Wallstraat daal skerp na Obama-oorwinning

ImageWallstraat het weer gedaal terwyl beleggers se kommer oor die globale ekonomiese krisis en ‘n Amerikaanse resessie hoog bly, ‘n dag ná die Demokraat, Barack Obama die Amerikaanse verkiesing met ‘n groot oorwinning ingepalm het.

Die Dow Jones se industriële indeks het 486,01 punte (5,05%) gedaal tot op 9139, 27 en die Nasdaq het  met 98,48 punte (5,53 %) gedaal tot op 1681, 64, om ‘n groeitydperk van 6 sessies te breek.

Die Standard & Poor 500 indeks het 52,98 punte (5,27%) verloor om op 952,77 te eindig.

Die aksies van die markte het die winsteuitgevee, terwyl beleggers gehoop het dat ‘n nuwe president verligting vir die globale finansiële krisis sal bring.

Die verkose president staar die grootste globale finansiële krisis in die gesig sedert die Groot Depressie asook ‘n rits ekonomiese probleme op die tuisfront, insluitend stygende werkloosheid, dalende huispryse en vertroue wat geskend is.

Hy begin in sy pos op 20 Januarie en daardie probleme gaan nie tot dan wag nie, het analiste gesê.

Die dag se makro-ekonomiese nuus het beleggers herinner aan werksprobleme wat reeds die verbruiker gedwing het om minder te spandeer, iets wat die Amerikaanse ekonomie erg benadeel.

Die privaatsektor het reeds in Oktober 157 000 poste verloor, 26 000 meer as in September, het die maandelikse opname van ADP, ‘n betaaldienste firma se maandelikse opname bevind.

‘n Verslag van die Instituut vir Voorsieningsbeheer (IVB) het gewys dat aktiwiteit in die dienste sektor in Oktober meer verminder het as wat verwag was. Maandag het die IVB gesê dat die vervaardigings sektor tot op sy laagste vlak gedaal het sedert September 1982, toe die ekonomie herstel het van ‘n resessie.   

the chaseпрокурор харьковской области

Jong bin Laden se asielaansoek geweier

Osama bin Laden se seun se aansoek om asiel in Spanje is geweier. Die Spaanse ministerie van binnelandse sake sê die 27-jarige aansoeker voldoen nie aan die nodige vereistes om toegelaat te word tot Spanje nie.

Owerhede wou nie uitbrei op die jong bin Lden se redes vir die aansoek nie. Hy het Maandag met sy veel ouer Britse vrou in Madrid by die Barrageslughawe aangekom. Hy is steeds in die lughawe se transitogedeelte en het 24 uur om appel aan te teken teen die beslissing.

Die Spaanse regering vra gewoonlik 'n aanbeveling van die VN se vlugtelingagentskap om aansoekers te keur, het 'n Spaanse amptenaar gesê. Die agentskap het blykbaar die aansoek afgekeur.

встраиваемые светильники потолочныеФільчаков Олександр Васильович прокурор

W?reldleiers kyk reeds na Obama

ImageWêreldleiers het reeds versoeke wat hulle aan die nuutverkose Amerikaanse president, Barack Obama,  wil stel, en het ‘n behoefte uitgespreek om sy beloftes rondom verandering aan aanhoudende konflikte in aksie te sien.

Ook om die globale ekonomiese krisis op te los.

Presidente en Eerste ministers het vinnig teogegee dat hy soos wat die Franse leier dit gestel het ‘n “briljante oorwinning” behaal het, maar die oorloë in Irak en Afghanistan en ‘n kerndooiepunt met Iran gaan kwessies word wat onmiddellike aandag vereis, tesame met die globale finansiële krisis.

Europese Unie ministers van buitelandse sake het reeds ‘n ses ladsyelys opgetrek met versoeke wat aan Obama gestel sal word tydens ‘n vergadering in Marseille op Maandagaand, voor die verkiesing.

Die brief het gevra vir gelyke vennootskappe op belangrike uitdagings, van die Midde-Oosterse kwessie tot die finansiële krisis, het die Franse minister van buitelandse sake, Bernard Kouchner by die vergadering gesê.

