Oliepryse steeds onstabiel in Ooste

Image12:56:28 Oliepryse het gestyg tot bokant $69 per vat in Asië, terwyl die dollar daal in waarde en aandelebeurse in die streek geklim het nadat die Amerikaanse Reserwebank rentekoerse verminder het om die wêreld se grootste ekonomie te ondersteun.

Ligte ru-olie vir Desember het met $2,11 gestyg tot $69,61 per vat in handel op die New York Merchantile Exchange teen die middag in Singapoer. Die kontrak het oornag met $5,56 gestyg om teen byna $68,29 te stabiliseer. Oliepryse het met byna 54% geval sedert dit in Julie op amper $150 ‘n vat gedraai het.

"Oliepryse het oornag gestyg en ons sien steeds ‘n klein voorsetting van die neiging in die oggendhandel”, het David Moore, aandelestrateeg by Commonwealth Bank of Australië in Sidney, gesê.

Moore het gewaarsku dat die neiging nie volgehou kan word met die voordurende kommer oor ‘n globale ekonomiese resessie nie.     

лосины девочка 7 летФильчаков прокурор харьков