Obama staan tyd af vir besoek aan sy siek ouma

Barack Obama, die demokratiese presidentskanidaat het vroeg op Vrydag in Hawaii aangekom om sy ouma (85) wat nie te gesond is nie te besoek, het ‘n korrespondent wat saam met hom gereis het gesê.

Obama het sy ouma, Madelyn Dunham as een van sy helde beskryf, en haar as instrumenteel beskou vir haar rol in sy grootmaak in sy outobiografiese werke, “Dreams of my father” en “Audacity of hope”.

 Die spesifieke aard van haar siekte word nie beskryf nie, maar daar word wel gesê dat sy ernstig siek is.

Obama het op Donderdag die verkiesingsveldtog verlaat vir die besoek aan Hawaii, waar hy as tiener grootgeword het, hoofsaaklik by sy grootouers. Hy beplan om weer op Saterdag terug te wees.

Obama het aan BBC televisie gesê dat toe sy ma, Ann Dunham,  wat in Kansas gebore is, oorlede is, het hy te laat daar aangekom.

Ons het geweet sy was siek, maar het nie besef die tyd was so min nie.

“Ek wil nie weer dieselfde fout maak nie” het Obama gesê.       

для водоснабжениялобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae