Zambiese regering reg om oproer by stembusse te hanteer

Image

Rupia Banda, saam met prinses Astrid van Belgi?

13:30:57 Zambiërs het Woensdag na die stembusse gegaan om ‘n nuwe president te kies, terwyl polisie en soldate op  'n gereedheidsgrondslag was vir uitbreek van geweld nadat die opposisie die regering daarvan beskuldig het dat hy die uitslae wou kook.

Waarnemende president Rupiah Banda en opposisieleier Michael Sata loop baie gelyk in ‘n stryd om die presidentskap nadat president Levy Mwanawasa in Augustus aan ‘n beroerte oorlede is.

Sata het reeds die verkiesingsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle beplan om die uitslae te kook, waarna die polisie en weermag op hoë vlakke van gereedheid geplaas is uit vrees vir geweld wanneer die eerste uitslae bekendgemaak word, wat waarskynlik reeds laat Donderdagaand kan wees.

Kort rye mense het gewag dat stembusse teen 6:00 oopmaak in sentraal-Lusaka, sodat hulle kan stem in die 12 ure wat die busse oop gaan wees. Polisie en waarnemers was wel oral sigbaar.

“Ek het teen 04:20 wakker geword, en was net voor 5-uur hier gewees” het Jossi Phiri (40) gesê, wat saam met sy vrou eerste was in die ry by een van die stempunte in sentraal-Lusaka.

Phiri het gesê die stryd tussen die twee is baie naby, en net die stemme sal die uitslag kan bepaal.

Gedurende die finale aanloop tot die verkiesing het Sata sy ondersteuners aangemoedig om buite die stempunte te slaap om enige konkelry met die stemme te verhoed.

Banda het weer op sy beurt gesê dat hy geen ontwrigting van die stemproses sal duld nie.

“Niemand sal toegelaat word om vrede in die land te ontwrig nie. Tot die verkiesingsresultate beskikbaar is, bly ek president, en ek sal dit nie toelaat nie,” het die 71-jarige oud-diplomaat by ‘n laaste saamtrek van 10 000 ondersteuners in Lusaka gesê.

Hy het beloof om in die voetspore van Mwanawasa te volg, wat deur die Weste geprys is vir sy ekonomiese rekord en gewilligheid om Mugabe te kritiseer.

“Ek sal voortbou op die beleid en programme wat Mwanawasa begin het, en ek sal dit voltooi en uitbrei,” het Banda, wat die kandidaat vir die regerende (MMD) Movement for Multiparty Democracy is, gesê.

Sata, wat by sy finale byeenkoms gepraat het in ‘n beter deel van Lusaka, het sy volgelinge gewaarsku teen stemmebedrog.

“Ons moet gaan kyk. Terwyl julle hier is, maak hulle gereed om met die stemme te knoei. Julle moet gaan en elke stempunt besoek om daarteen te waak,” het hy aan sy ondersteuners gesê.

Sata beweer dat hy van ‘n oorwinning in die 2006-verkiesing beroof is, toe sy volgelinge dae lank in protes oproer veroorsaak het. Sata het gesê dat hy nie geweld goedkeur nie, maar dat hy nie die saak daardie tyd hof toe genaam het om die uitslag te betwis nie.

Zambië se weermaghoof, generaal Isaac Shisuze, het Woensdag die weermag op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om enige onrus te kan teenwerk.

Die wenner van die verkiesing Donderdag sal die oorblywende tydperk van Mwanawasa se termyn tot 2011 uitdien.        

фото моторных яхтАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae