Putin het hom verder aangehits en voorgestel dat hulle ophou om in Amerikaans dollars te werk wanneer handel tussen dié twee lande plaasvind.
Die idee is niks nuuts nie. Rusland en China het reeds ‘n “raamwerkooreenkoms” bereik in November 2007, wat gevolg is deur ‘n soortgelyke ooreenkoms met Belarus.
Vroeër vanjaar het die president van Irak, Mahmoud Ahmadinejad en Hugo Chavez van Venezuela ook teen die dollar gedraai toe hulle hul OPUL-vennote gevra het om dollars te laat vaar vir olietransaksies. Hulle argument was dat die “groen” geldeenheid nie meer betroubaar is nie, en dat hulle ‘n meer stabiele en voorspelbare alternatief moet soek.
Anders as Ahmadinejan en Chavez se voorstel, het Poetin se voorstel gekom op ‘n tyd wat die doller besig is om te versterk, en reeds begin het om druk uit te oefen op die Euro. Kenners voorspel dat die dollar sy waarde weer binne maande sal terugwen.
‘n Ander geldeenheid sal gevind moet word om die dollar te vervang vir internasionale betalings. Chna sal nie sommer die roebel aanvaar nie, net soos Rusland baie langtand sal vat aan die juan.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.