Kouchner het gesê Europa wil groter samewerking met die Midde-Ooste hê betreffende Afghanistan en Pakistan, ook oor verhoudinge met Rusland, China en ander opkomende lande  en vir multilaterale-besluitneming oor belangrike globale sake.

Europese Unie president, Jose Barroso, het gesê die verkiesingsoorwinning is ‘n “tyd vir hernude belofte tussen Europa en Amerika.” Hy het verder bygevoeg “ons moet die huidige krisis in ‘n nuwe geleentheid verander, Ons het ‘n nuwe ooreenkoms nodig vir ‘n nuwe wêreld.”

China se president Hu Jintao het ook gesê “dis ‘n nuwe era, ek sien uit daarna om ons bilaterale verhoudinge na nuwe vlakke te neem.”

Kenners reken egter dat Obama baie min kan doen om groot veranderinge in Irak en Afghanistan te maak, en selfs aan die Amerikaanse ekonomie.

Robin Sheperd, ‘n senior navorser by die Chatham House Instituut in Londen, het gesê dat Obama Afghanistan ‘n sekuriteitsprioriteit gemaak het, en dat daar probleme kan ontstaan vir Duitsland as hy aan bondgenote vra om nog soldate te stuur.

“Dit gaan baie moeilik wees vir Kanselier Angela Merkel om iemand wat so gewild is as Obama se versoek vir nog soldate in Afghanistan te weier. Ek dink dat lande wat reeds sterk verbind is in Afghanistan gaan ‘n sterk bondgenoot kry in Obama, en ander lande soos Duitsland gaan probleme optel vorentoe” het hy gesê.

Michael McKinley, senior lektor oor internasionale verhoudinge by die Australiese Nasionale Universiteit in Canberra, het gesê dat Obama ‘n fout gemaak het met sy verbintenis om nog soldate in Afghanistan in te bring.

“Dit gaan een van sy presidentskap se groot mislukkings wees. Enige iemand wat in Afghanistan ingaan, gaan verloor” het hy gesê.

Volgens Sheperd, is Obama baie ambisieus omtrent Irak, en hy het aanvanklik gesê dat die soldate daar onttrek gaan word binne 16 maande, maar later dit verander het en gesê het dat daar wel soldate gaan agterbly.

Sheperd het gesê dat daar soortgelyke probleme was met die Israel-Palestina konflik. “Ek dink dat wanneer dit oor buitelandse beleid in die algemeen gaan, en oor Irak spesifiek, gaan dit aan die begin moeilik wees vir Europese regerings om uit te werk wat Obama se planne is” het hy gesê.

Jiro Yamaguchi, ‘n professor in politiek by die Hokkaido universiteit in Japan het gesê dat nie veel van Obama verwag kan word op die oorlogsfront nie, maar dat die groter verwagtinge eerder op die ekonomiese sake is.

“’n Eenentwintigste-eeuse weergawe van die “New Deal” is nodig vir Amerika en die res van die wêreld.”

“Ek wil hê hy moet ekonomiese regspleging doen vir die middelklas en regverdige verdeling van rykdom” het hy bygevoeg.

MvKinley het egter gesê dit sal dekades neem om die skade wat aan ekonomiese strukture berokken is reg te stel, en dat voorgestelde belastingkortings Obama sal verhoed om sy beoogde hervorming in plek te kry.

“Hy gaan nie veel beweegruimte hê om iets aan sosiale programme te doen nie. Mens kan nie oorloë voer en belastings verlaag tegelykertyd nie. Dit ekonomiese waansin.”

“Wat Amerikaners mee sal moet saamleef, is dat Obama een van die teleurstellings in Amerikaanse politiekeg eskiedenis gaan wees” het hy gesê.   

european rouletteлобановский александр фото

China en Rusland wil ophou om in dollars handel te dryf

Die onlangse ontmoeting tussen Russiese eerste minister Wladimir Poetin en sy Chinese ampsgenoot, Wen Jiabao, het ‘n finansiële roering veroorsaak. Wen het gesê die twee lande kan die globale finansiële krisis weerstaan as hulle saamspan.

Putin het hom verder aangehits en voorgestel dat hulle ophou om in Amerikaans dollars te werk wanneer handel tussen dié twee lande plaasvind.

