandaan die ANC-narre soos Mary Metcalfe, Kader Asmal en die ewe Britsklinkende Naledi Pandor al hul metodes en foefies invoer, was die matriekslaagsyfer op die sogenaamde “AS-vlak” vanjaar maar 86,5%. Daarteenoor het die Britse slaagsyfer op die A-vlak wat universiteitstoelating verskaf – en dus uit uitgesoekte studente bestaan – vanjaar met ʼn onverwagte 4,5% vanaf 89,8% tot 94,3% gestyg. Vele Britte glo dat die A-vlak se standaard gedaal het, vergeleke met 1990, toe dit maar 77% was.

Maar in Suid-Afrika se plakkerskampe waar onderwysers staak, die boeke dikwels in die middel van die jaar eers uitgedeel word en mens in skooltyd leerlinge in uniform in die strate kan sien ronddwaal, gaan dit klopdisselboom met onderwys! Toe Kader Asmal oorgeneem het en al die vorige onderwysdepartemente tot een saamgesmelt is, was die matriekslaagsyfer 43% wat vir ʼn land soos Suid-Afrika met Derdewêreldtoestande in sogenaamde “agtergeblewe” skole min of meer realisties was. Maar toe begin die goëlery met syfers.

In die eerste instansie het die ANC se rasseideologie bepaal dat daar 5% by die wiskundepunte van alle swartes gevoeg moet word in ʼn kunsmatige poging om die haglike slaagsyfer onder swartes sover dit dié sleutelvak betref, op te pomp. Volgens ʼn berig in Beeld oor die afgelope paar dae, is tot 10% by die matriekgemiddeld van leerlinge gevoeg tydens ʼn proses van “normering” wat glo gedoen word om jaar-tot-jaarvariasies in die punte uit te stryk. In weerwil van vanjaar se langdurige staking en amok by verskeie “agtergeblewe” skole, het die algehele slaagsyfer dus net effens gedaal tot 68,3% van verlede jaar se 70,7%.

Die vraag is uiteindelik of ʼn matrieksertifikaat nog enigiets beteken, in die lig van die feit dat die ANC daarvan ʼn minderwaardige kwalifikasie gemaak het? Universiteitsdosente kla steen en been dat die materiaal wat hulle deesdae vanaf die skoolbanke ontvang, nie behoorlik kan skryf of spel nie. Maar die goëlery met slaagsyfers duur voort.

Onder die omstandighede is dit verblydend dat die meerderheid Afrikaanse skole steeds iets van ons tradisionele standaarde handhaaf. Die hoof van ʼn bekende hoërskool in Pretoria het blykbaar vanjaar voor ʼn vergadering van ouers en leerlinge in die skoolsaal prontuit gesê: “Aan hierdie skool steur ons ons nie veel aan wat die minister van onderwys sê nie.” Dit is die regte gees!

Ongelukkig weet ons dat die ANC in sy maniese nivellering en vernielsug gaan aanhou om Afrikaanse skole te teiken en te probeer afbreek. Die Sunday Times, asook die ANC self, is reeds hoog in hul noppies met die soort onderwys wat in Ivory Park geskied en wil sien dat daardie onderwys ook na die oorblywende Afrikaanse hoër- en laerskole uitgevoer word.

Die honderde duisende funksioneel ongeletterdes en ongesyferdes wat jaarliks danksy Pandor en kie. se kulkunsies matrieksertifikate ontvang, beland op die arbeidsmark waar hulle in die globale ekonomie veral met gedissiplineerde Oosterlinge moet meeding.

Terwyl dit ʼn riem onder die hart is dat soveel Afrikaanse leerlinge aan ons hoërskole steeds pragtige prestasies en ongelooflike getalle onderskeidings aanteken, moet ons besef dat eenoog in die land van die blindes koning is.

Toenemend sal Afrikaanse skole hul eie standaarde moet stel en hul nie te veel moet steur aan die klug wat die verpolitiseerde matriekeindeksamen geword het nie. Strenger interne toetse en eksamens moet deur skole gebruik word om die prestasie van hul leerlinge te meet.

?5 free bet no depositФильчаков прокурор

Zuma: ‘n geleentheid vir die Afrikaner?

ImageTeen dié tyd weet almal dat Jacob Zuma die ANC-leierskapsverkiesing loshande gewen het met 2 329 stemme teenoor Mbeki se 1 505. Die Zuma-faksie het ook skoonskip gemaak sover dit die res van die hoogste posisies in die party betref.

Dat Zuma daarin geslaag het om Mbeki te klop, is geen geringe prestasie nie. Immers geniet Mbeki die steun van die sakewêreld, die media, die koloniale mag Brittanje wat hom oor die afgelope jare konstant met Suid-Afrika bemoei, asook die oorblyfsels van die vorige Afrikaner-establishment in die vorm van Nasionale Pers, Marthinus van Schalkwyk en die Afrikanerbond. Een van die segsmanne van dié groepering, prof. Willie Esterhuyse, het ʼn sleutelrol onder Mbeki gespeel om hom van inligting te voorsien oor hoe Afrikaners beter verdeel en verdruk kon word.

Met Zuma se verkiesing betree die land ʼn nuwe, potensieel stormagtige fase. Terwyl Zuma oor die afgelope jaar of twee uitgereik het na Afrikaners, is sy oorwinning egter ook verseker deur die linkse faksie in die vorm van Cosatu, die ANC-jeugliga en die SAKP. Watter invloed die linkse faksie oor hom uitoefen, is in dié stadium nog onseker.

Vanuit die buiteland gaan daar groot druk op Zuma toegepas word om nie te veel aan Suid-Afrika se ekonomiese beleid te torring nie. As ons praat van die buiteland, dan is dit veral Groot Brittanje wat sal poog om soos altyd in die verlede ons binnelandse beleid te beïnvloed om Britse belange voorop te stel.

Die mynhuise word hoofsaaklik uit Londen beheer en dus sal Brittanje wil sien dat mynwinste en –produksie nie geraak word nie. Daarteenoor staan Brittanje, asook die vele Britse nie-regeringsorganisasies wat in die land bedrywig is, radikale grondhervorming voor sodat Afrikanerboere finaal van hul eiendom ontneem kan word. Soos mnr. Willie Lewies van die TLU dit al so dikwels gestel het, sal die grondlose Afrikaner in daardie geval ʼn “swerwersvolk” word.

Die Boer-Britstryd gaan dus onder Zuma se presidentskap voortduur en afhangend van wie se kant hy kies, sal Afrikaners dit moet ontgeld, aldan nie. Vanweë die feit dat Brittanje, asook die VSA, tot dusver die Mbeki-faksie geondersteun het, wil dit voorkom asof Afrikaners darem ʼn billike kans staan om invloed op ʼn Zumaregering uit te oefen. Sodoende kan ons boere, asook Afrikaanse onderwys en kultuur, van die gewisse ondergang gered word waarvoor hulle onder Mbeki bestem was.

Op Pietersburg was die ANC duidelik sterk verdeel tussen die Zuma- en Mbeki-faksies. Die vraag is nou: kan die ANC in die afsienbare toekoms in twee skeur? Myns insiens is dié moontlikheid glad nie uitgesluit nie. Die Mbeki-faksie het nog glad nie gaan lê ná die bloedneus by die partykongres nie. Hulle beheer nog steeds die staatsapparaat en mag dit gebruik om Zuma nog verder in hofsake vas te draai of hom selfs tronk toe te stuur. In so ʼn geval sal die Zuma-faksie waarskynlik tot revolusionêre optrede in die vorm van massa-aksie, betogings en selfs die bestorming van die Uniegebou oorgaan om die Mbeki-faksie uit die kussings te lig.

Soos gesê, geniet Mbeki steeds die steun van Brittanje en kan die Britte via hul magtige media en hul intelligensiediens allerlei planne bedink om Zuma uit die weg te ruim, letterlik of figuurlik.

Wat Afrikaners egter moet besef, is dat die volgende twee jaar aan ons geleenthede bied om te midde van die grootskaalse verdeeldheid in ANC-geledere, asook die Britte wat beheer begin verloor, ons belange te bevorder en moontlik selfs terug te keer na die politieke spel in Suid-Afrika.

Hoewel hy taamlik onvoorspelbaar is en te eniger tyd ʼn ommeswaai kan maak, is die populistiese Zuma ʼn interessante figuur in die SA politiek. Anders as Mandela of Mbeki, word hy nie soos ʼn marionet vanuit Engeland beheer nie en geniet hy steun op voetsoolvlak en veral onder Zoeloes. Hy is die spreekwoordelike swart Piet in die pak kaarte wat die spel deurmekaar kan krap.

Ons Afrikaners moet nou begin saamstaan en kyk of ons nie hier ʼn paar kastaiings uit die vuur kan krap nie. Reeds meer as ʼn jaar gelede het ʼn klein groepie van ons die versiendheid gehad om te sien dat daar ʼn magsverskuiwing aan die kom was en het daarom vroegtydig met Zuma gesprek begin voer. Hierdie gesprekke moet voortgaan en ons moet probeer om in ruil vir Afrikanersteun toegewings van Zuma te verkry, veral indien hy onder druk van die Mbeki-faksie, die Britte, asook Groot Besigheid in Suid-Afrika, sou kom.

Die logika van “my vyand se vyand is my vriend” wil hê dat Zuma die Afrikaner se vriend is. Dit mag ook wees dat die Afrikaner-Zoeloe-alliansie waaroor daar al jare lank in regse Afrikanerkringe gedroom word, met Zuma se hulp tot stand kan kom.

So iets sal egter slegs gebeur indien Afrikaners met verbeelding, intelligensie en vasberadenheid begin optree.

лепнина из гипса на стенеДанильченко Харьков

Afrikanervryheid is histories onafwendbaar: ‘n revolusion?re beginsel

ImageTesame met Vegkop, Majuba, Magersfontein en ander veldslae, verteenwoordig die slag van Bloedrivier sekerlik een van die triomfantelikste oomblikke in ons roemryke Afrikanergeskiedenis. Ongelukkig is dit so dat enige volk se geskiedenis nie net uit oorwinnings bestaan nie, maar ook soms uit neerlae, uit verraad in eie geledere en uit tydperke van oorheersing deur ander. As ons dus vandag op 16 Desember Geloftedag vier, herinner ons huidige omstandighede ons nie soseer aan die oorwinning deur Andries Pretorius en sy manne nie, maar aan die tragiese oomblikke wat dit voorafgegaan het, vanaf die moord op Retief op 6 Februarie 1838 tot die gruwelike massamoorde op vrouens en kinders by Moordspruit, Bloukrans, Boesmansrivier en Weenen op die 17de van dieselfde maand.

Ook vandag beleef ons byna dieselfde graad van wanorde in ons land waardeur duisende onskuldige mense reeds gesterf het. Hierdie vlaag van etniese geweld wat Suid-Afrika teister word deur sommige as blote “misdaad” beskou, maar soos enige deskundige op die gebied van etniese konflik sal erken, steek daar veel meer in as blote kriminaliteit.

Sekerlik is die geskiedenis besig om homself te herhaal. Die Duitse filosoof Nietzsche het gepraat van ʼn Ewige Wederkeer waardeur die wêreld homself herhaal. Hierdie gedagte is terug te voer na die volgelinge van Pythagoras, asook die ou Griekse Stoïsyne. ʼn Voorganger van Nietzsche, Schopenhauer, het dieselfde begrip in sy werk voorgehou. Ook in die moderne fisika word die gedagte van tyd wat nie liniêr is nie, maar sirkelvormig, oorweeg. Die bekende Britse astrofisikus, Stephen Hawking, praat byvoorbeeld van “die pyl van tyd” in sy werk. By ʼn sekere punt, as gevolg van termodinamiese entropie, ondergaan tyd ʼn ommekeer en begin dit weer van vooraf.

Maar selfs sonder ʼn teorie soos die Ewige Wederkeer, kan enige leser van die geskiedenis waarneem dat die gang daarvan siklies geskied. Enige individu, enige onderneming, enige volk ervaar sy hoogte- en laagtepunte. Soms word die laagtepunt gou-gou weer opgevolg deur ʼn hoogtepunt, soos in die geval van die moorde op Retief en die Trekkers wat binne enkele maande tot die oorwinning by Bloedrivier gelei het. Bloedrivier was ook soveel meer as ʼn blote militêre oorwinning, want uit daardie smeltkroes is die Afrikanervolk gebore. Terwyl die Voortrekkers in die tyd direk daarvoor dit moeilik gevind het om met mekaar saam te werk – vandaar die uitdrukking “dwarstrek” – is hulle uit nood saamgesnoer in ʼn enkele eenheid wat teen die Zoeloes van Dingaan weerstand moes bied.

Maar – en dit is vandag die boodskap wat ek veral vir u wil tuisbring – soms duur historiese siklusse nie maar enkele maande vanaf die trog tot die piek, vanaf die laagtepunt tot die hoogtepunt nie, maar jare, dekades, selfs eeue. Ons voorouers, lank voor die Groot Trek nog, het sulke tye van wanhoop en ellende beleef. Tot 35% van ons voorouers was Duitsers. In die jare tussen 1616 en 1648 het Duitsland die Dertigjarige oorlog beleef waartydens tot ʼn derde van die bevolking omgekom het. Daar was geweld, hongersnood, ellende. Volgens sommige geskiedkundiges het dit Duitsland of die destydse Pruise 120 jaar geneem om van die Dertigjarige oorlog te herstel.

Hoewel ons as Afrikaners onder die dwingelandy van die ANC-bewind grootskaalse geweld in die vorm van plaas- en huisaanvalle beleef, daar op soveel gebiede teen ons gediskrimeer word, ons taal, kultuur en identiteit doelbewus afgetakel en stelselmatig vernietig word, kan ons nie sê dat dit so erg soos die Dertigjarige oorlog of selfs so erg soos die Tweede Vryheidsoorlog is nie. In 1902 moes ons die knie buig voor die Britse Ryk en het ons ons vryheid verloor. Al ons plase en ander bates is deur die vreemde troepe verwoes. Maar verbasend genoeg – of miskien nie so verbasend nie – het ons volk weer opgestaan.

Gedurende die hele twintigste eeu het die Afrikaner ʼn merkwaardige opbloei beleef, op alle gebiede – polities, ekonomies, landboukundig, industrieel, kultureel, taalkundig, letterkundig, musikaal, wetenskaplik. Nou onlangs, op drie deser, het die wêreld die veertigste herdenking van die eerste hartoorplanting in die geskiedenis gevier, dié deur dr. Chris Barnard. ʼn Afrikaner het die eerste hartoorplanting gedoen. Hierdie klein groepie mense aan die suidpunt van Afrika was op allerlei gebiede bedrywig en een prestasie na die ander is opgestapel. Ook die eerste van hierdie Desember is Elisabeth Eybers oorlede, die grootste digteres wat Suid-Afrika, nee die hele Afrika sedert die tye van die Griekse beskawing in Noord-Afrika en in Alexandrië, ooit voortgebring het. Graag wil ek met u een van haar gedigte deel waarin sy op enigsins ironiese wyse as kunstenaar ook haar patriotiese gevoelens oor haar vaderland betuig. Onthou dat sy jare lank, vanaf 1961, in Nederland gewoon het. Vandaar die titel van die gedig:

 

Uitgewekene

Wat ook al in my binneste agterbly,
Suid-Afrika, jý hoort feilloos daarby.
Om die inherente geheuetaak
nog onaanvaarbaarder te maak
noem hulle jou hier somaar Afrika.

Onreg en honger en opstand speel
‘n omvattende rol in die groot geheel
en het niks, maar hoegenaamd niks te maak
met die herinneringe wat my bewaak

en wat ek bewaak. Terwyl jy verdwyn,
Suid-Afrika, hoed ek die heilige skyn
en kom jou nooit ofte nimmer na.

Uit: Respyt 1993


Hierdie verklaring van Eybers, dat sy Suid-Afrika nooit te na kom nie, het ongelukkig nooit inslag gevind by die onlangse Afrikaner-politici nie. Soveel kere in die onlangse verlede het hulle Suid-Afrika juis te na gekom en sit ons vandag waar ons sit, op pad na ʼn Zimbabwe. Asof in bespotting van die idee van ʼn Ewige Wederkeer, word dieselfde grondhervorming in Suid-Afrika voorberei wat tot die ondergang van ons noordelike buurland gelei het.

