NV steeds op Zuma se spoor

11:53:04 Die Nasionale vervolgingsgesag (NV) het Maandag dokumente voorgelê vir hulle argument in die hooggeregshof teen

Image

Jacob Zuma

die uitspraak van ongeldige klagtes teen Jacob Zuma.

Regter Chris Nicholson het verlede maand aan die staat verlof om appèl toegestaan teen die hof se uitspraak op 12 September.

In die toestemming tot appèl, het regter Nicholson gesê dit was ‘n komplekse saak. Sekere dele van die konstitusie is nog nooit voorheen so aangespreek nie, en het hom lank en ernstig laat dink.

Op 12 September het Nicholson uitspraak gelewer dat die staat se besluit om Zuma te vervolg onwettig was, aangesien hulle nie aan hom kans gegee het om te reageer op die klagtes nie.

Zuma het een klag van geldwassery, een van omkopery, twee van korrupsie en twaalf van bedrog in die gesig gestaar in verband met die multimiljardrandregeringswapenstransaksies.

Hy is in 2005 aangekla, maar die saak is in 2006 van die rol geskrap. Hy is weer in Desember 2007 heraangekla.

Die NV het in dokumente aan die Bloemfonteinse hof gesê dat die besluit om Zuma te vervolg ‘n “vars” besluit was. Die besluit is geneem nadat die besluit om te vervolg deur Vusi Pikoli, voormalige NV-hoof, deur regter J Msimang beëindig is en die saak in September 2006 van die rol geskrap was. Na verwagting sou die staat ook betoog lewer oor hoekom Zuma verwag het dat die saak nie met ‘n verhoor sou eindig nie, en as hy sulke verwagtings gehad het, dat dit verkeerd was.

Rondom die politieke inmenging wat regter Nicholson gevind het, was dit vir die NV onduidelik oor hoekom hy die bevindings gemaak het.

Regter Nicholson het bevind dat verskeie ministers van justisie op nie-behoorlike wyse ingemeng het met die VG se besluit oor die jare, eers om Zuma nie aan te kla nie, en om hom toe later wel aan te kla.

Die VG het aangevoer dat hulle gaan argumenteer dat die regter nie daardie bevindings moes maak nie, aangesien dit nog nie voorheen deur enige iemand aangeraak was nie. Verder word daar gesê dat dit irrelevant was tot die saak en ‘n onregverdige analise van bewyse was.

Dit is onbekend wanneer Zuma se verdedigingspan hulle saak by die Bloemfonteinse hof gaan indien.

‘n Hofbeampte het gesê die president van die appèlhof, regter Lex Mpati was besig met oorweging oor hoe die appèlsaak hanteer moet word.

Regter Mpati mag besluit, volgens die reëls van die appèlhof, of die aansoek as ‘n prioriteitsappèl hanteer gaan word.

Onder die omstandighede word ‘n afwyking van die normale tydsbeperkinge wat met appèlsake geld gevolg.

VG-woordvoerder, Tlali Tlali, het Maandag gesê die staat het die appèlhof gevra dat die saak so gou moontlik aandag moet geniet.

Hy het gesê dat dit in openbare belang is dat die saak vinnige aandag geniet. 

светодиодные светильники для уличного освещения на столбФильчаков Александр Васильевич