Die idee is niks nuuts nie. Rusland en China het reeds ‘n “raamwerkooreenkoms” bereik in November 2007, wat gevolg is deur ‘n soortgelyke ooreenkoms met Belarus.

Vroeër vanjaar het die president van Irak, Mahmoud Ahmadinejad en Hugo Chavez van Venezuela ook teen die dollar gedraai toe hulle hul OPUL-vennote  gevra het om dollars te laat vaar vir olietransaksies. Hulle argument was dat die “groen” geldeenheid nie meer betroubaar is nie, en dat hulle ‘n meer stabiele en voorspelbare alternatief moet soek.

Anders as Ahmadinejan en Chavez se voorstel, het Poetin se voorstel gekom op ‘n tyd wat die doller besig is om te versterk, en reeds begin het om druk uit te oefen op die Euro. Kenners voorspel dat die dollar sy waarde weer binne maande sal terugwen.

‘n Ander geldeenheid sal gevind moet word om die dollar te vervang vir internasionale betalings. Chna sal nie sommer die roebel aanvaar nie, net soos Rusland baie langtand sal vat aan die juan.     

free online slotФільчаков прокурор

ANC jeugliga waarsku Absagroep om nie splinterparty te ondersteun nie

In ‘n poging om druk uit te oefen op georganiseerde besigheid om nie die ANC-splintergroep te ondersteun nie, het die jeugliga gisteraand ‘n sterk waarskuwing aan die bankgroep Absa gestuur.

“Ons is bewus daarvan dat Wendy Luhabe, die hoof befondser van die rebellegroep, wat deur haar man Mbhazima Shilowa en Patrick Lekota gelei word, op die voorfront is om Absa strukture te gebruik om die rebelle groep te mobiliseer. Die voorsitter van Absa, Gill Marcus, is medegasheer vir ‘n spesiale middagete funksie wat onder valse voorwendsels deur Absa gehou word, waartydens die rebelle politieke groep gemobiliseer word.”

“Absa moet skoonkom omtrent sy verhoudinge en inskakeling in politieke formasies in Suid-Afrika, sodat ons ‘n deeglike beeld kan kry oor wat Absa werklik verteenwoordig” het die jeugliga gesê.

Absa het gisteraand vinnig gereageer om ‘n moontlike openbare verhoudinge nagmerrie af te weer, en het gesê dat beweringe dat hulle die nuwe party ondersteun totaal ongegrond is.

“Absa het ‘n duidelike program ter ondersteuning van demokrasie in Suid-Afrika, en sit jaarliks R 2,5 miljoen tersyde as bydrae vir politieke partye wat by die onafhanklike verkiesingskommissie geregistreer is, en wat ten minste drie plekke in die parlement gewen het na ‘n verkiesing. Dit is die enigste basis waarop Absa politieke partye ondersteun” het woordvoerder Makhosini Nkosi gesê.

Marcus en Luhabe was nie vir kommentaar beskikbaar gewees nie.

Terwyl dit onduidelik is oor wie die konvensie in Sandton gefinansier het, is politieke partye onder geen wetlike verpligting om sulke inligting bekend te maak nie.

Gisteraand het Nkosi geweier om te antwoord op vrae of die bank in die verlede die ANC befonds het. 

99spravok.ruЛобановский

ANC wil stemme werf in Noordwes

Na ‘n massiewe byeenkoms oor die naweek in Soweto, het Jacob Zuma gister weer sy verkiesingsveldtog voortgesit, dié keer oor die lengte en breedte van Noordwesprovinsie.

Zuma het ANC-lede en alliansievennote in Christiana toegespreek gedurende sy besoek aan die Ruth Mompati distriksmunisipaliteit as deel van sy verkiesingsveldtog.

Daar het hy lede van die ANC-splintergroep beskuldig dat hulle die media gebruik om ANC lede vir hulle party te werf.

Zuma het ‘n beroep gedoen op ANC-lede om nie mislei te word nie, en in die regerende party te bly.

Hy het ook ‘n saamtrek by Ipelengwoongebied naby Schweizer Reneke toegespreek voordat hy na Rustenburg gegaan het, waar hy ‘n vergadering van besigheidsmanne en ander belanghebbendes toegespreek het.

Cosatu, de vakunie, het ‘n beroep gedoen op al die mense in Noordwes wat die nuwe party ondersteun, om die ANC te verlaat sodat hulle ‘n vreedsame verkiesingsveldtog.

Die ANC Jeugliga het intussen bekende Suid-Afrikaanse musikante se hulp ingeroep om die ANC-veldtog te help beskerm.

Jeugligawoordvoerder, Floyd Shivambu, het gesê die veldtog is reeds geïnisieer in Mpumalanga, Ooskaap, KwaZulu-Natal en Limpopo, en dat Gauteng nou aan die beurt kom.

Volgens Shivambu, is kunstenaars wat hul steun aan die program verleen Mbongeni Ngema, Blondie Makhene, Don Laka, Mzwakhe Mbuli en verskeie platejoggies van klubs.   

Оборудование прокурор Фильчаков

Eksperimentele MIV-entstof kan risiko vir infeksie verhoog

ImageToetse van ‘n entstof teen MIV wat voorheen belowend voorgekom het is in 2007 gestaak, omdat dit die risiko vir infeksie kan verhoog, is in ‘n nuwe studie bekendgemaak.

Die MIV-1-entstof, wat hoop laat ontstaan het vir die stryd teen Vigs toe dit deur die Amerikaanse farmaseutiese reus Merck ontwikkel is, was in die tweede fase van klinies toetse toe die probleem raakgesien is in September 2007, het navorsers by die Montpellier Instituut vir molekulêre genetika in Frankryk gesê.

Die entstof, het op ‘n gemodifiseerde vorm van die gewone verkoue virus, Ad5, staatgemaak om die MIV in die liggaam in te dra.

Die kleiner MIV dele, het die Merck toetse bevind, sal die liggaam se immuniteitsisteem aktiveer om latere infeksie met die virus te bestry.

Een van die bekommernisse oor die benadering was dat wydverspreide immuniteit teen die entstof kon veroorsaak dat die liggaam die entstof kon verwerp voordat ‘n effektiewe teen-MIV reaksie kon ontstaan.

Drie jaar na die eerste toetse, het navorsers bevind dat meer mense wat die entstof ontvang het en wat voorheen immuun was teen die Ad5 virus, met MIV besmet was as die wat die aan die entstof blootgestel was nie, volgens ‘n studie wat in die aanlyn Joernaal vir Eksperimentele Medisyne gepubliseer was.

Die teenwoordigheid van langwerkende teenliggame, spesifiek tot die Ad5 virus, wat ontstaan het met natuurlike blootstelling aan verkoues, kon die reaksie van die liggaam tot die MIV entstof verander, het die studie bevind.

Die studie het gesê die entstof het die tweede fase van toetse bereik omdat primate, wat in die eerste fase van toetse gebruik is nie natuurlik in aanraking kom met menslike verkoues nie en die probleem is dus nie raakgesien nie.

Die entstof se prototipe is op 700 mense wat MIV-negatief wat getoets in vyf Suid-Afrikaanse hospitale tussen Februarie en September 2007, in die eerste kliniese MIV toets van die grootte wat ooit in Afrika gedoen is.

Intussen is toetse sedert 2004 gedoen in Amerika, Australië, Peru, Brasilië, en Puerto Rico.          

free online casino playалександр лобановский супермаркет класс

Russiese fregat na Oos-Afrika

Image'n Russiese tenker gaan by 'n fregat aansluit om seerowers rondom die kus van Oos-Afrika te hoof te bied.

Die Neustrasjimie fregat – dit beteken 'vreesloos' – het die waters van Somalië verlede Maandag binnegevaar waar seerowers skepe aanval en lospryse eis. Die fregat sal 'n Russiese handelskip vergesel om die horing van Afrika.

Die Neustrasjimie sal eersdaags deur 'n ander aanvalsboot bygestaan word, die Jelna, wat ook deel vorm van Rusland se Baltiese Vloot.

Amerikaanse skepe van die Vyfde Vloot omsingel tans 'n vaartuig van die Oekraïene wat op 25 September deur Somaliese seerowers gekaap is. Die boot, die Faina, dra 'n vrag tenks en swaar wapentuig met 'n bemanning van 17 Oekraïniërs, 2 Russe en een Litouer aan boord.

