‘Help wit werkers om immigrante te help’

ImageDie voorsitter van die Gelykwaardigheids- en Menseregtekommissie het gewaarsku dat Brittanje die risiko loop dat teen-immigrantesentiment aangeblaas kan word, tensy  aktiewe stappe gedoen word om diegene wat die hardste deur die ekonomiese krisis getref is — die wit werkersklas — te help.

Trevor Phillips se waarskuwing kom net voor vandag se konferensie oor immigrasie, waar hy op 'n paneel saam met die Minister van Immigrasie, Phil Woolas sal dien. Die konferensie volg op voorstelle dat die Verenigde Koninkryk se bevolking op 70 miljoen getroef  moet word. Phillips se argument is dat so 'n stap verkeerd en onforseerbaar is.

Hy sê na 40 jaar waarin dit onvanpas was om reguit oor die imigrasiebeleid te praat, moet die VK die fundamentele aspek van die ekonomiese beleid sonder verleentheid aanspreek of sonder vrees om as in-die-kas-rassiste of oopgrensdromers geëtiketeer te word.

Immigrasie Minister Phil Woolas het vroeër die maand belowe dat die VK se bevolking nie hoër as 70 miljoen sal styg nie. Woolas wat minister geword het in dié maand se kabinetskommeling, het 'n vlatert in die gesig gekry deur die welwillendheid van 'n lid van die pro-migrasiegroep, Manchester No Borders, tydens 'n debat by die Manchester Universiteit. 

play free slotsАлександр Фильчаков

Moslems woedend oor “Museum van Verdraagsaamheid”

Moslem owerhede is woedend nadat Israel se Hooggeregshof die groenlig gegee het vir die konstruksie van 'n Museum van Verdraagsaamheid op die perseel van 'n Moslembegraafplaas in Jerusalem.

Die Moefti van Jerusalem, Sheik Mohammed Hussein, het die hof se beslissing 'n "ernstige besluit" genoem wat "Moslems se heilige terreine skade aandoen".

Hy sê dit is moeilik om te glo dat die projek se promotors 'n Museum van Verdraagsaamheid wil oprig, waarvan "die konstruksie neerkom op 'n daad van aggressie".

Die Hooggeregshof het Woensdag die appèl van twee Moslem-organisasies verwerp waarin beswaar gemaak is dat die museum oor 'n gedeelte van 'n antieke Moslem begraafplaas opgerig gaan word.

Die Nazi-jagter Simon Wiesental-Sentrum is die hoofpromotor van die museum wat deur die bekende Amerikaanse argitek, Frank Gehry ontwerp is.

Die dekaan van die sentrum, Rabbi Marvin Hier, sê matigheid en verdraagsaamheid het op die hof se uitspraak geseëvier. Hy sê al die burgers van Israel, Jode  sowel as nie-Jode, is die werklike begunstigdes van die besluit.      

светильникиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Japan en Duitsland spandeer miljarde om ekonomie hupstoot te gee

Japan en Duitsland het Donderdag aangekondig dat hulle miljarde dollars in hul ekonomieë gaan inploeg, in die hoop dat dit ‘n buffer sal verskaf teen skerp resessie, en hulle het ook ‘n rentekoersverlagings aangekondig om hiermee te help.

Japan, die wêreld se 2de grootste ekonomie, het ‘n pakket van miljarde aangekondig om sy ekonomie te ondersteun, terwyl Duitsland dieselfde gaan doen.

Die pakkette sluit hulp aan voertugvervaardigers en plekke wat geboue restoureer in, sowel as belastinghulp, waarmee maatskappye deel van hulle beleggings kan afskryf.

Regerings is desperaat om maatreëls in plek te kry om hul ekonomieë te beskerm teen die resessie, wat volgens statistieke groot dele van Europa, wat die euro gebruik, getref het.

Ekonomiese sentiment in die 15 nasie blok het tot die laagste vlak sedert 1993 gedaal, het amptelike data gewys.

Die Internasionale Monetêre Fonds het gesê hy is meer bekommerd oor die markte wat verlangsaam as oor die plofbaarheid van die markte. Die IMF het gesê dat hy nuwe maatreëls mag voorstel by volgende maand se vergadering van die groep van 20 voorste lande.

Pakistan se voorste ekonomiese adviseur het gesê die land het geen ander alternatief as om geld te leen nie, om die kwynende buitelandse reserwes en balans van betalings krisis te hanteer.

Regoor die wêreld pas lande enige metodes toe om seker te maak dat ekonomieë nie platval nie.

Rusland se Staatsbank het gesê dat aansienlike bedrae in die aandelemarkte ingepomp gaan word, om aandele se pryse te ondersteun.

Japan sal na verwagting Vrydag Amerika en China se voorbeeld volg en rentekoerse verlaag, terwyl die Europese Sentrale bank, Brittanje en Australië blykbaar volgende week dieselfde stap sal implementeer.

Hongarye, Taiwan, Hong Kong, Noorweë en ‘n klompie Golfstate het dit ook reeds gedoen.

Amerika het Woensdag sy rentekoerse met 1 % gesny in ‘n poging om die ekonomie op sy voete te help.     

адсорбционный осушитель сжатого воздухалобановский александр харьков

Taxibestuurder uitgeslinger op M1

Image14:19:33 'n Taxibestuurder is in 'n kritieke toestand nadat hy uit sy taxi gegooi is en op die M1-snelweg te lande gekom het by 'n oorbrug.

"Hy was alleen in die voertuig en die ongeluk het op die brug bo-oor die M1 naby Roodepoort plaasgevind," het nooddienste-woordvoerder Nana Radebe gesê.

Dit het Donderdagoggend gebeur toe hy in 'n sleepwa wat agter  'n ander voertuig aangehaak was, vasgery het. Hy het beheer oor die taxi verloor, het 'n versperring getref en is toe uit die voertuig op die M1 naby die Crown-wisselaar geslinger. Die bestuurder het sonder 'n sitplekgordel gereis.

"Ek is nie seker hoe ver hy geslinger is nie…niemand anders is beseer nie," het Radebe gesê.

Die man is in die hospitaal.

Verkeer is erg ontwrig deur die voorval.

детектор лжи томскДанильченко Юрий Брониславович

Vrou gearresteer n? beweerde diefstal van R1,4m

Image‘n Twee-en-twintigjarige bankwerknemer is Donderdag gearresteer nadat sy vermoedelik R1,4m gesteel het by die bank waar sy gewerk het in Pretoria, het die polisie gesê.

Inspekteur Klaas van der Kooi, het gesê die vrou wat in beheer was van die kluis se sleutel by ‘n ABSA -ak in East Lynne, het op 15 Oktober verdwyn, dieselfde dag as wat die geld gesteel is.

“Sy het na die polisiestasie gekom en haarself oorgegee” het van der Kooi gesê. Sy was vergesel van haar prokureur.

Die vrou is aangekla van diefstal, en sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Pretoria verskyn.  

to usetopcargo отзыв

Motorbom ontplof in Spanje

Spaanse media het gesê dat ’n motorbom in ’n parkeerterrein by ‘n universiteit in die stad Pamplona, in die noorde van Spanje ontplof het.

Die koerant, El Pais en Spaanse nasionale radio het berig dat die ontploffing by die universiteit van Navarro voorgekom het. Daar was geen onmiddellike berigte van beserings gewees nie.

Die radiostasie het gesê dat verskeie karre aan die brand was na die ontploffing in Pamplona, die hoofstad van die Navarra streek.  

грибки иФільчаков Олександр Васильович прокурор

Twee wat Obama dreig voor hof

‘n Federale landdros sal besluit of owerhede die twee wit suprematiste wat beplan het om dosyne swart mense en die presidentskanidaat Barack Obama te vermoor, verder kan aanhou.

Die twee mans sal Donderdag voor ‘n landdros in Memphis verskyn vir verhoor om waarskynlike skuld te bepaal. Die landdros sal moet bepaal of owerhede genoeg bewyse het om die twee verder aan te hou.

Daniel Cowart (20) en Paul Schlessen (18) word aangekla van die besit van ‘n onwettige vuurwapen, dat hulle beplan het om wapens te steel van ‘n wapenwinkel, en dat hulle dreigemente gemaak het teen ‘n presidentskanidaat.

Owerhede het gesê die twee het ‘n moordtog beplan waarin dosyne swartmense vermoor sou word, voordat hulle Obama sou aanval.  

