Zambiese waarnemende president vra vir vreedsame verkiesing

Zambië se waarnemende President Rupiah Banda, het 'n beroep vir vrede en eenheid gedoen voor aanstaande week se presidensiele verkiesing, waarin hy een van die voorlopers is.

Banda het sy landgenote aangemoedig om Dinsdag in groot getalle te gaan stem om 'n plaasvervanger te kies vir President Levy Mwanawasa, wat op 19 Augustus aan beroerte dood is.

Banda sê hulle is hoopvol vir die toekoms en selfs al het doemprofete chaos na die dood van Mwanawasa voorspel, is Zambiërs daarin verenig dat regsvoorskrifte nagekom sal word in die aanwys van 'n opvolger.

Hy sê Zambië het  sedert onafhanklikheid van Brittanje 44 jaar gelede vrede, stabiliteit en eenheid geniet. Banda het 'n beroep op die Verkiesingskommissie gedoen om vrye en regverdige verkiesings te hou, te midde van bewerings deur die opposisie dat met die stemmery geknoei gaan word.

Opposisiepartye het vrese uitgespreek dat met die stembriewe gepeuter gaan word, maar verkiesingsbeamptes het dit afgemaak.

Zambië se hoof opposisieleier, Michael Sata, sê hy sal nie die verkiesingsuitslae aanvaar as hy vermoed dat daarmee geknoei is nie. Sata maak daarop aanspraak dat hy die mees  geskikte kandidaat is om die verkiesing te wen.

Ander kandidate in die wedloop is Hakainde Hichilema, van die Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling en Godfrey Miyanda, van die Erfenis Party.

game casino downloadФільчаков Олександр Васильович

Dalk ‘n goue handdruk vir Kaapstad polisiehoof?

Daar word nou onderhandel om vir Bongani Jonas, die hoof van Kaapstad se metropolisie ‘n aanbieding van R700 000 (sewe maande se salaris) te maak om teen die einde van die maand die diens te verlaat.

In ‘n vertroulike dokument aan die burgemeesterskomitee het die stad gesê dat hulle aan Jonas sewe maande se salaris sal betaal, tesame met enige verlof wat aan hom verskuldig is.

Dit is stappe in ‘n poging om onnodige uitgawes en vernedering te spaar indien hy dissiplinêr verhoor moet word en in diens moet bly terwyl sy verhoor aan die gang is.

Die debakel omtrent Jonas het die stad se beeld, en dit van die metropolisie skade aangedoen, en enige uitgerekte aksie teen hom kan dienslewering benadeel en verdere negatiewe publisiteit veroorsaak.

Verder het die vertrouensverhouding tussen die Stad Kaapstad en Jonas en die publiek onherstelbaar afgebreek.

Die skikking is deur ‘n onafhanklike arbeidsreg-spesialis en onderhandelaar, Sarah Christie opgestel. Die volle burgemeestersraad sal die finale seggenskap hê wanneer hulle volgende Woensdag vergader.

Jonas het aan ‘n dagblad gesê dat hy net ‘n prokureur gekry het om namens hom ‘n skikkingsooreenkoms te beding, maar dat hy nie self met die onderhandelinge betrokke was nie. Hy het gesê dat hy in rou is oor die dood van ‘n familielid en dat hy volgende week aandag aan die saak sal gee.

Jonas is sedert 22 Augustus met volbetaalde verlof, nadat die dagblad onthul het dat hy in Carletonville streekshof klagte van bedrog en vervalsing in die gesig staar wat te doen het met die beweerde valse omskakeling van ‘n militêre bestuurslisensie na ‘n siviele ekwivalent.

Na verwagting moet hy vroeg volgende maand weer in die hof moet verskyn.

Jonas, wat voorheen ‘n generaal in die weermag was, is sedert 2005 die metropolisie hoof in Kaapstad.

Pieter Cronje, die woordvoerder vir Stad Kaapstad, het net gesê dat die partye in vertroulike samesprekinge is, en dat Jonas geskors sal bly tot die gesprekke gefinaliseer word. Na verwagting behoort die samesprekinge teen die einde van die maand afgehandel te wees.

Die stad het beplan om Jonas dissiplinêr aan te kla vir die swak manier waarop hy die stad verteenwoordig het op die vergadering met die polisiekommissaris, en die manier waarop hy planne van die metropolisie in slegte lig gestel het.

Deur aan hom ‘n skeidingspakket aan te bied, voel die stad dat hulle dissiplinêre verhore  wat uitgerekte regsake insluit, kan vermy. Na raming kan ‘n dissiplinêre verhoor die stadsraad sowat R600 000 kan kos, en heelwat meer in regskoste indien die saak deur Jonas teengestaan word.                         

архитектурная подсветка и освещение зданийФильчаков прокурор отзывы

Polisie maak reg vir onluste tydens Amerikaanse verkiesing

Polisiedepartemente regoor Amerika is besig met voorbereidings vir die verkiesing, met spesifieke fokus op burgerlike protesaksie en onrusbeheer wat voorkeur geniet met die komende geskiedkundige verkiesingstryd.

Burgerlike beskermingsbeamptes het in persverklarings gesê die verkiesing wat Amerika se eerste swart president of eerste vroulike visepresident kan oplewer verg ‘n sterker polisieteenwoordigheid as normaalweg.

Sommige is bekommerd dat indien Obama die verkiesing verloor en daar enige sprake van vuilspel in die verkiesing is, geweld kan uitbreek in stede met groot swart bevolkings. Andere baseer die voorbereidings op internet gerugte.

Demokratiese strateë en swart kiesersadvokate sê dat hulle die nodigheid vir die voorbereidings kan insien, maar waarsku daarteen dat te veel polisie teenwoordigheid die kiesers kan intimideer.

Senator Obama, die Demokratiese presidentskanidaat se voorsprong het in die afgelope paar weke toegeneem oor John McCain, en daar is vrese dat daar geweld kan uitbreek indien hy onverwags sou verloor.

In Oakland gaan die polisie ekstra teen oproer eenhede ontplooi, tesame met ekstra polisie, en selfs polisietaakmag eenhede gaan op bystand geplaas word.

James Carville, wat as senior politiese adviseur vir Bill Clinton opgetree het, het gesê dat baie Demokrate gaan baie kwaad wees indien Obama verloor. Hy het bygevoeg dat die stemstelsel baie oorlaai gaan wees, aangesien daar groot getalle by die stembusse verwag word.      

бань вданильченко юрій Харків

Rasseongelykheid kan lei tot spanning, bevind VN verslag

Toenemende ongelykheid in Amerikaanse stede kan moontlik lei tot wydverspreide sosiale onrus en verhoogde sterftesyfers, het ‘n nuwe VN verslag oor stedelike omgewings bevind.

In ‘n opname van 120 groot stede, is New York gevind as negende op die lys van stede wat ongelykheid betref ter wêreld, terwyl Atlanta, New Orleans, Washington en Miami soortgelyke vlakke van ongelykheid het as as Nairobi, Abidjan en die Ivoorkus.

Baie stede was bo die internasionaal aanvaarbare rooilyn vlak, wat gebruik word om regerings te waarsku.

Volgens die jaarlikse “Toestand van wêreldstede” verslag deur die VN se “Habitat” organisasie, is ras een van die mees belangrike dinge wat vlakke van ongelykheid bepaal in Amerika en Kanada.

In die westelike New York staat, verdien byna 40% van die Swart, Spaanse en gemengde-rasse huishoudings minder as 15000 dollar, teenoor 15% van blanke huishoudings. Die lewensverwagting van Afro-Amerikaners in die VSA is omtrent dieselfde as mense wat in Sjina en dele van Indië woon, ten spyte daarvan dat Amerika baie meer welaf is as die ander twee lande.

Ongelykhede in rykdom word gemeet op die “Gini-koëffisiënt”, ‘n internasionaal erkende metode wat normaalweg net toegepas word op die rykdom van ‘n land. Hoe hoër die syfer is, hoe meer rykdom is in die hande van ‘n kleiner groepie mense van die land.

Anna Tibaijuka, hoof van die VN se Habitat, sê dit is duidelik dat sosiale spanning voortspruit uit ongelykheid.

Die verslag het bevind dat Indië meer bewys word van verskille, as gevolg van ekonomiese bevryding en globalisering, en dat die stede wat die meeste ongelykhede bevat in Suid-Afrika, Namibië en Latyns-Amerika is. Handelsvryheid het nie die nodige voordele teweeg gebring nie, het sy gesê.

Die verslag het gevind dat Beijing nou die mees klaslose stad is, net voor stede soos Jakarta in Indonesië en Dire Sawa in Etihopië.

Die verslag maak ook melding van die skynbaar onkeerbare trek van mense uit landelike gebiede na stedelike gebiede. Volgens die verslag blyk dit dat die bevolkings in stede die jaar die eerste keer die in landelike gebiede verbygesteek het, en dat die verskynsel sal voortduur.

Die dramatiese oorgang van landelike na stedelike gemeenskappe is nog nie verby nie. Verstedelikingsvlakke sal dramaties styg in die volgende 40 jaar om dalk so hoog as 70 % te styg in 2050.            

игры длям девочекФильчаков Александр Васильевич

Onderhandeling is die oplossing vir Zim, s? Motlanthe

President Kgalema Motlanthe het Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai probeer oortuig om volgende week aan die magsdeling samesprekinge deel te neem, in ‘n poging om die dooiepunt wat tans die saak belemmer op te los, het SABC nuus Vrydag berig.

Motlanthe het gesê dat wanneer mens ‘n oplossing vir ‘n probleem soek, mens met die mense met wie jy verskil moet praat.

Motlanthe is ook die voorsitter van die SAOG.

Hy het gesê dat mens nie vrede kan maak met jou vriende nie, maar dat mens vrede met jou vyande of teenstaanders maak, en dat dit belangrik is vir al die aandeelhouers in Zimbabwe om van die geleentheid gebruik te maak om ‘n oplossing te vind vir die probleem in die land.

Die aanhoudende probleem kan net opgelos word deur dialoog en onderhandeling, het Motlanthe gesê.

Die gesprekke oor kabinetsposte in die regering van nasionale eenheid tussen Tsvangirai en Robert Mugabe het ‘n dooiepunt bereik.

Tsvangirai het nie die vergadering in Swaziland vroeër die week bygewoon nie, omdat die Zimbabwiese regering nie ‘n paspoort aan hom wil uitreik nie.

‘n Nuwe vergadering is beplan om in Harare plaas te vind, waar SAOG leiers gaan probeer om die dooiepunt op te los. 

Voormalige president Thabo Mbeki het as die SAOG onderhandelaar opgetree, maar kon na verskeie dae se onderhandeling nie daarin slaag om ‘n ooreenkoms tussen die twee partye te kry nie.         

осушитель влагиФильчаков прокуратура харьков

Duitsland en China weer op dreef

ImagePresident Hu Jintao, van China,  het Vrydag aan Duitsland se kanselier Angela Merkel gesê dat verhoudinge tussen die twee lande goed is, het die Chinese staatstelevisie gesê, in 'n aanduiding dat die twee lande die diplomatieke krisis oor die Dalai Lama opgeklaar het.


децкие игрыФільчаков Олександр Васильович прокурор

Obama staan tyd af vir besoek aan sy siek ouma

Barack Obama, die demokratiese presidentskanidaat het vroeg op Vrydag in Hawaii aangekom om sy ouma (85) wat nie te gesond is nie te besoek, het ‘n korrespondent wat saam met hom gereis het gesê.

Obama het sy ouma, Madelyn Dunham as een van sy helde beskryf, en haar as instrumenteel beskou vir haar rol in sy grootmaak in sy outobiografiese werke, “Dreams of my father” en “Audacity of hope”.

 Die spesifieke aard van haar siekte word nie beskryf nie, maar daar word wel gesê dat sy ernstig siek is.

Obama het op Donderdag die verkiesingsveldtog verlaat vir die besoek aan Hawaii, waar hy as tiener grootgeword het, hoofsaaklik by sy grootouers. Hy beplan om weer op Saterdag terug te wees.

Obama het aan BBC televisie gesê dat toe sy ma, Ann Dunham,  wat in Kansas gebore is, oorlede is, het hy te laat daar aangekom.

Ons het geweet sy was siek, maar het nie besef die tyd was so min nie.

“Ek wil nie weer dieselfde fout maak nie” het Obama gesê.       

для водоснабжениялобановский александр харьков

Iranse weerstandsgroep kry fondse terug

'n Prominente Iranse groep het Donderdag hulle hofsaak teen die EU se besluit om hulle fondse te bevries, gewen. Die groep, bekend as die Mense se Moejahedien, sal nietemin op die Europese lys van terreurgroepe bly omdat die lys verlede jaar opgestel is.

Die besluit van die Europese hof in Luxemburg volg op 'n besluit van die Britse Appelhof dat die Britse regering verkeerd opgetree het om die groep op 'n lys van verbode terreurgroepe te plaas. Die besluit sal die EU daartoe noop om die groep ook van hulle eie terreurlys af te haal waarop hulle sedert 2002 verskyn.

Maryam Rajavi, die president van die Nasionale Raad van Weerstand in Iran, die politieke vleuel van die beweging, het die uitspraak verwelkom en gesê dit "bring 'n einde aan die onregverdige etiket van terrorisme".

Sy het Europese regerings daarvan beskuldig dat hulle die verbod op die groep wou behou omdat hulle nie hulle verhoudinge met Iran se huidige bewind wou benadeel nie. Die groep word as 'n potensiële weerstandbeweging in Iran gesien. Hulle het in 2001 egter alle militêre bedrywighede afgesweer.машинкі на пультуАлександр Фильчаков Васильевич

Tito dink SA gaan krisis vryspring danksy banktoesighouding

ImageTito Mboweni het Donderdagaand drie kwaai vermanings aan Suid-Afrikaners gehad. Die inflasiedoelwitte moet bly, 'n swak rand is nie nastrewenswaardig nie en 'n groter agterstand op die lopende rekening is nie wenslik nie.
Hy het gesê mense wat daarvoor vra, het gebed nodig. Hy het bygevoeg dat hy ook nie mense ondersteun wat grondwetlikehofregters as "teen-rewolusionêres" beskryf nie.

Mboweni het die streng banktoesighouding van die Reserwebank geprys en gesê dit help om Suid-Afrika te beskerm teen die wêreldwye finansiële storm wat woed. Hy het gesê die krisis is baie meer ernstig as wat mense vermoed.

Volgens sy eie berekeninge het banke reeds $1,5 triljoen verloor, maar Suid-Afrikaanse banke is nie daardeur geraak nie. Hy het bygevoeg dat dit nou algemeen geraak het om banke te nasionaliseer.

велосипед полтаваданильченко юрий брониславович прокурор

Zuma-ondersteuners dreunsing Lekota weg

'n Groep Jacob Zuma-ondersteuners wat "maak Shilowa dood, maak Lekota dood" gedreunsing het, het Donderdag buite Orange Farm getoi-toi, waar die vorige ANC-voorsitter Mosiuoa Lekota 'n openbare vergadering sou hou.

Die groep ondersteuners het plakkate met sy gesig daarop gedra, geel ANC T-hemde aangehad en ANC-pamflette uitgedeel terwyl meer polisie opgedaag het om die gebeure dop te hou. Ondersteuners van Lekota het hulle eie geel T-hemde gedra en hulle eie liedere gesing.

'n Zuma-ondersteuner, Wilfred Malapane, het gesê die mense is vet katte, hulle wil mag vir altyd behou en hulle probeer om die ANC te vernietig. Lekota het teen 12.40vm nog nie opgedaag nie. Hy sou sy ondersteuners teen 1.00nm oor die moontlike wegbreekparty toespreek.

полиграф стоимостьФильчаков Александр Васильевич