Die ministerie van buitelandse sake in Kigali het 'n verklaring uitgereik waarin hulle dié stelling maak. "Die wanpersepsie lei daartoe dat sekere partye wil tussenbeide tree om 'n ontmoeting tussen die staatshoofde van Rwanda en die DRK te reël as 'n oplossing vir die interne krisis in die DRK, " lui die verklaring.
