Standaard van rekenmeesters daal drasties by Wits

14:16:54 Die Suid-Afrikaanse instituut vir geoktrooieerde rekenmeesters (Saigr) dreig nou om die universiteit van die Witwatersrand se akkreditasie vir die skool vir rekeningkunde terug te trek.

Dit kan ‘n harde slag wees vir die universiteit en een van die belangrikste beroepe vir Suid-Afrika se ekonomiese sukses.

Die Saigr het twee keer in die laaste weke aan die universiteit se vise-kanselier, Loyisa Nongxa, geskryf om hom en sy adjunk, Yunus Ballim te ontmoet vir ’n vergadering om die dalende standaarde en die groter wordende krisis by die fakulteit aan te spreek. Voorheen is Wits gereken as ‘n toonaangewende universiteit wat dié vakgebied betref.

Nóg Nongxa nóg Ballim het die vergadering bygewoon waar die Saigr die eerste keer die bevindings van dalende standaarde bekendgemaak het nie.

Die Saigr probeer nou om die twee in ‘n vergadering te kry om die erns van die saak tuis te bring.

Die Saigr reguleer die rekenkundige beroep en die kwaliteit van Suid-Afrikaanse rekeningkunde is dikwels genoem as een van die redes hoekom buitelanders hier belê.

Gary Schwartz, ‘n senior lid van die fakulteit , het verlede maand in ‘n desperate nota aan die Saigr se hoofuitvoerendebeampte gesê dat sommige probleme by die skool van terminale aard is.

free downloads casinoЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae