Time Inc. verloor poste

Time Inc. wat ‘n skerp daling in advertensie-inkomste in die gesig staar, het ‘n grootskaalse herstrukturering aangekondig wat dalk die verlies van tussen 300 en 700 poste kan beteken.

Time-voorsitter en hoofuitvoerendebeampte, Ann Moore, het die herorganisasie van die bedryfseenhede van die grootste Amerikaanse tydskrifgroep in ‘n omsendbrief wat laat Dinsdag versprei is aan personeellede bekendgemaak.

Moore het niks genoem van poste wat verlore sal gaan nie, maar die New York Times het Woensdag gesê dat Time, ‘n divisie van media-vermaak reus, Time Warner, wat meer as 10 000 werknemers het 6 % van sy werksmag sal moet laat gaan. Dit is meer as 600 poste.

Advertising Age wat maatskappy uitvoerende beamptes aanhaal, het gesê dat tussen 300 en 700 poste in die slag kan bly.

Indien bevestig, kan dit die nuutste wees in ‘n week waarin Gannett Co. Inc., die grootste Amerikaanse koerantgroep reeds 10 % van sy werksmag laat gaan het, en die Los Angeles Times 75 van sy redaksionele poste moes sny.

Advertensie inkomste uit die gedrukte media het by al die koerante en tydskrifte regoor die land gekrimp omdat meer lesers aanlyn gaan om hulle nuus te lees.     

тамбов ударныйДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae