“Dit was vir ‘n lang tyd op pad gewees. Maar vanaand, as gevolg van wat ons gedoen het op hierdie dag, in hierdie verkiesing, op dié geskiedkundige oomblik, het verandering na Amerika gekom,” het hy aan ‘n skare van 65 000 mense gesê.
Hy het lof toegeswaai aan sy veldtogspan, sy vrou, sy kinders en sy ouma wat onlangs oorlede is.
“Tesame met die familie wat my gevorm het in wat ek is. Ek mis hulle vanaand. Ek weet dat hulle meer vir my gedoen het as wat ek ooit kan teruggee,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat hy nooit die mees waarskynlike kandidaat was nie, en dat hulle sonder baie geld of ondersteuning begin het.
“Ons veldtog is nie in Washington se gange uitgedink nie. Dit het begin in die agterplase in Des Moines en die sitkamers en op die stoepe in Charleston,” het hy later gesê.

08:23:10 Die Amerikaanse verkose president, Barack Obama, het Dinsdag belowe dat “Amerika gaan verander” gedurende sy oorwinningstoespraak nadat hy die eerste Afro-Amerikaner geword het wat die presidentskap van die VSA verower het.