купить тамбов балансировочное и шиномонтажное оборудованиеданильченко юрий брониславович прокурор

Oliepryse steeds onstabiel in Ooste

Image12:56:28 Oliepryse het gestyg tot bokant $69 per vat in Asië, terwyl die dollar daal in waarde en aandelebeurse in die streek geklim het nadat die Amerikaanse Reserwebank rentekoerse verminder het om die wêreld se grootste ekonomie te ondersteun.

Ligte ru-olie vir Desember het met $2,11 gestyg tot $69,61 per vat in handel op die New York Merchantile Exchange teen die middag in Singapoer. Die kontrak het oornag met $5,56 gestyg om teen byna $68,29 te stabiliseer. Oliepryse het met byna 54% geval sedert dit in Julie op amper $150 ‘n vat gedraai het.

"Oliepryse het oornag gestyg en ons sien steeds ‘n klein voorsetting van die neiging in die oggendhandel”, het David Moore, aandelestrateeg by Commonwealth Bank of Australië in Sidney, gesê.

Moore het gewaarsku dat die neiging nie volgehou kan word met die voordurende kommer oor ‘n globale ekonomiese resessie nie.     

лосины девочка 7 летФильчаков прокурор харьков

VN-magte al wat staan tussen rebelle en Goma

Image

Goma, Demokratiese Rep. van die Kongo

14:30:59 Kongolese rebelle begin al nader beweeg om die stad van Goma in die DRK oor te neem, terwyl chaos uitgebreek het, met regeringsmagte, inwoners en derduisende vlugtelinge wat regmaak om die plek te verlaat.

Die Veiligheidsraad het laat Woensdag die rebelle se aksie teen die provinsiale hoofstad veroordeel, en kommer uitgespreek omdat daar met grofgeskut oor die grens van Kongo in Rwanda in geskiet word.

“Die stad se mense is paniekerig” het Goma se goewerneur, Julien Paluku gesê, en bygevoeg dat die plaaslike bevolking bekommerd raak oor die toestroming van byna 20 000 mense wat van gevegte in die noorde af gevlug het.

Die rebelle het Woensdag laat ‘n eensydige skietstilstand afgekondig na die val van die regeringsmagte. Die VN magte, wat partykeer gewapende helikopters moes gebruik om die rebelle te stuit, is nou die enigste struikelblok tussen die rebelle en die oorname van Goma in die noordelike Kivuprovinsie.

‘n Top Amerikaanse gesant in Afrika het die rebelle gewaarsku om uit Goma uit te bly en gehoor te gee aan vorige ooreenkomste om konflik in die streek te beëindig.

“Hulle mag nie in Goma ingaan nie, hulle sal verantwoordelik gehou word vir aksie wat daar plaasvind” het Jendayi Frazer, Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake by ‘n perskonferensie in Nairobi gesê. Sy was Donderdag onderweg na Kinshasa.

‘n AFP-korrespondent in Goma het gesê dat regeringsmagte Woensdag gevlug het, en hulle tenks op die pad na Bukavu, in suidelike Kivu opgetrek het.

VN-tenks het posisie ingeneem rondom die vredesmagte se hoofkwartiere naby die lughawe van Goma.     

дровяная печь длялобановский александр досье

Julle kan maar die brief publiseer, s? Mbeki

Image

Mbeki (regs) en vriend

14:25:31 Voormalige president Thabo Mbeki se kantoor het aan die ANC geskryf dat hy geen beswaar daarteen het as die regerende party die brief wat hy aan ANC-president Jacob Zuma geskryf het, bekend maak nie, het SABC se radionuus bekend gemaak.

Mbeki het na bewering gesê dat vanweë die selektiewe onthullings in sy brief, het hy nie ‘n probleem indien die brief in sy geheel aan die publiek vrygestel word nie.

In die brief distansieer Mbeki homself van die splintergroep wat wegbreek van die ANC om ‘n nuwe party te stig.

Mbeki vra ook klaarblyklik vrae omtrent die ANC se stellings dat hulle hom wil gebruik om stemme te werf vir die party, nadat hulle vroeër gesê het dat hulle vertroue in hom verloor het.

Vroeër het ANC woordvoerder, Jessie Duarte gesê dat Mbeki se brief aan die party nie bekend gemaak sal word nie, het die SABC berig.   

сколько стоит построитьФильчаков прокурор харьков