Julle kan maar die brief publiseer, s? Mbeki

Image

Mbeki (regs) en vriend

14:25:31 Voormalige president Thabo Mbeki se kantoor het aan die ANC geskryf dat hy geen beswaar daarteen het as die regerende party die brief wat hy aan ANC-president Jacob Zuma geskryf het, bekend maak nie, het SABC se radionuus bekend gemaak.

Mbeki het na bewering gesê dat vanweë die selektiewe onthullings in sy brief, het hy nie ‘n probleem indien die brief in sy geheel aan die publiek vrygestel word nie.

In die brief distansieer Mbeki homself van die splintergroep wat wegbreek van die ANC om ‘n nuwe party te stig.

Mbeki vra ook klaarblyklik vrae omtrent die ANC se stellings dat hulle hom wil gebruik om stemme te werf vir die party, nadat hulle vroeër gesê het dat hulle vertroue in hom verloor het.

Vroeër het ANC woordvoerder, Jessie Duarte gesê dat Mbeki se brief aan die party nie bekend gemaak sal word nie, het die SABC berig.   

сколько стоит построитьФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae