Ultranasionaliste, Poetinondersteuners betoog

Image17:57:31 Ultranasionaliste het Dinsdag gesalueer en pro-Kremlinjeug het lof uitgeroep vir eerste minister Wladimir Poetin op verskeie plekke in Rusland op die Volk se Eenheidsdagvieringe, 'n vakansiedag.

In ’n informele betoging wat begin het in ‘n sentraal-Moskouse metrostasie, het honderde verregse betogers “Glorie aan Rusland” en “Glorie aan Russiese mense” begin uitroep.

Omtrent 500 mense het in ‘n straat afbeweeg voordat onluspolisie op die toneel verskyn  het en die klomp met knuppels uitmekaar gejaag het.

Russiese nuusagentskappe wat verskillende bronne aanhaal, het gesê tussen 200 en 400 mense is gearresteer, hoewel ‘n ander betoging elders in die stad met meer as 1000 verregse aktiviste toegelaat is.

“Die bedreiging kom van die onwettige immigrante. Die regering trek voordeel uit hulle goedkoop arbeid,” het ‘n jeugdige gesê wat ‘n rooi angelier vashou.

In iets wat herinner aan etniese spanning in Rusland het nuusagentskappe gesê dat sewe mense beseer is in ‘n geveg in ‘n openbare park Maandagaand tussen ultra-nasionaliste en donkervelmense wat van die Kaukasiese deel van Rusland se suidelike gebied kom.

Dié wat betrokke was, was met messe en vuisysters bewapen, het die polisie gesê.

Die Volk se Eenheidsdag is die eerste keer gevier in 2005 op die herdenking van die uitsetting uit Moskou van ‘n Pools-Litouse militêre aanslag in 1612.

Omtrent 5 000 mense het ‘n pro-Kremlingeleentheid bygewoon, het die RIA-Novosti-nuusagentskap gesê.

Aktiviste van Poetin se Verenigde Ruslandparty en die jeugwagvleuel het slagspreuke geskree,:“Ons glo in Rusland, ons glo in onsself” en “Poetin! Party! Jeugwag!”

Op 1 November het die Verenigde Russiese Jeugwag ‘n veldtog geloots teen onwettige immigrante getiteld “Ons geld vir ons mense”, wat hulle sê patrollies van die land se dokke sal insluit op soek na onwettige immigrante.

Russiese nuusagentskapverslae het ook gesê dat verregse optogte plaasgevind het in Chita, Krasnojarsk, Nowosibirsk, St. Petersburg en Wladiwostok, met anti-nasionale aktiviste wat probeer het om die Nowosibirsk-optog uiteen te jaag.

интернет магазин черкассыДанильченко Юрий Брониславович Харьков