“Indien mens nie toegelaat word om selfs ‘n woord te sê wat teen die regering se stellings spreek nie, kan mens nie die land demokraties noem nie,” het generaal Toshio Tamogami laat Maandag op ‘n perskonferensie gesê.
“Dit is net soos in Noord-Korea” het hy ook gesê.
Tamogami in ontslaan nadat hy in ‘n essay gesê het dat Japan valslik beskuldig is dat hy die aggressor is en het ‘n beroep gedoen op die volk om elemente van hul Post-Tweedewêreldoorlogpasifisme af te skud.
Japan se opposisie wat een huis in die parlement beheer en reeds voorloop in sommige opnames, het besluit om Tamogami in te roep vir ‘n parlementêre verhoor.
Die verhoor sal na verwagtinge samesprekinge oor ‘n kontroversiële vlootsending om Amerikaanse magte te ondersteun in Afghanistan heelwat uitrek.
In die essay het Tamogami ook gesê dat President Rooseveldt Japan met ‘n strik uitgelok het om Pearlhawe aan te val, maar dat Amerika later alle blaam vir die oorlog op die Japanese geplaas het.