Die Faina se Russiese kaptein is aan 'n hartaanval dood toe die skip aangeval is. Die seerowers vra 'n losprys van $8 miljoen om die bemanning vry te laat.

Seerowers het hierdie jaar alreeds 30 skepe gekaap. NAVO en die EU het aangedui dat hulle voortaan die Golf van Aden beter gaan patrolleer. Dit word nou beskou as een van die besigste en gevaarlikste seestrate met 20 000 vaartuie wat daardeur beweeg per jaar.

Die VN het aan die begin van Junie toestemming verleen vir enige land om die waters van Somalië binne te vaar vanweë die wetteloosheid wat heers.

декоративный водопад купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Cholera uitbraak in DRK

Ten minste 100 gevalle van cholera is aangemeld in die DRK se oostelike dele, het Dokters sonder Grense (DSG) Dinsdag gesê.

Daar was 69 gevalle van cholera in die vier vlugtelingkampe rondom Goma in die afgelope week, en 20 in Kitchanga. In Buturande, naby Rutshure is daar 5 tot 10 nuwe gevalle per dag, het die mediese welsynsorganisasie gesê.

Die oostelike streek was die toneel van gevegte tussen regeringstroepe en rebelle wat derduisende mense ontwortel het.

“Noordwes van Goma, in Kitchanga, het DSG daarin geslaag om die watervoorsiening te verhoog van 2 liter per dag na 10 liter per dag. Spanne wat elders werk gaan ook poog om watervoorsiening daar te verhoog het DSG in ‘n verklaring gesê.

Cholera word veroorsaak deur intestinale bakterieë wat ernstige diarree en braking veroorsaak, wat tot dehidrasie lei. Dit het ‘n kort inkubasiestydperk, en kan dodelik wees, maar kan ook genees word as dit vinnig opgespoor word.

Maandag het hulpagentskappe die oostelike DRK-dorpie, Rutshuru vir die eerste keer bereik, nadat die VN verlede week gesê het dat plundery en geweld wat burgerlikes geteiken het, derduisende mense ontwortel het.

‘n Skietstaking verlede week deur wegbreek-generaal Laurent Nkunda en intensiewe diplomatieke aktiwiteite in die streek het die geleentheid geskep om die dreigende humanitêre krisis af te weer.     

инструмент автоэлектрикаОлександр Фільчаков прокурор

Feestelike atmosfeer by Amerikaanse konsulaat in Kaapstad

In Kaapstad het die Amerikaanse konsul-generaal, Alberta Mayberry, Obama se oorwinning aangekondig te midde van vreugdekrete by die konsulaatsgebou.

“Ek wil aankondig dat Barack Obama die president is” het sy gesê.

Ten spyte daarvan dat daar van haar verwag word om onpartydig te wees, het die groot glimlag haar duidelik weggegee.

CNN het voorspel dat die senator van Illinois, wat die verkiesings met sy boodskap van hoop aan die brand gehad het, ‘n duidelike oorwinning sou behaal.

“Dis is ‘n historiese oomblik” het Mayberry gesê. “Die atmosfeer hier is elektries, dit is rêrig goeie tye “

‘n Skare van omtrent 150 prominente Suid-Afrikaners en Amerikaners wat in Kaapstad woon het by die konsulaatsgebou in Bishopscourt byeengekom teen vyfuur om die verkiesing te sien uitspeel.

“Dit is verfrissend om Amerikaanse aksente te hoor in die agtergrond” het ‘n Amerikaans burger, Dana Myers gesê, en opgemerk dat hy die verkiesingsatmosfeer in sy tuisland gemis het.

Skares het rondom grootskermtelevisies saamgedrom, om die aksie wat tussen rooi en blou versierings afgespeel het dop te hou.

Kaapstad se burgemeester, Grant Haskins, het langs komediant Peter Dirk Uys gestaan en kyk .

Speaker van die parlement, Gwen Mahlangu-Nkabinde sou later die skare toespreek tydens ontbyt. 

сауна саунаtopcargo развод