Die minister van Basiese Onderwys bepeins gelyke uitkomste
Die regering het weggedoen met bevoegdheidstoetse vir onderwysers wat matriekvraestelle wil merk.
Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het aan die parlement gesê die toetse sal slegs weer ingestel word ná samesprekings met die onderwysersvakbond, SADOU.
Die vakbond het oor die toetse gekla nadat talle van sy lede in vorige jare nie kon slaag nie.
Motshekga sê provinsiale onderwysdepartemente is gevra om eers met rolspelers te beraadslaag voordat enige bevoegdheidstoets gedoen word.
Die opdrag van die presidensiële vergoedingskomitee is intussen voltooi en in die Staatskoerant gepubliseer.
Die komitee moet die betaling en diensvoorwaardes in die openbare sektor ondersoek.
Die komitee sal uit net een lid – die voormalige hoofregter Sandile Ngcobo – bestaan.
In ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag het pres. Jacob Zuma gesê die vergoeding van onderwysers sal voorkeur geniet.
Kwessies soos posgrade, werwing, aanstellings en bevordering en prestasiebestuur in die staatsdiens sal ondersoek word.
Die kommissie se werk is met etlike maande vertraag nadat die onderwysersvakbond Sadtu met ’n staking gedreig het.
Die vakbond het onder meer geëis dat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, bedank en haar direkteur-generaal, Bobby Soobrayan, ondersoek word vir beweerde ootredeings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.
Oor sy beleid om die gebruik van Afrikatale in skole te stimuleer, het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gister gesê dat die departement ‘n loodsprojek ondersteun wat aanstaande jaar in 10 skole per distrik ingestel sal word.
“Afrikaans kwalifiseer, gelukkig of ongelukkig, daarvoor. Dis ‘n inheemse taal en daarom pas dit volmaak by die definisie. Selfs die Afrikaanse taal- en kultuurgroepe het gedink dat ons Afrikaans gaan uitlaat.
“Dit pas volmaak by die definisie. Ons het nie teen Afrikaans gediskrimineer nie. Dit sal as een van die tale beskou word waarin ons sê skole behoort as deel van die Afrikatale te onderrig,” het sy gesê.
Dié opmerkings is gemaak tydens ‘n inligtingsessie oor verwikkelinge in die opvoedingsektor, veral wat die kurrikulum betref.
Motshekga het gesê haar departement beskik oor ‘n strategie om die gebruik van Afrikatale in skole te verhoog, asook om onderrig in Engels as ‘n eerste addisionele taal te verskerp.
Twee studies en die matriekuitslae het die negatiewe invloed van swak Engelse taalvermoë op die prestasie van leerlinge beklemtoon, asook die behoefte om die gehalte van Engelse onderrig en leer te verbeter.
“Gevolglik is daar vanaf 2012 begin om alle kinders wat van plan is om deur medium van Engels te leer, reeds in dié taal van graad een af te onderrig.
“Die departement kyk daarna om die gehalte van Engelse onderrig te verbeter, in samewerking met die British Council,” het sy gesê.
Alle Suid-Afrikaanse leerlinge behoort ook van die nodige meubels in skole voorsien te word, het Motshekga voortgegaan.
By die raad van onderwysministers het ons gesê die provinsies behoort daarna te streef om ‘n stoel en ‘n tafel vir elke kind te hê,” het sy in Pretoria gesê.
Die provinsiale onderwysdepartemente is opdrag gegee om hul meubelbehoeftes aan die nasionale owerheid teen 16 Augustus voor te lê.
Sy het gesê die raad van onderwysministers het ‘n nuwe kurrikulum vir vroeëkinderontwikkeling aangeneem, wat aan die doelwitte van die nasionale ontwikkelingsplan voldoen.
Die raad van onderwysministers het ook skole se gereedheid bespreek. Ons beskou normaalweg skole se gereedheid (vir die volgende jaar) in die vierde kwartaal, maar dié keer het ons dit in die derde kwartaal gedoen,” het sy gesê.
“As departement het ons ons daartoe verbind om die aard van ondersteuning wat provinsiale onderwysdepartemente nodig het, nou te volg.” – Sapa en praag
Vakbonde en Engelstalige onderwyskundiges het hul kommer uitgespreek oor die aanleer van ‘n derde taal, en gesê dit kan nie in die oorvol kurrikulum ingepas word nie.
Die Departement van Onderwys het in Mei aangekondig dat ‘n derde taal aangeleer sal word vir Graad R en Graad 1 leerlinge volgende jaar, maar besonderhede oor die implementering is nog nie bekend nie.
Die idee was om “veeltaligheid en sosiale samehorigheid te bevorder” asook Afrika-tale in gebiede waar hulle is nie meer gepraat word nie, te verhoog, het die departement gesê.
Basil Manuel, president van die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van Suid-Afrika, die tweede grootste onderwysersunie in die land, het gesê die gedetailleerde voorsteldokument is dringend nodig.
Manuel het sy kommer uitgespreek oor ‘n derde taal in die kurrikulum. “Daar is ‘n gevoel dat die CAPS kurrikulum propvol is, wat beteken dat onderwysers sal tyd steel van ander vakke, en dit is ‘n probleem.”
Dr Graham Dampier, ‘n dosent in die Universiteit van Johannesburg se departement van onderwys, het gesê die bekendstelling van ‘n derde taal is problematies.
“Eerstens, daar is inligtingoorlading. Ons het reeds onderrig in Engels en ‘n huistaal [in graad 1 tot 3].”
Kinders leer in hulle huistaal vir die eerste drie jaar en bemeester nie Engels goed genoeg om aan te gaan met die slegs-Engels kurrikulum wat begin in graad 4 nie, het hy gesê. Die Suid Afrikaanse Onderwys-Unie het Basiese Onderwys Minister Angie Motshekga gevra om die gebrek aan tyd en ‘n tekort aan onderwysers om ‘n derde taal aan te leer, te bespreek.
Ongeveer 60,7 persent van matrieks het die 2009-eksamens geslaag, wat ‘n daling van effens minder as twee persent teenoor 2008 se syfer verteenwoordig, het die ANC-minister vir basiese onderwys, Angie Motshekga, vanmôre gesê.
Motshekga meen dat, hoewel die daling redelik klein is, dit “baie teleurstellend” is.
In 2008 het 62,5 persent van matrieks geslaag.
“Om te sê dat ons ongelukkig is, is om dit sagkens te stel. Ons het slapelose nagte gehad en ons daaroor bekommer.”
Sy het gesê die departement sal maatreëls in werkings stel om te sorg dat die stelsel verbeter.
Volgens haar het vakke soos wiskunde, natuurwetenskap en rekeningkunde meer aandag nodig.
Alle uitslae vir al die provinsies, Mpumalanga inkluis waar vraestelle uitgelek het, is bekendgemaak en beskikbaar aan studente.
Maandag het Umalusi gesê dat die goedkeuring van die Mpumalanga-uitslae vertraag sou word, na aanleiding van ‘n ondersoek. Dié uitslae is egter ook vandag vrygestel.
Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het meer as R250 000 bestee aan ’n partytjie om haar begrotingstoespraak in die parlement te vier.
George Boinamo, DA-woordvoerder vir onderwys, het aan Motshekga in die parlement gevra wat die geleentheid gekos het.
Die departement van onderwys het aangedui dat die viering R267 044 gekos het.
R50 000 van die bedrag is aan verversings bestee en R20 500 aan vermaak.
Die partytjie, wat deur 250 gaste bygewoon is, was vir die departemente van basiese onderwys en dié van hoër onderwys en opleiding gehou.
Motshekga en haar ampsgenote, Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, en die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se weelderige ampsvoertuie het reeds die oë laat rek.
Motshekga se twee voertuie, ’n Range Rover Sport TDV8 en ’n BMW 730D, het die belastingbetaler R1,7 miljoen armer gelaat.