SAOG-leiers byeen oor Zim

Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) kom Sondag in Suid-Afrika byeen om die dooiepunt by te lê wat dreig om magsdelingsonderhandelings in Zimbabwe te kelder.

 

Die geskil tussen Robert Mugabe se regerende Zanu-PF en Morgan Tsvangirai se MDC handel oor sleutelkabinetsposte in ’n eenheidsregering waarop die leiers op 15 September in beginsel ooreengekom het.

 

Nelson Chamisa, woordvoerder van die MDC, het gesê Tsvangirai sal die spitsberaad bywoon. “Die SAOG moet sy invloed gebruik, veral sodat Mugabe rede insien en besef dat mense ly.”

 

President Seretse Khama Ian Kha­ma van Botswana het Maandag gesê die enigste uitweg is ’n herverkiesing onder internasionale toe­sig. il paralumeФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae