Duitse LP ondersteun Sjariawette

‘n Liberale regeringsamptenaar in die suid-Duitse staat, Beiere, het sy steun toegesê aan die implimentering van Sjaria-wetgewing in sy konserwatiewe tuisstaat, het die koerant Sueddeutsche Zeiting gesê.

George Barfuss van die Vrye Demokratiese Party (FDP) het gesê Sjaria moet toegelaat word waar dit versoenbaar is met die konstitusie.

Die LP, wat ook die integrasiekommissaris in Beiere is, het bygevoeg dat sleutelelemente van Moslemlewe soos gebed, vas en pelgrimstogte na Mekka amptelik in Beiere aanvaar moet word.

Barfuss het sterk ondersteuning uitgespreek dat nuwe moskees in sy staat gebou moet word.

“Moslems moet toegelaat word om soveel moskees te bou as wat hulle wil” het hy gesê.

Volgens statistiek wat deur die Islam-argief sentrale instituut, wat in Soest in Wes-Duitsland is, is daar tans 159 moskees regoor Duitsland, tesame met ongeveer 2600 gebedskamers, samekomsplekke, skoolmoskees en Islamitiese gebedsplekke.

Daar is ook planne vir ongeveer 184 moskees, meestal in westelike Duitsland, waar ‘n groot deel van die bevolking van Turkse Moslemafkoms is.

Duisburg, ‘n stad in westelike Duitsland, is die tuiste van Duitsland se grootste moskee.

Duitsland se minister van binnelandse sake, Wolfgang Schaeuble, het by herhaling beklemtoon dat die bou van kerke, sinagoges en moskees nie as ‘n bedreiging beskou moet word nie, maar as ‘n verryking. Volgens hom het Islam nou deel van die land geword.

Daar is 3,5 miljoen Moslems in Duitsland, waarvan 2,5 miljoen Turke is.      

люстры потолочные длятопкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae