Zuma-ondersteuners dreunsing Lekota weg

'n Groep Jacob Zuma-ondersteuners wat "maak Shilowa dood, maak Lekota dood" gedreunsing het, het Donderdag buite Orange Farm getoi-toi, waar die vorige ANC-voorsitter Mosiuoa Lekota 'n openbare vergadering sou hou.

Die groep ondersteuners het plakkate met sy gesig daarop gedra, geel ANC T-hemde aangehad en ANC-pamflette uitgedeel terwyl meer polisie opgedaag het om die gebeure dop te hou. Ondersteuners van Lekota het hulle eie geel T-hemde gedra en hulle eie liedere gesing.

'n Zuma-ondersteuner, Wilfred Malapane, het gesê die mense is vet katte, hulle wil mag vir altyd behou en hulle probeer om die ANC te vernietig. Lekota het teen 12.40vm nog nie opgedaag nie. Hy sou sy ondersteuners teen 1.00nm oor die moontlike wegbreekparty toespreek.

полиграф стоимостьФильчаков Александр Васильевич