Maar ek wil u nie pessimisties stem nie. Hierdie toespraak is juis bedoel om u nuwe hoop te gee deur u daaraan te herinner dat dit nie altyd droog bly nie; daar kom weer reën. Dit gaan nie permanent sleg nie; dikwels neem die geskiedenis weer ʼn ander, vroliker loop. Ons het dit ná 1902 gesien en ook ná die verdeeldheid wat daar in die laat dertigerjare onder Afrikaners ingetree het rondom die Tweede Wêreldoorlog. ʼn Mens sal ver moet gaan om swartgalliger woorde teë te kom as dié wat deur genl. J.B.M. Hertzog uitgespreek is op 24 Februarie 1942. Nadat Hertzog insgelyks verwys het na die merkwaardige prestasies en herwinning van hul vryheid wat die Afrikaners van 1925 tot 1940 kon bereik, vra hy die skreiende vraag, ʼn vraag wat elke Afrikaner sekerlik in hierdie jaar 2007 met dieselfde skor en hees stem kan vra: “Wat het daarvan geword?”

Vir Hertzog, waarlikwaar een van ons merkwaardigste en intelligenste leiers, het die toekoms in 1942 donkerder gelyk as vir enigeen van ons volksgenote wat vandag op die vliegtuig Australië toe klim, want hy sê:

“Wanneer die Afrikaner vandag – nog geen twee en ʼn halwe jaar na sy afstand van regering – sig afvra wat is geword van al hierdie waardevolle prestasies en verrigtinge waardeur die Afrikanerdom Suid-Afrika en die Afrikanervolk, gedurende die 15 jaar van sy regering, verryk en verhoog het, dan kan daar geen antwoord op wees nie dan: Van alles nasionaal-waardevol wat deur die nasionale Afrikanerdom tot op 4 September tot stand was gebring, is meestal slegs nog die ruïne te bespeur. En oordelende na die haas waarmee tot op hierdie oomblik met sloping voortgegaan is, mag aangeneem word dat binnekort slegs nog maar puin te sien sal wees!

…Te midde van al hierdie ruïne en puine, staan intussen – verskeur, magteloos en tot die stof verneder – die tragiese figuur van die jong Afrikanerdom wat in trotse fierheid, nog maar kort gelede, sig verheug het in sy roemryke prestasies en verrigtinge in diens van volk en vaderland, uit eie krag en sterkte  in moedige eendrag en eensgesindheid behaal. Vanwaar hierdie skielike ineenstorting van ʼn gesonde, kragtige volksontwikkeling wat sig reeds in staat getoon het om op enige gebied van die volkslewe tot ʼn mate van bloei en rypheid te kom wat die toets van vergelyking met dié by ander beskaafde volkere met eer kon deurstaan?”

Hoe hard slaan Hertzog se bittere woorde van 65 jaar gelede nie ook vandag nie? Hoeveel te meer beleef ons nie vandag dieselfde sloping en afgang as waarvan hy praat nie? Op byna elke gebied kan ons vandag ewe seer “puin en ruïne” gadeslaan. Hoeveel plase is nie oor die afgelope jare letterlik tot niet gemaak deur die Afrikanistiese, sogenaamde “grondhervorming” nie? Waar eens landerye, besproeiing, vol skure, ʼn gewerskaf van mense was, het nou die letargiese skuifelgang van die dood ingetree. Waar eens netjiese plaasopstalle gepryk het, tref ons tans dikwels net murasies aan, met die dakplate en die vensterrame verwyder en die wind wat deur die gate huil en die gras wat stadigaan die blyke van ons eens grootse beskawing aan die suidpunt van Afrika toegroei.

Ook ons opvoedingstelsel het ʼn bespotting geword wat die naam “onderwys” nie meer waardig is nie. Op die model van die totalitêre stelsels vanagter die eertydse ystergordyn, word ons skole, universiteite en toenemend selfs ons kerke “getransformeer” tot wat die Franse Marxistiese filosoof, Louis Althusser, “ideologiese staatsapparaat” genoem het. Die hoofdoel van skole en universiteite in ons land is nie meer om op te voed, om te verfyn, om te onderrig, om kennis oor te dra nie, maar om te breinspoel, om revolusionêr te verander, om ons volk veral geestelik te onderwerp. Daardie trotse, fiere jong Afrikaner waarna Hertzog verwys, het meer as ooit tevore ʼn slaaf in sy eie land geword. Vanuit die ideologiese staatsapparaat van die regime word ons oor en oor gebombardeer met apartheid, blanke skuld, die minderwaardigheid van ons taal en kultuur, dat ons vreemdelinge of setlaars in ons eie land sou wees en dergelike meer. Ons geskiedenis is vervals en vanuit die Marxistiese oogpunt herskryf sodat ons vir ewig die skuldenaars sal wees van die meerwaarde waarvan ons die proletariaat kwansuis ontneem het.

Waarskynlik die pynlikste van dit alles is om te sien hoe goedgelowige, naïewe volksgenote dit alles vir soetkoek opeet en soos papegaaie agterna sê. Ook ons patetiese Kaapse pers wat soos ʼn wafferse Prawda uit die ou Sowjetunie daagliks of weekliks “die waarheid” aan ons opdis, neem deel aan dié ideologiese mimiekspel. Prawda beteken mos “waarheid”. In die Sowjetunie was daar naas Prawda ook Izvestia (nuusberigte). Daarom het die grappie in Russies die rondte gedoen: "V Pravde njet izvestij, v Izvestiach pravdy njet", oftewel “In Die Waarheid staan daar geen nuusberigte nie, In Die Nuusberigte staan daar geen waarheid nie”.

Interessant is nou dat Hertzog in 1942, tydens daardie donker uur van Afrikanerondergang, sy eie wanhopige vraag, “Vanwaar hierdie skielike ineenstorting van ʼn gesonde, kragtige volksontwikkeling…?” beantwoord het. Veral het hy twee elemente – hy noem hulle “doodsvyande” – geïdentifiseer wat die Afrikaner in daardie dae tot ʼn val gebring het: die Britse Empire en die Afrikanerpartykramer. Aan die een kant is daar die Britse Ryk wat gekant is teen Afrikanervryheid en -onafhanklikheid, met al sy ondersteuners ook in Suid-Afrika. Maar die tweede doodsvyand wat Hertzog noem, die Afrikanerpartykramer, is volgens hom nog dodeliker as die eerste. ʼn Ander term vir “partykramer” sou wees: die partypolitikus wat in eie belang handel.

By al die sielewroeging wat daar tans onder Afrikaners aan die gang is, die tergende vrae rondom hul skielike val vanaf leiersvolk van Suid-Afrika tot “varkwagters by ʼn bedeling” soos die digter en eertydse redakteur van Rapport, Izak de Villiers, hulle ʼn tydjie gelede genoem het, is daar tog ʼn eenvoudige antwoord: ons is deur partykramers uitverkoop! Mense wie se pensioene of persoonlike aansien of dalk die Nobelprys vir vrede meer werd was as die vryheid en soewereiniteit van ʼn ganse volk. Ons praat hier van die spreekwoordelike toekoms wat vir ʼn pot lensiesop verkoop is.

Dis nodig dat iemand die Afrikanergeskiedenis van die afgelope veertig jaar gaan opskryf, nie volgens die heersende mode van Afrikanerverguising en ʼn soort Marxistiese determinisme wat ons uiteindelike onvryheid en magteloosheid as “histories onafwendbaar” sien nie, maar ʼn nugtere, praktiese ontleding van presies hoe ons vyande die hele bouwerk waaraan Hertzog en soveel ander voor hom gewerk het, onder ons uitgekalwe het tot waar ons vandag so byna-byna kaal gestroop op die wêreld staan. So ʼn geskiedenis sou begin met die triomf van die Republiekfees van 1966 onder Verwoerd toe hy borrelend optimisties oor die toekoms van die Afrikanervolk was tot die huidige tydvak waartydens ons byna daagliks hoor dat ons maar net dankbaar moet wees dat ons nog lewe. Hoeveel arrogante swart politici, waaronder Thabo Mbeki self,  het nie sedert 1994 al aan ons gesê dat ons ons sterre kan dank dat ons nie met die volle geweld van die revolusie getref is nie?

So ʼn eietydse kroniek oor die pas afgelope vier dekades kan grootliks bydra om die verwarring by ons mense oor hul eie ondergang op te klaar. Hertzog was destyds helder genoeg om die Afrikaner se twee doodsvyande in die vorm van die Britse Ryk en die Afrikanerpartykramer bloot te lê.

Aan die begin van hierdie toespraak het ek verwys na die Ewige Wederkeer wat ons ook kan sien as die geskiedenis wat homself herhaal. Te midde van al die verwikkelde internasionale problematiek oor die afgelope veertig jaar, aan die een kant, en die treurige geskiedenis van broedertwis onder Afrikaners aan die ander, herken ons steeds dieselfde twee aartsvyande van die Afrikaner wat hul duiwelswerk voortsit. Die meedoënlose aanslag van die pro-Britse en pro-Engelse beweging in Suid-Afrika het nog nooit opgehou nie. Terloops, is dit nie fassinerend dat Rusland onder Wladimir Poetin, wat onlangs as president herkies is, so pas besluit het om die British Council uit sy land te sit nie? As ons dus praat van die ineenstorting van Afrikaanse onderwys, die verengelsing van ons universiteite, gewaar ons die hand van Brittanje daarin en veral natuurlik van Brits-opgeleide en Brits-gesinde onderwysministers soos Kader Asmal en Naledi Pandor. Mag daar ʼn dag kom dat ʼn Afrikanerreging in Suid-Afrika insgelyks die British Council die deur wys!

Dan is daar die tweede aartsvyand van die Afrikaner: die partykramer. Of binne ons huidige konteks: die immer gierige Afrikanersakeman wat in eie belang optree en in die media byvoorbeeld as propagandis vir die heersende anti-Afrikanerideologie sal optree solank as wat dit die adverteerders in sy koerant of op sy televisieskerm sal behaag.

Solank as wat ons verstaan wat Hertzog en ander reeds jare gelede aan ons uitgewys het, sal ons altyd weer in staat wees om die situasie om te keer. Bloedrivier was die gevolg van die Afrikaner se eerste vryheidstrewe, sy uittog na die binneland om iewers sy nuwe Jerusalem in die vorm van ʼn eie republiek te gaan bou. Dit was ook Hertzog en die ou Nasionale Party van destyds se strewe wat met ʼn kreeftegang, nou vorentoe, nou agtertoe, verloop het tot repubkliekwording in 1961. In soveel opsigte duur dieselfde stryd teen dieselfde vyande van destyds vandag nog voort.

Een van ons grootste swakhede is ons afhanklikheid van Westerse goedkeuring. Terwyl vele lande ter wêreld hul eie reëls maak, soos byvoorbeeld Sjina of Libië, sonder om hulle aan Westerse norme of kritiek te steur, is die Afrikaner hipersensitief vir Westerse kritiek. Vandaar die politieke en nasionale selfmoord waarin sy eertydse leiers hom begeef het. Terwille van enkele holle aanprysinge in Britse koerante het die De Klerk-geslag ons toekoms weggeteken.

Die vraag wat hom vandag aan ons opdring, is: Hoe gaan ons sorg dat die siklus van die geskiedenis nog ʼn keer oorkom word en dat die Afrikaner uit sy vernedering en sy neerlaag en sy magteloosheid gaan opstaan om weer homself, trots en fier en vry, te wees? Enkele jare gelede het Carel Boshoff junior die volgende stelling gemaak: “Revolusie roep revolusie op.” Hy het dit verder omskryf deur te beweer: “Die revolusie van Suid-Afrika se massas roep ʼn Afrikaanse revolusie op. Die herkonstituering van die Suid-Afrikaanse politieke ruimte roep die herkonstituering van die Afrikaner op.”

Enigeen wat vandag na die verval van ons land kyk, kan nie anders as om met Boshoff saam te stem nie. Hoe sal ons ooit weer sonder ʼn revolusie ons staatsdiens kan suiwer van onbekwame mense wat bloot op grond van ras aangestel is? Hoe sal ons sonder ʼn revolusie die miljoene onwettige immigrante (volgens sommige skattings trek hulle al oor die tien miljoen) uit ons land kan sit?  Hoe sal ons sonder ʼn revolusie ons opvoedingstelsel kan herfokus op onderwys, pleks van breinspoeling en propaganda? Hoe sal ons sonder ʼn revolusie ons weermag kan suiwer van voormalige terroriste en die groot aantal vigslyers wat tans as soldate diens doen of juis nie diens doen nie, maar wel ʼn soldy ontvang?

Slegs radikale verandering kan Suid-Afrika nog red. Soos alle revolusies deur die eeue, begin dit met ʼn idee. Die begrip Afrikaner, wat terug te voer is na Bibault se kreet uit 1707, “Ik ben een Afrikaander!” waarmee hy ʼn Kaapse landdros, sowel as die Nederlandse koloniale orde, uitgedaag het, is een revolusionêre idee wat ons reeds het. Die gedagte van ʼn blanke, Westerse groep wat hulself tot inheemse volk van Afrika verklaar, is by uitstek iets nuuts, iets uitdagends.

Maar vir die soort revolusie wat ons vandag nodig het, is blote Afrikanerskap nie genoeg nie. Ons al moet besef dat ons in ʼn allesomvattende stryd gewikkel is wat groot eise aan ons gaan stel, soortgelyk aan ons voorouers by Bloedrivier. Ons sal vindingryk en dapper moet wees. Een van die beroemde revolusionêre van die twintigste eeu, Mao Tsetoeng, het die volgende van ʼn revolusie gesê: “ʼn Revolusie is nóg ʼn dinee, nóg dieselfde as om ʼn opstel te skryf of ʼn skildery te verf of borduurwerk te doen; dit kan nie so verfynd, so luilekker en gemoedelik, so gematig, welwillend, goedhartig, goedgemanierd, ingehoue en groothartig wees nie. ʼn Revolusie is ʼn opstand, ʼn daad van geweld waarmee een klas ʼn ander klas omverwerp.”

As ons mooi na Suid-Afrika kyk, kan ons sien dat iets van hierdie soort gewelddadige revolusie waardeur een klas ʼn ander omverwerp, reeds aan die gang is. Die revolusionêre magte is reeds op die land losgelaat. ʼn Revolusie beskik oor sy eie inherente logika. As dit eers aan die gang gesit is, kan niks dit stuit totdat die revolusie sy oogmerke bereik het nie, hoe radikaal sulke oogmerke ook al mag wees.

In die geval van Zimbabwe het ons gesien hoe die “derde tjsimoerenga” uitloop op ʼn bankrot land met ʼn bevolking wat nou grotendeels van buitelandse voedselhulp afhanklik is. Nietemin is daar vele Afro-revolusionêre, ook binne die ANC en SAKP, wat meen dat Mugabe se revolusie en “grondhervorming” ʼn groot sukses was. Immers was die oogmerk van die revolusie nie om produksie uit te brei – ʼn konserwatiewe, kapitalistiese ideaal – nie. Luidens Mao se dictum, “ʼn Revolusie is ʼn opstand, ʼn daad van geweld waarmee een klas ʼn ander klas omverwerp”, het Mugabe immers sy doel bereik om die klas van grondbesitters omver te werp en sy land van blankes te suiwer.

Ons sou ʼn groot fout maak om te dink dat hierdie revolusionêre logika nie ook in Suid-Afrika gevolg word nie. Gereeld word daar deur Thabo Mbeki melding gemaak van die “nasionale demokratiese revolusie” wat steeds aan die gang is. Die term “nasionale demokratiese revolusie” is ʼn klassieke Marxistiese of kommunistiese begrip, ʼn onderdeel van Marx en Lenin se teorie van die “historiese onafwendbaarheid” van kommunisme wat deur ʼn tweestadiumrevolusie bewerkstelling word. Eers vind die nasionale revolusie plaas en daarna die sosialistiese. Heel onlangs het die ANC ʼn hele reeks interessante artikels op sy webwerf gepubliseer onder die titel, “Die vyand bly die vyand”. Presies ʼn maand gelede het ek in ʼn brief aan die webwerf Litnet ʼn aanhaling uit dié ANC-verklaring gegee en ook daarop kommentaar gelewer.

Volgens die ANC, en ek haal aan, “mag en sal die taktiek van ons historiese opponente van tyd tot tyd verander, en so ook die teaters van stryd wat hulle kies. Niks hiervan sal ʼn verandering in die aard van ons opponente en die doelstellings wat hulle najaag, aandui nie. Soos bevelvoerders te midde van ʼn militêre veldslag, moet ons begryp dat die vyand maneuvreer, maar hy bly die vyand!”

Hieroor het ek op Litnet opgemerk:

“Die vyand maneuvreer, maar hy bly die vyand! Dit ly geen twyfel dat die ANC hier na die Afrikaner verwys nie. Enkele sinne later word daar vertel dat die ANC ‘wyslik of andersins’ besluit het om nie die ‘Jakobynse opsie’ te volg en sodoende die ‘historiese opponent’ met ‘revolusionêre geweld te vernietig’ nie.

Terwyl ons vandag hier besig is om Geloftedag te herdenk, is die ANC wat ons steeds – in weerwil van die De Klerk-Meyer-oorgawe – as sy “vyand” sien, besig met ʼn leierskapstryd by sy partykongres te Pietersburg. Op die vooraand van daardie kongres doen Thabo Mbeki in sy persoonlike brief op ANC Today ʼn oproep aan sy volgelinge onder die opskrif: “Wees trou aan ons revolusionêre oogmerke!”

In die brief haal hy verskeie revolusionêre uitsprake van vorige ANC-leiers wat by partykongresse gemaak is aan, onder andere dié van Oliver Tambo waarna Jan Smuts-lughawe onlangs vernoem is en wat in Junie 1985 in Lusaka geuiter is:

“Ons konferensie sal deur ons mense onthou word as ʼn krygsraad wat die gryp van mag deur die massas beplan het, die voorlaaste byeenkoms wat aan ons opdrag gegee het om ons land te neem deur die verskriklike maar suiwerende vuur van revolusionêre oorlog na ʼn toestand van vrede, demokrasie en die vervulling van ons mense wat al te veel en te lank gely het.”

Thabo Mbeki, die huidige president van Suid-Afrika, keur nie net dié woorde van Tambo goed nie, hy bewonder hulle; vandaar sy aanhaling. Maar Mbeki se slagspreuk, “Wees trou aan ons revolusionêre oogmerke!” is ontleen aan Mandela wat nogal op Geloftedag in 1997 die volgende by die ANC se vyftigste nasionale konferensie gesê het: “Daar lê heelwat vir ons voor wat kompleks en opwindend is. In die sentrum van dit alles staan die grondliggende uitdaging vir ons om trou aan ons revolusionêre oogmerke te bly.”

Op 16 Desember 1838 het die Afrikaner geskiedenis gemaak. Soos ʼn Gideonsbende het ons teen ʼn geweldige oormag, met die hulp van God wat tydens die Gelofte afgesmeek is, geseëvier. Maar, en dit spyt my om dit te sê, maak die Afrikaner in onlangse tye nie meer geskiedenis nie. Veel eerder ondergáán ons die geskiedenis wat ander maak. Ons lughawens word na hul revolusionêre helde vernoem; die name van ons dorpe en stede wat deur ons voorouers aangelê is, word na willekeur verander. Ook die belastings wat die gedissiplineerde, wetsgehoorsame, getroue Afrikaner aan die staat betaal, word aangewend ter bevordering van die ANC se fameuse revolusionêre oogmerke waarvan die vernietiging en uiteindelike verdrywing van die Afrikaner uit Suid-Afrika waarskynlik heel bo-aan die lys staan.

In die aangesig van die vernietigende revolusie wat oor ons spoel, het vele van ons mense moedeloos geraak. Hulle gee boedel oor. Hulle verlaat die land. Hulle bou hoë mure om veiligheidsbuurte en hoop dat hulle nie aangeval sal word nie. Of, die skandelikste van almal: hulle word meelopers. Hulle sluit aan by die ANC van waar hulle hul eie mense ondergrawe en beveg. Of hulle voer die vyand se propaganda vir hom vanuit die blaaie van die plaaslike Prawdas, Beeld en Die Burger, wat net sowel  ANC Today in Afrikaans kon heet. Soos ʼn refrein deur hul oorgawe loop die wanhoopskreet: “Ons is te min! Ons is te min!”

Maar indien Geloftedag nog enige betekenis vir ons het, is dit juis om ons daaraan te herinner dat ons nog altyd, dwarsdeur ons geskiedenis, “te min” was. Aan die ander kant van die slagveld was daar nog altyd ʼn oormag teen ons opgestapel! Teen die Zoeloes of die Engelse of die Angolese wat deur Rusland, Oos-Duitsland en die ou Sowjetunie ondersteun is, het ons nog altyd ʼn baie klein groepie manne in die veld gestoot.

Naas Bloedrivier is daar soveel ander wonderwerke opgeteken wat die Afrikaner as minderheid in sy segetog deur Suider-Afrika behaal het. Ook in hierdie dae, op 11 Desember, het ons die slag van Magersfontein herdenk waaroor ons op die Praagwebwerf ʼn beknopte kroniek gepubliseer het. Onder aanvoering van generaal Koos de la Rey het slegs 8 500 Boere ʼn Engelse oormag van 15 000 man onder aanvoering van Lord Methuen op 11 Desember 1899 ʼn vernietigende neerlaag toegedien. Soos dit op die Praagwebwerf lui: “Die Skotse Highland-soldate het nie ’n kans gestaan nie. Die Boere het onverbiddelik op hulle losgebrand. Wauchope en heelwat van sy offisiere is doodgeskiet. Helfte van die Britse manskappe het omgedraai en gevlug. Op pad terug het hulle die bevelvoerder van die Highland Light Infantry doodgetrap.” Eenduisend Britte het gesneuwel, teenoor een-en-sewentig Boere wat die lewe gelaat het.

Soos Bloedrivier, Magersfontein of – meer onlangs – ons vele suksesvolle veldslae in Angola en Suidwes-Afrika, aan ons tuisbring: ons moenie die oormag vrees nie.

Daarom, op hierdie dag waar hier in die einste Noord-Transvaal ʼn revolusie teen die Afrikaner gesmee word waarvan die oogmerke by die dag duideliker word in die onreg en geweld wat deurlopend teen ons gepleeg word, moet ons nie terugdeins nie.

Net soos op die vooraand van Bloedrivier, staan die Afrikaner vandag voor ʼn naakte keuse tussen gewisse ondergang of heroïese weerstand. Watter lot gaan ons volk kies?

Ek het reeds genoem dat ons tans die geskiedenis ondergaan wat ander maak. Wat die groot Griekse staatsman Perikles destyds oor die politiek gesê het, geld ook vir die revolusie. Perikles het gesê: “U mag nie ʼn belang in die politiek hê nie, maar dit verhoed nie die politiek om ʼn belang in u te ontwikkel nie.” Net so mag u nie ʼn belang in die huidige revolusie in ons land hê nie, maar dit verhoed nie die revolusie om ʼn belang in u grond, in u bates, in u kultuur of selfs u voortgesette teenwoordigheid in die land te ontwikkel nie.

Om uit die huidige afwaartse siklus te ontsnap, sal die Afrikaner met sy eie revolusie moet begin, ook en veral onder ons eie mense. En laat ek dit weereens herhaal: ʼn Revolusie begin met ʼn idee. Een van die hoofredes vir ons gebrek aan optrede tot dusver, is ons gebrek aan ʼn koerant, aan ʼn mondstuk wat onbeskaamd die Afrikanersaak sal stel. Ons mense moet ingelig word en nie langer met versoeningspraatjies gesus word nie. Ons moet ons denke verskerp en alle politieke kwessies tot in hul logiese uiteinde deurdink.

Ons het nie veel tyd meer oor nie. ʼn Mens kan die huidige woelinge in die revolusionêre party, die ANC, op allerlei maniere interpreteer, maar tipies van alle Afrikarevolusies is dat daar gewoonlik na onafhanklikwording of “bevryding” ʼn tweede, radikale fase volg. Myns insiens staan ons op die vooraand van geradikaliseerde verandering of transformasie in Suid-Afrika. Selfs prof. Willie Esterhuyse van Stellenbosch, ʼn ANC-naprater en ondersteuner van Mbeki, het op 7 Desember in Beeld en Die Burger voorspel dat so ʼn geradikaliseerde “Groot Transformasie” vir ons waarskynlik net voor die deur lê. Om anders te glo, meen Esterhuyse, “is om te droom dat die maan van groen kaas gemaak is”.

Ons sal moet kies tussen Afrikanerskap en vreemdelingskap, tussen oorlewing en ondergang, tussen weerstand of oorgawe, tussen denkende kontestasie of klakkelose napratery, tussen geloof en verterende twyfel. By Bloedrivier het ons voorouers nie getwyfel nie; hulle het gegló en sodoende die oorwinning behaal.

Soos N.P. Van Wyk Louw ook iewers in een van sy essays opgemerk het, is daar geen waarborg vir ʼn volk se voortbestaan nie. Deur die geskiedenis het vele volke op die toneel verskyn, jare of selfs eeue lank ʼn grondgebied beset en oorheers, net om daarna deur ander geknak te word en in die niet te verdwyn. Ander weer slaag daarin om hul terugslae te oorkom en beskou elke neerlaag of tydvak van oorheersing deur ander as ʼn noodsaaklike loutering vir die toekoms. Soos Nietzsche gesê het: “Wat my nie doodmaak nie, maak my sterk”.

Indien die Afrikaner ʼn verloorvolk was wat vir uitsterwing bestem was, sou ons sekerlik nie tot hier gevorder het nie. Daarvoor was ons geskiedenis en ons voortdurende stryd teen die oormag, eenvoudig te moeilik. Agterna gaan ons na die huidige sware tye verwys as ʼn toets wat ons deurgemaak het, maar met lof geslaag het.

Laat ons dus die huidige stryd, soos Andries Pretorius en die helde van Bloedrivier, met geloof en vasberadenheid aanpak. Die Afrikaner se drang na vryheid en onafhanklikheid is dwingender as swaartekrag, sterker as staal en duursamer as goud. Ons laat ons deur niemand oorheers nie, nie die grootstes nie en ook nie die kleinstes nie. Daarom sê ons vandag: ons vrees nie die revolusie nie, ons verwelkom dit, want uiteindelik sal dit óns omwenteling wees wat seëvier, nie die revolusie van boosheid wat ander teen ons smee nie.

Iewers in die toekoms lê daar ʼn Afrikaanse republiek waarin ons weer vry sal wees, vry om ons taal te praat, om ons grond sonder inmenging of geweld te bewerk, om ons kinders volgens ons waardes op te voed, om ons eie volkslied te sing, om veilig te woon, te werk en te speel, om sonder rassevoorskrifte handel te dryf, kortom, om onsself te wees. By Bloedrivier, Majuba, Magersfontein en elders het ons mense geveg en desnoods gesterf vir ons republikeinse ideaal, vir Afrikanervryheid.

Die geskiedenis het getoon dat daar in dié wêrelddeel net een historiese onafwendbaarheid is: Afrikanervryheid. Weer en weer het ons dit behaal, ongeag tydelike terugslae. Soos een van ons mooi vaderlandsliedere met woorde deur Eitemal lui:

“Ons gaan saam die donker toekoms in

om as een te sneuwel of oorwin,

met ons oog gerig op jou,

ons Oranje-blanje-blou!”

мембранный расширительный бак для отопленияОлександр Фільчаков прокурор

Behoort ons Mugabe te bewonder?

ImageDie pas afgelope EU-Afrikaspitsberaad het Sondag in ʼn voorspelbare sirkus ontaard toe Robert Mugabe die spul ruggraatlose Europese leiers in hul peetjie gestuur het. Veral die Duitse kanselier, Angela Merkel, moes dit ontgeld toe die Zimbabwiese diktator dit onomwonde gestel het dat sy land “wat menseregte en goeie regering betref, sy eie beleid, uit eie vrye wil” bepaal.

Hoewel Mugabe sy land se ekonomie geruïneer en alle blankes daaruit verdryf het, is daar een aspek van sy gedrag wat bewonderenswaardig is: Mugabe staan op die soewereiniteit van sy staat en duld geen inmenging van buite nie.

Hierteenoor het Afrikanerleiers in die onlangse verlede hulle laat voorskryf deur die Britte, Amerikaners en dieselfde lamsakkige Europeërs wat nou handewringend en kugtend in die aangesig van die sterkman Mugabe rondstaan. Pleks dat De Klerk en sy voorgangers teenoor die buitewêreld die soewereiniteit van ons land en van ons volk – wat net soos ander volke op vryheid en selfbeskikking geregtig is – verdedig het, is daar toegegee aan die “goeie raad” van buitelanders wat geen snars van Afrika verstaan nie en ons allermins goedgesind is.

Die resultaat van buitelandse inmenging in Suid-Afrika kan vandag gesien word in plaasmoorde, rasse- en taaldiskriminasie, kortom, die uitsigloosheid en wanhoop wat reeds ‘n miljoen Afrikaners oortuig het om hul vaderland vaarwel te sê en hul heil elders te gaan soek.

Omtrent elke land in Afrika beskik oor ʼn etniese minderheidsregering. Ook Suid-Afrika het sedert 1994 ʼn oorheersend Xhosa-bewind gehad en dit wil nou lyk asof die Zoeloes onder Jacob Zuma hul pond vleis gaan opeis. En geen haan kraai daaroor nie, net soos wat die huidige Toetsi-regering in Rwanda of die Owambo-regering in Namibië geen kritiek ontlok nie. Mugabe self is ʼn Sjona wat die Matabele-groep in sy land al genadeloos onderdruk het en selfs 20 000 van hulle uitgemoor het om sy mag te konsolideer. Hieroor het die skynheilige Britte geen woord gerep nie; dit was net toe Mugabe nie meer geredelik vanuit Brittanje gemanipuleer kon word dat die wonderwoord, “demokrasie”, skielik herontdek is en dat daar ʼn veldtog, gelei deur die Britse media, teen hom geloods is.

Toe Suid-Afrika ná 1948 ʼn etniese minderheidsregering onder Afrikaners gehad het wat iets soos elf universiteite en duisende skole vir swartes gebou het, om van honderde hospitale en klinieke, landbou-ontwikkelingshulp, ens. nie te praat nie, is dit egter as ʼn “misdaad teen die mensdom” veroordeel.

In Suid-Afrika vind daar tans veel erger menseregteskendings as in Zimbabwe plaas. Ons mense word daagliks aangeval, verkrag en vermoor. Net verlede week was daar die geval van die Janse Van Rensburgs van Naboomspruit wat agt uur lank gemartel is. Mnr. Theuns Janse van Rensburg is met ʼn panga aangeval en sy vrou, Hettie, se vingers is met ʼn snoeisker afgesny. Daar is geen einde in sig vir hierdie gruweldade wat hul daagliks in Suid-Afrika afspeel nie. Nietemin rep die Britse pers kwalik ʼn woord hieroor en is die algemene konsensus van die Europese Unie dat Suid-Afrika in ʼn staat van “demokrasie” verkeer.

Soos ek al voorheen gesê het, stuur Suid-Afrika toenemend op ʼn tweede Zimbabwe af. Geweld het by ons reeds ʼn graad bereik wat met die ergste tye onder Charles Taylor in Liberië, die volksmoord in Rwanda of die voortslepende geweld in die DRK en Darfoer, vergelyk kan word. Daar is reeds tekens dat die stroom paniekbevange Afrikaners wat ons land na Australië en ander lande verlaat, besig is om ʼn vloed te word. Op die duur staar ons ondergang in die gesig, hetsy omdat ons stuksgewys doodgemaak gaan word, hetsy omdat die meeste talentvolle en opgeleide mense die land gaan verlaat totdat daar niks van ons oorbly nie.

Die Afrikaner se oënskynlike onvermoë om op te tree in die aangesig van sy huidige bestaanskrisis, is sekerlik te wyte aan ons hopelose leiers wat die afgelope dekade of twee die politieke toneel oorheers het. Maar ten dele vrees ons ook die kritiek van mede-Westerlinge soos die Europese leiers wat die afgelope naweek in Lissabon byeen was.

By al sy foute, het Afrikanerleiers heelwat by Mugabe te leer. Indien iemand sy neus in jou sake steek, vertel hom kaalkop die waarheid. Zimbabwe is sekerlik vandag een van die swakste lande ter wêreld, wat van voedselhulp afhanklik is om sy bevolking te voed en sy energie van Suid-Afrika op skuld ontvang. Hierteenoor was Suid-Afrika in die tagtigerjare toe die buiteland aan ons begin voorskryf het hoe om ons land te regeer, ʼn kernmoondheid met (volgens Jane’s Defence Weekly destyds) die vyfde sterkste weermag ter wêreld.

Mugabe skroom egter nie om vir die Duitse kanselier, Angela Merkel, in haar gesig te sê wat sy met haar “goeie raad” kan gaan doen nie. Maar die kruipergeslag van Afrikanerpolitici wat die destydse Broederbond en NP voortgebring het, het destyds nie die moed gehad om die soewereiniteit van Suid-Afrika teenoor buitelandse inmenging te verdedig nie.

Al klink dit na ʼn paradoks, kan die Afrikaner gerus gaan kers opsteek by Mugabe. Ons het niks te vrees van die ruggraatlose Europeërs wat so gereeld die knie buig voor Afrika se hansworsdiktators van die Idi Amin-tipe nie. Dis tyd dat ons ons eie heil in dié land begin uitwerk, sonder om die histeriese uitsprake van die Britse pers of die oningeligte menings van Europese diplomate in ag te neem.

Soos een teleurgestelde Britse kommentator, Simon Jenkins, wat self die gebrek aan enige moed in Europa of in Brittanje raaksien om militêr of andersins in Afrika betrokke te raak oor die naweek opgemerk het: “Vandag is al wat Brown by ʼn spitsberaad kan doen, om sy duime in sy ore te druk en ‘Boe!’ te sê.”

Hoekom ons Afrikaners steeds so bang is vir die Britse “Boe!” en ʼn geriatriese Sjona oorkant die Limpopo hom nie daaraan steur nie, verteenwoordig steeds een van die tergendste raaisels van die geskiedenis.

велосипед детскиелобановский александр игоревич

Re?nboognasie is ‘n Stalinistiese sosiogeni?ringsprojek

ImageNá ek verlede week Christi van der Westhuizen se pleidooi vir die verdwyning van Afrikaners gelees het, het ek onderstaande geskryf en aan Beeld se By vir publikasie aangebied. Aanvanklik was dit aanvaarbaar, maar later in die week het die redaktrise van By, Liza Albrecht, gemeen dit sal net as brief geplaas kan word "weens ‘n gebrek aan ruimte". Maar ook die verkorte weergawe het in die slag gebly en is glad nie in vandag se By opgeneem nie. Al is dit nou ‘n week ná Van der Westhuizen se gewraakte artikel, plaas ek my repliek, wat reeds verlede Saterdag geskryf is, vandag hier:

Dit wil voorkom asof die faksie verloopte anti-Afrikaners waarvan Deon Maas maar net een is, steeds besig is met hul veldtog om Afrikaners in Afrikaans te beledig en te verguis. In verlede week se By trek Christi van der Westhuizen los met ʼn artikel waarin sy die einde van Afrikanerskap in Suid-Afrika bepleit.

Van der Westhuizen maak die belaglike stelling dat “rassediskriminasie ʼn integrale aspek van Afrikaner-identiteit” is. Ook beskuldig sy ons Afrikaners daarvan dat ons “hang aan fantasieë van wit meerderwaardigheid en eksklusiewe politieke mag”.

Dít alles geskied in die geykte taal van die meerderwaardigste stam van almal, dié van Groot Wit Engelse Akademici. Dit is net ʼn wêreldvreemde (en onnosele) Feminazi of Groot Wit Engelse Marxis wat haar- of homself saam met Van der Westhuizen aan die Universiteit van Kaapstad bevind wat die Afrikaner se taal, kultuur en identiteit in sy geheel tot een of ander “apartheidkonstruksie” kan verskraal. Nie net is dit verregaande en minagtend nie, maar dit spreek ook van ʼn ekstreme filistinisme teenoor die estetiese aspekte van ons kultuur en identiteit.

Terwyl Van der Westhuizen haar druk maak oor die koloniale erfenis in Suid-Afrika en die veronderstelde invloed daarvan op Afrikaners, erken sy nie die Brits-koloniale vooronderstelling wat haar eie anti-Afrikanerchauvinisme onderlê nie, naamlik dat Suid-Afrika à la Milner van alle Afrikanerinvloed gesuiwer behoort te word.

Christi van der Westhuizen skaar haar ook openlik aan die kant van Deon Maas en sy vreemde apologie aan Satanisme. Hierdie teosofiese (of is dit politieke?) uitwasse sou in hul geklikheid nogal snaaks gewees het indien Suid-Afrika nie besig was om af te stuur op ʼn tipiese Afrikanagmerrie van verval en etniese konflik nie.

Ongelukkig manifesteer die soort totalitêre aandrang dat “die Afrikaner moet verdwyn” wat Van der Westhuizen, Maas, Max du Preez en ander anti-Afrikaners aan ons voorhou in die gruwelike plaasmoorde en rasgedrewe moordbendes wat ons mense ook in stedelike gebiede teister. Waarop kom Van der Westhuizen se pleidooi vir die totalitêre beëindiging van Afrikanerskap neer, anders as op ʼn variasie van Peter Mokaba se “Kill a Boer, kill a farmer”?

Van der Westhuizen se gemeenplasige tirade teen kolonialisme lyk omtrent asof dit uit ʼn vergeelde kommunistiese koerant in Europa van veertig jaar gelede geplagiariseer is. Dat hierdie tradisionele linkse diskoers direk aanleiding gegee het tot die totalitêre vergrype van die twintigste eeu onder Stalin, Pol Pot, Castro, Mao en ander diktators, weier Suid-Afrika se Groot Wit Engelse Marxiste om toe te gee. Van der Westhuizen is maar net ʼn mindere kloon van die spesie wat saam met Jakes Gerwel lang krokodiltrane gehuil het toe die Berlynse muur ineengestort het.

Ook die vele volksmoorde en gruweldade wat onder die “masker van anargie” in post-koloniale Afrika plaasgevind het en wat deur skrywers soos die Fransman Stephen Smith en die Amerikaner Stephen Ellis uitgelig is, word gerieflik deur Suid-Afrikaanse linkses met hul fiksasie oor apartheid en kolonialisme onder die mat ingevee. In Frankryk het die vorige president, Jacques Chirac, ʼn wet op die wetboek geplaas waardeur erkenning aan “die positiewe sy van kolonialisme” in skoolgeskiedenisboeke verpligtend gemaak word. Artikel 4 van die wet bepaal dat "skoolleerplanne in die besonder die positiewe rol van die Franse buitelandse teenwoordigheid, veral in Noord-Afrika, erken en aan die geskiedenis en aan die opofferinge van die Franse weermag in dié wêrelddele die aansienlike plek waartoe hul reg het, sal toeken." Dit dui op ʼn grondverskuiwende hersiening van die clichés oor kolonialisme. Net Rip van Winkel neem nog die beeld van bose blankes wat op onskuldige inboorlinge toesak om hulle hetsy uit te wis, hetsy uit te buit, ernstig op.

Solank as wat enigiets – ook Afrikanerskap – met apartheid verbind kan word, is die linkse propagandis egter van ʼn oorwinning verseker. Dit is ook die kern van Van der Westhuizen se geykte retoriese strategie.

Maar post-Zimbabwe is die wêreld lank nie meer so eenvoudig nie. Die Afrikaner se positiewe rol in die opbou van ons nywerheidstaat word toenemend deur sowel buitelandse joernaliste as diplomate erken.

Die Afrikaner se “identiteitsverbrokkeling” waarna Van der Westhuizen verwys, is manies deur die massamedia, sowel as deur die ANC-bewind, gepropageer, maar het byna soos water van die volk se rug afgeloop. Vandag aanskou ons hoe die feniks uit die as verrys en hoe Afrikaners met trots hul eie taal in die openbaar begin praat en sing, asook ʼn hernieude belangstelling in die Afrikanergeskiedenis wat veral op die internet en in boekpublikasies gedy. Bok van Blerk se nasionalistiese lied, “De la Rey”, het Afrikaners van alle geslagte aangegryp en het die kontinuïteit van Afrikanerskap herbevestig.

