“Ek wil aankondig dat Barack Obama die president is” het sy gesê.
Ten spyte daarvan dat daar van haar verwag word om onpartydig te wees, het die groot glimlag haar duidelik weggegee.
CNN het voorspel dat die senator van Illinois, wat die verkiesings met sy boodskap van hoop aan die brand gehad het, ‘n duidelike oorwinning sou behaal.
“Dis is ‘n historiese oomblik” het Mayberry gesê. “Die atmosfeer hier is elektries, dit is rêrig goeie tye “
‘n Skare van omtrent 150 prominente Suid-Afrikaners en Amerikaners wat in Kaapstad woon het by die konsulaatsgebou in Bishopscourt byeengekom teen vyfuur om die verkiesing te sien uitspeel.
“Dit is verfrissend om Amerikaanse aksente te hoor in die agtergrond” het ‘n Amerikaans burger, Dana Myers gesê, en opgemerk dat hy die verkiesingsatmosfeer in sy tuisland gemis het.
Skares het rondom grootskermtelevisies saamgedrom, om die aksie wat tussen rooi en blou versierings afgespeel het dop te hou.
Kaapstad se burgemeester, Grant Haskins, het langs komediant Peter Dirk Uys gestaan en kyk .
Speaker van die parlement, Gwen Mahlangu-Nkabinde sou later die skare toespreek tydens ontbyt.
