Onderhandeling is die oplossing vir Zim, s? Motlanthe

President Kgalema Motlanthe het Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai probeer oortuig om volgende week aan die magsdeling samesprekinge deel te neem, in ‘n poging om die dooiepunt wat tans die saak belemmer op te los, het SABC nuus Vrydag berig.

Motlanthe het gesê dat wanneer mens ‘n oplossing vir ‘n probleem soek, mens met die mense met wie jy verskil moet praat.

Motlanthe is ook die voorsitter van die SAOG.

Hy het gesê dat mens nie vrede kan maak met jou vriende nie, maar dat mens vrede met jou vyande of teenstaanders maak, en dat dit belangrik is vir al die aandeelhouers in Zimbabwe om van die geleentheid gebruik te maak om ‘n oplossing te vind vir die probleem in die land.

Die aanhoudende probleem kan net opgelos word deur dialoog en onderhandeling, het Motlanthe gesê.

Die gesprekke oor kabinetsposte in die regering van nasionale eenheid tussen Tsvangirai en Robert Mugabe het ‘n dooiepunt bereik.

Tsvangirai het nie die vergadering in Swaziland vroeër die week bygewoon nie, omdat die Zimbabwiese regering nie ‘n paspoort aan hom wil uitreik nie.

‘n Nuwe vergadering is beplan om in Harare plaas te vind, waar SAOG leiers gaan probeer om die dooiepunt op te los. 

Voormalige president Thabo Mbeki het as die SAOG onderhandelaar opgetree, maar kon na verskeie dae se onderhandeling nie daarin slaag om ‘n ooreenkoms tussen die twee partye te kry nie.         

осушитель влагиФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae