Russiese fregat na Oos-Afrika

Image'n Russiese tenker gaan by 'n fregat aansluit om seerowers rondom die kus van Oos-Afrika te hoof te bied.

Die Neustrasjimie fregat – dit beteken 'vreesloos' – het die waters van Somalië verlede Maandag binnegevaar waar seerowers skepe aanval en lospryse eis. Die fregat sal 'n Russiese handelskip vergesel om die horing van Afrika.

Die Neustrasjimie sal eersdaags deur 'n ander aanvalsboot bygestaan word, die Jelna, wat ook deel vorm van Rusland se Baltiese Vloot.

Amerikaanse skepe van die Vyfde Vloot omsingel tans 'n vaartuig van die Oekraïene wat op 25 September deur Somaliese seerowers gekaap is. Die boot, die Faina, dra 'n vrag tenks en swaar wapentuig met 'n bemanning van 17 Oekraïniërs, 2 Russe en een Litouer aan boord.

Die Faina se Russiese kaptein is aan 'n hartaanval dood toe die skip aangeval is. Die seerowers vra 'n losprys van $8 miljoen om die bemanning vry te laat.

Seerowers het hierdie jaar alreeds 30 skepe gekaap. NAVO en die EU het aangedui dat hulle voortaan die Golf van Aden beter gaan patrolleer. Dit word nou beskou as een van die besigste en gevaarlikste seestrate met 20 000 vaartuie wat daardeur beweeg per jaar.

Die VN het aan die begin van Junie toestemming verleen vir enige land om die waters van Somalië binne te vaar vanweë die wetteloosheid wat heers.

декоративный водопад купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae