Indiese ruimtetuig veilig in buitenste ruimte

10:53:53 Indië se eerste onbemande maansending het die ruimte vroeg op Dinsdag binnegegaan as deel van die finale tog na

Image

Chandrayaan-1 styg op

‘n wentelbaan om die maan, het ‘n hooggeplaaste ruimtevaartbeampte gesê.

Die Chandrayaan-1-ruimtetuig is gelanseer met ‘n Indies-vervaardigde vuurpyl op 22 Oktober vanaf die land se suidoostelike kus.

S. Satish, direkteur van die Indiese ruimtenavorsingsorganisasie,  het aan AFP gesê dat die operasie om die Chandrayaan in die ruimte te kry baie suksesvol was.

Die ruimtetuig is nou 1 000 km van die maan af, wat die tuig se toerusting in staat stel om foto’s te neem vir terreinkaarte van die maan.

Wetenskaplikes berei nou voor vir die volgende belangrike fase, om die tuig teen Saterdag in ‘n maanwentelbaan te kry op ‘n hoogte van omtrent 100 km bo die maanoppervlak.

Wanneer die tuig ‘n week lank in die wentelbaan gestabiliseer het, gaan toerusting na die maan se oppervlak gestuur word.

Chandrayaan het 11 vragte, vyf van Indië af en ander van oorsee.

Gedurende die tweejaarsending, gaan daar ‘n gedetaileerde kaart van die minerale, chemiese en topografiese eienskappe van die maanoppervlak gemaak word.

Die sending kos Indië 80 miljoen dollar.

для дівчаток ігрилобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae