Fawu verwelkom Mbeki se lojaliteit aan ANC

Die Voedsel- en Verwante Werkersunie (Fawu)  het Woensdag voormalige President Thabo Mbeki se belofte van lojaliteit aan die ANC verwelkom. 

Fawu sê in 'n verklaring dit was hoog tyd omdat Mosiuoa Lekota en Mbhazima Shilowa die naam van die voormalige president gebruik om steun te werf onder mense wat waarskynlik navolgers van Mbeki is.

Fawu se siening is dat dit sal help om die lug te suiwer vir die lede en leiers van die ANC wat hulle lidmaatskap van die beweging in twyfel trek of diegene wat dit steeds oorweeg om by die, wat Fawu  renegate noem, aan te sluit.

Die unie doen 'n beroep op die ANC-leierskap om  diegene wat steeds beweer dat hulle verward is oor die trou van Thabo Mbeki, en  wat teen die organisasie werk, te vra om dit te verlaat en nie toegelaat word om dit van binne te destabiliseer nie.

из хрусталялобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae