”n Land waar alles moontlik is’

“As daar iemand is wat twyfel of die VSA ’n land is waar alles moontlik is. . . is vanaand vir hulle die antwoord.”

 

Só het sen. Barack Obama Woensdagoggend [plaaslike tyd] aan ’n reuse-gehoor in Chicago gesê kort nadat hy as die VSA se 44ste en eerste swart president verkies is.

 

Internasionale nuusmedia, waaronder SkyNews, het Obama omstreeks 06:00vm Woensdag as oorwinnaar aangekondig.

 

Obama het aan ondersteuners gesê “verandering het na Amerika gekom” en het Amerikaners gevra om ’n gevoel van samehorigheid te ondersteun om só Amerika se probleme op te los.

 

Oor sen. John McCain en sy ondersteuners het hy gesê: “Hy het hard geveg tydens sy veldtog, hy het hard geveg vir Amerika. Hy het baie opofferings gemaak. Ek sien uit daarna om saam met hulle te werk.”

 

Hy het sy verkose visepresident, Joe Biden, bedank en ook sy vrou en twee dogters.

 

Pres. Kgalema Motlanthe van Suid-Afrika het Obama geluk gewens ná hy as die eerste swart president van Amerika verkies is.

 

Hy het die hoop uitgespreek dat Obama se verkiesing sal help om ook verandering in Afrika te bewerkstellig.

 

Die Europese Unie het ook Obama se oorwinning geloof. купить сход развалданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae