Die MIV-1-entstof, wat hoop laat ontstaan het vir die stryd teen Vigs toe dit deur die Amerikaanse farmaseutiese reus Merck ontwikkel is, was in die tweede fase van klinies toetse toe die probleem raakgesien is in September 2007, het navorsers by die Montpellier Instituut vir molekulêre genetika in Frankryk gesê.
Die entstof, het op ‘n gemodifiseerde vorm van die gewone verkoue virus, Ad5, staatgemaak om die MIV in die liggaam in te dra.
Die kleiner MIV dele, het die Merck toetse bevind, sal die liggaam se immuniteitsisteem aktiveer om latere infeksie met die virus te bestry.
Een van die bekommernisse oor die benadering was dat wydverspreide immuniteit teen die entstof kon veroorsaak dat die liggaam die entstof kon verwerp voordat ‘n effektiewe teen-MIV reaksie kon ontstaan.
Drie jaar na die eerste toetse, het navorsers bevind dat meer mense wat die entstof ontvang het en wat voorheen immuun was teen die Ad5 virus, met MIV besmet was as die wat die aan die entstof blootgestel was nie, volgens ‘n studie wat in die aanlyn Joernaal vir Eksperimentele Medisyne gepubliseer was.
Die teenwoordigheid van langwerkende teenliggame, spesifiek tot die Ad5 virus, wat ontstaan het met natuurlike blootstelling aan verkoues, kon die reaksie van die liggaam tot die MIV entstof verander, het die studie bevind.
Die studie het gesê die entstof het die tweede fase van toetse bereik omdat primate, wat in die eerste fase van toetse gebruik is nie natuurlik in aanraking kom met menslike verkoues nie en die probleem is dus nie raakgesien nie.
Die entstof se prototipe is op 700 mense wat MIV-negatief wat getoets in vyf Suid-Afrikaanse hospitale tussen Februarie en September 2007, in die eerste kliniese MIV toets van die grootte wat ooit in Afrika gedoen is.
Intussen is toetse sedert 2004 gedoen in Amerika, Australië, Peru, Brasilië, en Puerto Rico.

Toetse van ‘n entstof teen MIV wat voorheen belowend voorgekom het is in 2007 gestaak, omdat dit die risiko vir infeksie kan verhoog, is in ‘n nuwe studie bekendgemaak.