”n Land waar alles moontlik is’

“As daar iemand is wat twyfel of die VSA ’n land is waar alles moontlik is. . . is vanaand vir hulle die antwoord.”

 

Só het sen. Barack Obama Woensdagoggend [plaaslike tyd] aan ’n reuse-gehoor in Chicago gesê kort nadat hy as die VSA se 44ste en eerste swart president verkies is.

 

Internasionale nuusmedia, waaronder SkyNews, het Obama omstreeks 06:00vm Woensdag as oorwinnaar aangekondig.

 

Obama het aan ondersteuners gesê “verandering het na Amerika gekom” en het Amerikaners gevra om ’n gevoel van samehorigheid te ondersteun om só Amerika se probleme op te los.

 

Oor sen. John McCain en sy ondersteuners het hy gesê: “Hy het hard geveg tydens sy veldtog, hy het hard geveg vir Amerika. Hy het baie opofferings gemaak. Ek sien uit daarna om saam met hulle te werk.”

 

Hy het sy verkose visepresident, Joe Biden, bedank en ook sy vrou en twee dogters.

 

Pres. Kgalema Motlanthe van Suid-Afrika het Obama geluk gewens ná hy as die eerste swart president van Amerika verkies is.

 

Hy het die hoop uitgespreek dat Obama se verkiesing sal help om ook verandering in Afrika te bewerkstellig.

 

Die Europese Unie het ook Obama se oorwinning geloof. купить сход развалданильченко юрій броніславович

Obama word eerste swart Amerikaanse president

Image08:23:10 Die Amerikaanse verkose president, Barack Obama, het Dinsdag belowe dat “Amerika gaan verander” gedurende sy oorwinningstoespraak nadat hy die eerste Afro-Amerikaner geword het wat die presidentskap van die VSA verower het.

“Dit was vir ‘n lang tyd op pad gewees. Maar vanaand, as gevolg van wat ons gedoen het op hierdie dag, in hierdie verkiesing, op dié geskiedkundige oomblik, het verandering na Amerika gekom,” het hy aan ‘n skare van 65 000 mense gesê.

Hy het lof toegeswaai aan sy veldtogspan, sy vrou, sy kinders en sy ouma wat onlangs oorlede is.

“Tesame met die familie wat my gevorm het in wat ek is. Ek mis hulle vanaand. Ek weet dat hulle meer vir my gedoen het as wat ek ooit kan teruggee,”   het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat hy nooit die mees waarskynlike kandidaat was nie, en dat hulle sonder baie geld of ondersteuning begin het.

“Ons veldtog is nie in Washington se gange uitgedink nie. Dit het begin in die agterplase in Des Moines en die sitkamers en op die stoepe in Charleston,” het hy later gesê.

read full plays onlineДанильченко Юрий отзывы

Ultranasionaliste, Poetinondersteuners betoog

Image17:57:31 Ultranasionaliste het Dinsdag gesalueer en pro-Kremlinjeug het lof uitgeroep vir eerste minister Wladimir Poetin op verskeie plekke in Rusland op die Volk se Eenheidsdagvieringe, 'n vakansiedag.

In ’n informele betoging wat begin het in ‘n sentraal-Moskouse metrostasie, het honderde verregse betogers “Glorie aan Rusland” en “Glorie aan Russiese mense” begin uitroep.

Omtrent 500 mense het in ‘n straat afbeweeg voordat onluspolisie op die toneel verskyn  het en die klomp met knuppels uitmekaar gejaag het.

Russiese nuusagentskappe wat verskillende bronne aanhaal, het gesê tussen 200 en 400 mense is gearresteer, hoewel ‘n ander betoging elders in die stad met meer as 1000 verregse aktiviste toegelaat is.

“Die bedreiging kom van die onwettige immigrante. Die regering trek voordeel uit hulle goedkoop arbeid,” het ‘n jeugdige gesê wat ‘n rooi angelier vashou.

In iets wat herinner aan etniese spanning in Rusland het nuusagentskappe gesê dat sewe mense beseer is in ‘n geveg in ‘n openbare park Maandagaand tussen ultra-nasionaliste en donkervelmense wat van die Kaukasiese deel van Rusland se suidelike gebied kom.

Dié wat betrokke was, was met messe en vuisysters bewapen, het die polisie gesê.

Die Volk se Eenheidsdag is die eerste keer gevier in 2005 op die herdenking van die uitsetting uit Moskou van ‘n Pools-Litouse militêre aanslag in 1612.

Omtrent 5 000 mense het ‘n pro-Kremlingeleentheid bygewoon, het die RIA-Novosti-nuusagentskap gesê.

Aktiviste van Poetin se Verenigde Ruslandparty en die jeugwagvleuel het slagspreuke geskree,:“Ons glo in Rusland, ons glo in onsself” en “Poetin! Party! Jeugwag!”

Op 1 November het die Verenigde Russiese Jeugwag ‘n veldtog geloots teen onwettige immigrante getiteld “Ons geld vir ons mense”, wat hulle sê patrollies van die land se dokke sal insluit op soek na onwettige immigrante.

Russiese nuusagentskapverslae het ook gesê dat verregse optogte plaasgevind het in Chita, Krasnojarsk, Nowosibirsk, St. Petersburg en Wladiwostok, met anti-nasionale aktiviste wat probeer het om die Nowosibirsk-optog uiteen te jaag.

интернет магазин черкассыДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Rwanda kritiseer internasionale inmenging in DRK

Rwanda het Dinsdag die internasionale gemeenskap se voorneme om die krisis in die DRK op te los, skerp gekritiseer en gesê die manier waarop dit aangepak word berus op 'n "wanpersepsie".

Die ministerie van buitelandse sake in Kigali het 'n verklaring uitgereik waarin hulle dié stelling maak. "Die wanpersepsie lei daartoe dat sekere partye wil tussenbeide tree om 'n ontmoeting tussen die staatshoofde van Rwanda en die DRK te reël as 'n oplossing vir die interne krisis in die DRK, " lui die verklaring.

справка 086уДанильченко Юрий Харьков

‘Japan is soos Noord-Korea’

Japan se afgedankte lugmaghoof het dié land se vlakke van demokrasie vergelyk met dié van Noord-Korea, terwyl die regering probeer het om vure dood te slaan van die woordeoorlog wat uitgebreek het oor sy stelling dat Japan nie ‘n oorlogsaggressor was nie.

“Indien mens nie toegelaat word om selfs ‘n woord te sê wat teen die regering se stellings spreek nie, kan mens nie die land demokraties noem nie,” het generaal Toshio Tamogami laat Maandag op ‘n perskonferensie gesê.

“Dit is net soos in Noord-Korea” het hy ook gesê.

Tamogami in ontslaan nadat hy in ‘n essay gesê het dat Japan valslik beskuldig is dat hy die aggressor is en het ‘n beroep gedoen op die volk om elemente van hul Post-Tweedewêreldoorlogpasifisme af te skud.

Japan se opposisie wat een huis in die parlement beheer en reeds voorloop in sommige opnames, het besluit om Tamogami in te roep vir ‘n parlementêre verhoor.

Die verhoor sal na verwagtinge samesprekinge oor ‘n kontroversiële vlootsending om Amerikaanse magte te ondersteun in Afghanistan heelwat uitrek.

In die essay het Tamogami ook gesê dat President Rooseveldt Japan met ‘n strik uitgelok het om Pearlhawe aan te val, maar dat Amerika later alle blaam vir die oorlog op die Japanese geplaas het.      

ds dentalлобановский александр

Standaard van rekenmeesters daal drasties by Wits

14:16:54 Die Suid-Afrikaanse instituut vir geoktrooieerde rekenmeesters (Saigr) dreig nou om die universiteit van die Witwatersrand se akkreditasie vir die skool vir rekeningkunde terug te trek.

Dit kan ‘n harde slag wees vir die universiteit en een van die belangrikste beroepe vir Suid-Afrika se ekonomiese sukses.

Die Saigr het twee keer in die laaste weke aan die universiteit se vise-kanselier, Loyisa Nongxa, geskryf om hom en sy adjunk, Yunus Ballim te ontmoet vir ’n vergadering om die dalende standaarde en die groter wordende krisis by die fakulteit aan te spreek. Voorheen is Wits gereken as ‘n toonaangewende universiteit wat dié vakgebied betref.

Nóg Nongxa nóg Ballim het die vergadering bygewoon waar die Saigr die eerste keer die bevindings van dalende standaarde bekendgemaak het nie.

Die Saigr probeer nou om die twee in ‘n vergadering te kry om die erns van die saak tuis te bring.

Die Saigr reguleer die rekenkundige beroep en die kwaliteit van Suid-Afrikaanse rekeningkunde is dikwels genoem as een van die redes hoekom buitelanders hier belê.

Gary Schwartz, ‘n senior lid van die fakulteit , het verlede maand in ‘n desperate nota aan die Saigr se hoofuitvoerendebeampte gesê dat sommige probleme by die skool van terminale aard is.

free downloads casinoЛобановский Харьков

Duitse LP ondersteun Sjariawette

‘n Liberale regeringsamptenaar in die suid-Duitse staat, Beiere, het sy steun toegesê aan die implimentering van Sjaria-wetgewing in sy konserwatiewe tuisstaat, het die koerant Sueddeutsche Zeiting gesê.

George Barfuss van die Vrye Demokratiese Party (FDP) het gesê Sjaria moet toegelaat word waar dit versoenbaar is met die konstitusie.

Die LP, wat ook die integrasiekommissaris in Beiere is, het bygevoeg dat sleutelelemente van Moslemlewe soos gebed, vas en pelgrimstogte na Mekka amptelik in Beiere aanvaar moet word.

Barfuss het sterk ondersteuning uitgespreek dat nuwe moskees in sy staat gebou moet word.

“Moslems moet toegelaat word om soveel moskees te bou as wat hulle wil” het hy gesê.

Volgens statistiek wat deur die Islam-argief sentrale instituut, wat in Soest in Wes-Duitsland is, is daar tans 159 moskees regoor Duitsland, tesame met ongeveer 2600 gebedskamers, samekomsplekke, skoolmoskees en Islamitiese gebedsplekke.

Daar is ook planne vir ongeveer 184 moskees, meestal in westelike Duitsland, waar ‘n groot deel van die bevolking van Turkse Moslemafkoms is.

Duisburg, ‘n stad in westelike Duitsland, is die tuiste van Duitsland se grootste moskee.

Duitsland se minister van binnelandse sake, Wolfgang Schaeuble, het by herhaling beklemtoon dat die bou van kerke, sinagoges en moskees nie as ‘n bedreiging beskou moet word nie, maar as ‘n verryking. Volgens hom het Islam nou deel van die land geword.

Daar is 3,5 miljoen Moslems in Duitsland, waarvan 2,5 miljoen Turke is.      

люстры потолочные длятопкарго отзыв

New Hampshire het weer om middernag gestem

11:01:03 Inwoners van twee klein New Hampshire-dorpies het die Amerikaanse presidentsverkiesing simbolies afgeskop Dinsdag,

Image

Dixville Notch

deur teen middernag die eerste stemme uit te bring, het CNN-televisie berig.

Kiesers in Dixville Notch het 15-6 in Obama se guns gestem. Obama was McCain ver voor in die nasionale opnames, het CNN op sy webwerf berig. Dit is die eerste keer wat die dorpie vir ‘n Demokraat gestem het sedert 1968, het die netwerk gesê.

Nog ‘n New Hampshire-dorpie, Hart’s Location,  het ook om middernag gestem volgens die baie ou verkiesingstradisie.

to playФільчаков Олександр Васильович

Indiese ruimtetuig veilig in buitenste ruimte

10:53:53 Indië se eerste onbemande maansending het die ruimte vroeg op Dinsdag binnegegaan as deel van die finale tog na

Image

Chandrayaan-1 styg op

‘n wentelbaan om die maan, het ‘n hooggeplaaste ruimtevaartbeampte gesê.

Die Chandrayaan-1-ruimtetuig is gelanseer met ‘n Indies-vervaardigde vuurpyl op 22 Oktober vanaf die land se suidoostelike kus.

S. Satish, direkteur van die Indiese ruimtenavorsingsorganisasie,  het aan AFP gesê dat die operasie om die Chandrayaan in die ruimte te kry baie suksesvol was.

Die ruimtetuig is nou 1 000 km van die maan af, wat die tuig se toerusting in staat stel om foto’s te neem vir terreinkaarte van die maan.

Wetenskaplikes berei nou voor vir die volgende belangrike fase, om die tuig teen Saterdag in ‘n maanwentelbaan te kry op ‘n hoogte van omtrent 100 km bo die maanoppervlak.

Wanneer die tuig ‘n week lank in die wentelbaan gestabiliseer het, gaan toerusting na die maan se oppervlak gestuur word.

Chandrayaan het 11 vragte, vyf van Indië af en ander van oorsee.

Gedurende die tweejaarsending, gaan daar ‘n gedetaileerde kaart van die minerale, chemiese en topografiese eienskappe van die maanoppervlak gemaak word.

Die sending kos Indië 80 miljoen dollar.

для дівчаток ігрилобановский александр игоревич

NV steeds op Zuma se spoor

11:53:04 Die Nasionale vervolgingsgesag (NV) het Maandag dokumente voorgelê vir hulle argument in die hooggeregshof teen

Image

Jacob Zuma

die uitspraak van ongeldige klagtes teen Jacob Zuma.

Regter Chris Nicholson het verlede maand aan die staat verlof om appèl toegestaan teen die hof se uitspraak op 12 September.

In die toestemming tot appèl, het regter Nicholson gesê dit was ‘n komplekse saak. Sekere dele van die konstitusie is nog nooit voorheen so aangespreek nie, en het hom lank en ernstig laat dink.

Op 12 September het Nicholson uitspraak gelewer dat die staat se besluit om Zuma te vervolg onwettig was, aangesien hulle nie aan hom kans gegee het om te reageer op die klagtes nie.

Zuma het een klag van geldwassery, een van omkopery, twee van korrupsie en twaalf van bedrog in die gesig gestaar in verband met die multimiljardrandregeringswapenstransaksies.

Hy is in 2005 aangekla, maar die saak is in 2006 van die rol geskrap. Hy is weer in Desember 2007 heraangekla.

Die NV het in dokumente aan die Bloemfonteinse hof gesê dat die besluit om Zuma te vervolg ‘n “vars” besluit was. Die besluit is geneem nadat die besluit om te vervolg deur Vusi Pikoli, voormalige NV-hoof, deur regter J Msimang beëindig is en die saak in September 2006 van die rol geskrap was. Na verwagting sou die staat ook betoog lewer oor hoekom Zuma verwag het dat die saak nie met ‘n verhoor sou eindig nie, en as hy sulke verwagtings gehad het, dat dit verkeerd was.

Rondom die politieke inmenging wat regter Nicholson gevind het, was dit vir die NV onduidelik oor hoekom hy die bevindings gemaak het.

Regter Nicholson het bevind dat verskeie ministers van justisie op nie-behoorlike wyse ingemeng het met die VG se besluit oor die jare, eers om Zuma nie aan te kla nie, en om hom toe later wel aan te kla.

Die VG het aangevoer dat hulle gaan argumenteer dat die regter nie daardie bevindings moes maak nie, aangesien dit nog nie voorheen deur enige iemand aangeraak was nie. Verder word daar gesê dat dit irrelevant was tot die saak en ‘n onregverdige analise van bewyse was.

Dit is onbekend wanneer Zuma se verdedigingspan hulle saak by die Bloemfonteinse hof gaan indien.

‘n Hofbeampte het gesê die president van die appèlhof, regter Lex Mpati was besig met oorweging oor hoe die appèlsaak hanteer moet word.

Regter Mpati mag besluit, volgens die reëls van die appèlhof, of die aansoek as ‘n prioriteitsappèl hanteer gaan word.

Onder die omstandighede word ‘n afwyking van die normale tydsbeperkinge wat met appèlsake geld gevolg.

VG-woordvoerder, Tlali Tlali, het Maandag gesê die staat het die appèlhof gevra dat die saak so gou moontlik aandag moet geniet.

Hy het gesê dat dit in openbare belang is dat die saak vinnige aandag geniet. 

светодиодные светильники для уличного освещения на столбФильчаков Александр Васильевич