Eerder as wat die Afrikaner besig is om soos ʼn tekening op die sand deur die inkomende gety uitgewis te word, ervaar die gewaande “Reënboog-Suid-Afrikaner” ernstige identiteitsprobleme. Engelssprekende blankes het aanvanklik die anti-Afrikanerbeweging en –ideologie van die ANC gesteun in die hoop dat hul tradisionele vyand vernietig sou word. Swart nasionalisme tref egter geen onderskeid tussen Afrikaner en Engelsman nie, dus bevind dieselfde Engelse hulle nou insgelyks in die transformasievisier. Ook hulle is slagoffers van die tierende Afrikageweld waaroor die pers elke dag berig en raak by die dag meer reddeloos, versaak deur hul eens magtige Ryk.

Bruinmense voel uitgesluit van die heersende swart rassenasionalisme en val toenemend terug op hul identiteit as Kleurlinge. Binne die ANC self woed ʼn etniese stryd tussen Zoeloes en Xhosas om beheer van die party en van die staat.

Wie en wat is ʼn “Suid-Afrikaner” na alles? Daar bestaan geen gemeenskaplike Suid-Afrikaanse taal, kultuur, godsdiens of identiteit nie. Ons is bloot in een land saamgegooi deur ʼn sameloop van omstandighede en deur Britse militêre operasies wat die destydse Unie van Suid-Afrika geskep het.

Tydens die anti-apartheidsveldtog is Suid-Afrika wêreldwyd verguis en geboikot. Die woord “Suid-Afrika” was ʼn vloekwoord. Tans ly die land onder sy reputasie as ʼn korrupte rampokkerstaat met ons volgende president wat op die verhoog rond dans en ʼn liedjie soos “Bring my my masjiengeweer” sing. Wie kan met so iets identifiseer?

Hierteenoor het die Afrikaner oor verskeie eeue ʼn unieke, inheemse Westerse beskawing voortgebring wat beslag gekry het in ons geskiedenis, taal, letterkunde en Protestantse teologie. Soos mens so dikwels kan kontateer, verteenwoordig ons Afrikaners eintlik een groot familie wat almal afstam van 40 000 Europeërs wat reeds in die agtiende eeu besig was ʼn samehorigheidsgevoel te ontwikkel.

Al wat Christi van der Westhuizen, Deon Maas en ander anti-Afrikaners regkry met hul voorspraak vir etniese suiwering jeens die Afrikaner, is om ons oorlewingsdrang en afkeer van Suid-Afrikanisme te versterk.

Hoe gouer die mislukte nasiestaat Suid-Afrika tot niet gaan en daar ʼn nuwe Suider-Afrikaanse ekonomiese entiteit tot stand kom waaraan die Afrikanervolk vrylik maar outonoom kan deelneem, hoe beter vir ons almal. Die reënboognasie is net nog ʼn Stalinistiese sosiogeniëringsprojek wat deur regdenkende mense verwerp word.

реставрация паркета недорогоОлександр Фільчаков прокурор

Frankryk, teater van kultuurkonflik

ImageBaie mense het nou al voorspel dat sekulêre Frankryk die eerste Moslemland in Wes-Europa gaan word. Met sy groot en toenemend veeleisende Noord- en Wes-Afrikaanse immigrantebevolking wat tussen 10 en 15 miljoen gestel kan word, wil dit voorkom asof ʼn laeintensiteitsoorlog tussen gewapende jong mans en die Franse owerhede reeds uitgebreek het.

Vandeesweek het die Paryse voorstad Villiers-le-Bel die jongste in ʼn reeks van sogenaamde banlieues geword wat in geweld uitgebars het na ʼn padongeluk waarin twee Noord-Afrikaanse jeugdiges omgekom het. Sowel openbare as private geboue is afgebrand en daar is op die polisie geskiet met jag- en haelgewere. ʼn Primitiewe ploftoestel wat uit ʼn gassilinder met spykers daaraan vasgeplak bestaan, is insgelyks in ʼn asblik ontdek.

Sedert 2005 toe die eerste ernstige onluste deur immigrante uitgebreek het, is ʼn verbysterende aantal motors vernietig. In 2005 is 45 588 motors deur brandstigters uit die banlieues aan die brand gesteek, terwyl die syfer in 2006 effens gedaal het tot 44 157. Syfers vir 2007 is nog nie bekend nie, maar vandeesweek se onluste het sekerlik beduidend daartoe bygedra.

Afgesien van motors, het groepe immigrantejeugdiges ook skole, ʼn biblioteek en privaatondernemings soos ʼn motorhandelaar aan die brand gesteek. Miskien die onheilspellendste aspek van die onlangse geweld in Frankryk is egter deur die polisie in ʼn verklaring uitgewys: “Die onlusmakers het materiële ten gunste van menslike teikens versaak.” Sowel die polisie as die brandweer is vir aanvalle uitgesonder, met meer as 100 polisiemanne wat slegs tydens die twee nagte van onluste in Villiers-le-Bel gewond is.

ʼn Ander beroemde Fransman, August Comte, het op ʼn keer gesê: “Demografie is die noodlot.” Om te begryp wat tans in Frankryk aan’t gebeur is, moet mens die land se demografie verstaan. Die Franse Republikeinse etos sluit enige statistiese ontleding van burgers volgens ras, godsdiens of etnisiteit uit, maar mens kan ʼn ingeligte raaiskoot waag oor die groot aantal Moslemimmigrante uit Noord- en Wes-Afrika wat hulself reeds in die land gevestig het.

Amptelik bestaan daar in Frankryk 4,9 miljoen immigrante wat buite die land gebore is, met nog ʼn 6,7 miljoen wat oor Franse burgerskap beskik maar insgelyks “van vreemde oorsprong” is. As mens dié twee syfers bymekaartel, kom mens by die getal van 11,2 miljoen immigrante in Frankryk uit.

Hoewel daar byna nooit kommentaar hierop gelewer word nie, geniet Frankryk die hoogste geboortesyfer van alle Europese state. Terwyl die inheemse Franse bevolking sedert die Tweede Wêreldoorlog rondom 45 miljoen stagneer, is nog 15 miljoen mense tot die Franse bevolking toegevoeg, hetsy deur immigrasie, hetsy deur natuurlike aanwas van immigrante in Frankryk.

Dit is hier waar die prentjie ietwat mistig raak. In 2006 was daar 796 800 lewendige geboortes in Frankryk, maar hoeveel was buitelanders van Afrika-afkoms en hoeveel was Franse? ʼn Mens kan veronderstel dat die immigrantegeboortesyfer beduidend hoër as die Franse is, wat die groot aantal ontevrede, sogenaamde “jeugdiges” sou verklaar wat tans op polisiemanne losbrand en lukraak aanvalle op Franse lewens en eiendom loods.

Die rede waarom die Paryse streek, wat die Ile de France genoem word, op die voorpunt van die huidige etniese konflik verkeer, is dat byna die helfte van alle immigrante in daardie gebied woonagtig is. Sedert die Middeleeue is Parys een van die grootste en belangrikste ekonomiese en kulturele sentra in Europa. Daarom bestaan daar vandag ʼn Derdewêreldstrandhoof in die hart van Europa, met Parys en sy onstabiele banlieues wat reeds ʼn teater van kultuurkonflik geword het.

Die kulturele gevolge van die Afrika-inval in Frankryk is min of meer deur die nuustydskrif Time in ʼn onlangse uitgawe opgesom met die volgende woorde op die voorblad: The death of French culture. Volgens die Time-verslaggewer, Don Morrison, “het Frankryk ʼn multi-etniese basaar van kuns, musiek en letterkunde vanuit die banlieues en verskeie uithoeke van die nie-blanke wêreld geword.”

Die Amerikaanse tydskryf sien uit na ʼn grondverskuiwende verandering in die Franse kultuur waardeur “die land se woedende, ambisieuse minderhede” oorheersend gaan raak en “ʼn skerper, meer poëtiese weergawe van Amerikaanse rap” deur Kongolese rapsangers voortaan as eksemplaries van Franse smaak gereken sal word.

Nie eens Time met sy voorspelbare onderdanigheid jeens multikulturalisme kan egter ontken dat Frankryk ʼn etniese slagveld geword het nie, met potensieel funeste gevolge vir Europa en die Weste in sy geheel.want toлобановский александр отзывы