Twee wat Obama dreig voor hof

‘n Federale landdros sal besluit of owerhede die twee wit suprematiste wat beplan het om dosyne swart mense en die presidentskanidaat Barack Obama te vermoor, verder kan aanhou.

Die twee mans sal Donderdag voor ‘n landdros in Memphis verskyn vir verhoor om waarskynlike skuld te bepaal. Die landdros sal moet bepaal of owerhede genoeg bewyse het om die twee verder aan te hou.

Daniel Cowart (20) en Paul Schlessen (18) word aangekla van die besit van ‘n onwettige vuurwapen, dat hulle beplan het om wapens te steel van ‘n wapenwinkel, en dat hulle dreigemente gemaak het teen ‘n presidentskanidaat.

Owerhede het gesê die twee het ‘n moordtog beplan waarin dosyne swartmense vermoor sou word, voordat hulle Obama sou aanval.  

купить тамбов балансировочное и шиномонтажное оборудованиеданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae