Rasseongelykheid kan lei tot spanning, bevind VN verslag

Toenemende ongelykheid in Amerikaanse stede kan moontlik lei tot wydverspreide sosiale onrus en verhoogde sterftesyfers, het ‘n nuwe VN verslag oor stedelike omgewings bevind.

In ‘n opname van 120 groot stede, is New York gevind as negende op die lys van stede wat ongelykheid betref ter wêreld, terwyl Atlanta, New Orleans, Washington en Miami soortgelyke vlakke van ongelykheid het as as Nairobi, Abidjan en die Ivoorkus.

Baie stede was bo die internasionaal aanvaarbare rooilyn vlak, wat gebruik word om regerings te waarsku.

Volgens die jaarlikse “Toestand van wêreldstede” verslag deur die VN se “Habitat” organisasie, is ras een van die mees belangrike dinge wat vlakke van ongelykheid bepaal in Amerika en Kanada.

In die westelike New York staat, verdien byna 40% van die Swart, Spaanse en gemengde-rasse huishoudings minder as 15000 dollar, teenoor 15% van blanke huishoudings. Die lewensverwagting van Afro-Amerikaners in die VSA is omtrent dieselfde as mense wat in Sjina en dele van Indië woon, ten spyte daarvan dat Amerika baie meer welaf is as die ander twee lande.

Ongelykhede in rykdom word gemeet op die “Gini-koëffisiënt”, ‘n internasionaal erkende metode wat normaalweg net toegepas word op die rykdom van ‘n land. Hoe hoër die syfer is, hoe meer rykdom is in die hande van ‘n kleiner groepie mense van die land.

Anna Tibaijuka, hoof van die VN se Habitat, sê dit is duidelik dat sosiale spanning voortspruit uit ongelykheid.

Die verslag het bevind dat Indië meer bewys word van verskille, as gevolg van ekonomiese bevryding en globalisering, en dat die stede wat die meeste ongelykhede bevat in Suid-Afrika, Namibië en Latyns-Amerika is. Handelsvryheid het nie die nodige voordele teweeg gebring nie, het sy gesê.

Die verslag het gevind dat Beijing nou die mees klaslose stad is, net voor stede soos Jakarta in Indonesië en Dire Sawa in Etihopië.

Die verslag maak ook melding van die skynbaar onkeerbare trek van mense uit landelike gebiede na stedelike gebiede. Volgens die verslag blyk dit dat die bevolkings in stede die jaar die eerste keer die in landelike gebiede verbygesteek het, en dat die verskynsel sal voortduur.

Die dramatiese oorgang van landelike na stedelike gemeenskappe is nog nie verby nie. Verstedelikingsvlakke sal dramaties styg in die volgende 40 jaar om dalk so hoog as 70 % te styg in 2050.            

игры длям девочекФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae