“Ons is bewus daarvan dat Wendy Luhabe, die hoof befondser van die rebellegroep, wat deur haar man Mbhazima Shilowa en Patrick Lekota gelei word, op die voorfront is om Absa strukture te gebruik om die rebelle groep te mobiliseer. Die voorsitter van Absa, Gill Marcus, is medegasheer vir ‘n spesiale middagete funksie wat onder valse voorwendsels deur Absa gehou word, waartydens die rebelle politieke groep gemobiliseer word.”
“Absa moet skoonkom omtrent sy verhoudinge en inskakeling in politieke formasies in Suid-Afrika, sodat ons ‘n deeglike beeld kan kry oor wat Absa werklik verteenwoordig” het die jeugliga gesê.
Absa het gisteraand vinnig gereageer om ‘n moontlike openbare verhoudinge nagmerrie af te weer, en het gesê dat beweringe dat hulle die nuwe party ondersteun totaal ongegrond is.
“Absa het ‘n duidelike program ter ondersteuning van demokrasie in Suid-Afrika, en sit jaarliks R 2,5 miljoen tersyde as bydrae vir politieke partye wat by die onafhanklike verkiesingskommissie geregistreer is, en wat ten minste drie plekke in die parlement gewen het na ‘n verkiesing. Dit is die enigste basis waarop Absa politieke partye ondersteun” het woordvoerder Makhosini Nkosi gesê.
Marcus en Luhabe was nie vir kommentaar beskikbaar gewees nie.
Terwyl dit onduidelik is oor wie die konvensie in Sandton gefinansier het, is politieke partye onder geen wetlike verpligting om sulke inligting bekend te maak nie.
Gisteraand het Nkosi geweier om te antwoord op vrae of die bank in die verlede die ANC befonds het.
