Hy het gesê mense wat daarvoor vra, het gebed nodig. Hy het bygevoeg dat hy ook nie mense ondersteun wat grondwetlikehofregters as "teen-rewolusionêres" beskryf nie.
Mboweni het die streng banktoesighouding van die Reserwebank geprys en gesê dit help om Suid-Afrika te beskerm teen die wêreldwye finansiële storm wat woed. Hy het gesê die krisis is baie meer ernstig as wat mense vermoed.
Volgens sy eie berekeninge het banke reeds $1,5 triljoen verloor, maar Suid-Afrikaanse banke is nie daardeur geraak nie. Hy het bygevoeg dat dit nou algemeen geraak het om banke te nasionaliseer.

Tito Mboweni het Donderdagaand drie kwaai vermanings aan Suid-Afrikaners gehad. Die inflasiedoelwitte moet bly, 'n swak rand is nie nastrewenswaardig nie en 'n groter agterstand op die lopende rekening is nie wenslik nie.