Polisie maak reg vir onluste tydens Amerikaanse verkiesing

Polisiedepartemente regoor Amerika is besig met voorbereidings vir die verkiesing, met spesifieke fokus op burgerlike protesaksie en onrusbeheer wat voorkeur geniet met die komende geskiedkundige verkiesingstryd.

Burgerlike beskermingsbeamptes het in persverklarings gesê die verkiesing wat Amerika se eerste swart president of eerste vroulike visepresident kan oplewer verg ‘n sterker polisieteenwoordigheid as normaalweg.

Sommige is bekommerd dat indien Obama die verkiesing verloor en daar enige sprake van vuilspel in die verkiesing is, geweld kan uitbreek in stede met groot swart bevolkings. Andere baseer die voorbereidings op internet gerugte.

Demokratiese strateë en swart kiesersadvokate sê dat hulle die nodigheid vir die voorbereidings kan insien, maar waarsku daarteen dat te veel polisie teenwoordigheid die kiesers kan intimideer.

Senator Obama, die Demokratiese presidentskanidaat se voorsprong het in die afgelope paar weke toegeneem oor John McCain, en daar is vrese dat daar geweld kan uitbreek indien hy onverwags sou verloor.

In Oakland gaan die polisie ekstra teen oproer eenhede ontplooi, tesame met ekstra polisie, en selfs polisietaakmag eenhede gaan op bystand geplaas word.

James Carville, wat as senior politiese adviseur vir Bill Clinton opgetree het, het gesê dat baie Demokrate gaan baie kwaad wees indien Obama verloor. Hy het bygevoeg dat die stemstelsel baie oorlaai gaan wees, aangesien daar groot getalle by die stembusse verwag word.      

бань вданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae