W?reldleiers kyk reeds na Obama

ImageWêreldleiers het reeds versoeke wat hulle aan die nuutverkose Amerikaanse president, Barack Obama,  wil stel, en het ‘n behoefte uitgespreek om sy beloftes rondom verandering aan aanhoudende konflikte in aksie te sien.

Ook om die globale ekonomiese krisis op te los.

Presidente en Eerste ministers het vinnig teogegee dat hy soos wat die Franse leier dit gestel het ‘n “briljante oorwinning” behaal het, maar die oorloë in Irak en Afghanistan en ‘n kerndooiepunt met Iran gaan kwessies word wat onmiddellike aandag vereis, tesame met die globale finansiële krisis.

Europese Unie ministers van buitelandse sake het reeds ‘n ses ladsyelys opgetrek met versoeke wat aan Obama gestel sal word tydens ‘n vergadering in Marseille op Maandagaand, voor die verkiesing.

Die brief het gevra vir gelyke vennootskappe op belangrike uitdagings, van die Midde-Oosterse kwessie tot die finansiële krisis, het die Franse minister van buitelandse sake, Bernard Kouchner by die vergadering gesê.

Kouchner het gesê Europa wil groter samewerking met die Midde-Ooste hê betreffende Afghanistan en Pakistan, ook oor verhoudinge met Rusland, China en ander opkomende lande  en vir multilaterale-besluitneming oor belangrike globale sake.

Europese Unie president, Jose Barroso, het gesê die verkiesingsoorwinning is ‘n “tyd vir hernude belofte tussen Europa en Amerika.” Hy het verder bygevoeg “ons moet die huidige krisis in ‘n nuwe geleentheid verander, Ons het ‘n nuwe ooreenkoms nodig vir ‘n nuwe wêreld.”

China se president Hu Jintao het ook gesê “dis ‘n nuwe era, ek sien uit daarna om ons bilaterale verhoudinge na nuwe vlakke te neem.”

Kenners reken egter dat Obama baie min kan doen om groot veranderinge in Irak en Afghanistan te maak, en selfs aan die Amerikaanse ekonomie.

Robin Sheperd, ‘n senior navorser by die Chatham House Instituut in Londen, het gesê dat Obama Afghanistan ‘n sekuriteitsprioriteit gemaak het, en dat daar probleme kan ontstaan vir Duitsland as hy aan bondgenote vra om nog soldate te stuur.

“Dit gaan baie moeilik wees vir Kanselier Angela Merkel om iemand wat so gewild is as Obama se versoek vir nog soldate in Afghanistan te weier. Ek dink dat lande wat reeds sterk verbind is in Afghanistan gaan ‘n sterk bondgenoot kry in Obama, en ander lande soos Duitsland gaan probleme optel vorentoe” het hy gesê.

Michael McKinley, senior lektor oor internasionale verhoudinge by die Australiese Nasionale Universiteit in Canberra, het gesê dat Obama ‘n fout gemaak het met sy verbintenis om nog soldate in Afghanistan in te bring.

“Dit gaan een van sy presidentskap se groot mislukkings wees. Enige iemand wat in Afghanistan ingaan, gaan verloor” het hy gesê.

Volgens Sheperd, is Obama baie ambisieus omtrent Irak, en hy het aanvanklik gesê dat die soldate daar onttrek gaan word binne 16 maande, maar later dit verander het en gesê het dat daar wel soldate gaan agterbly.

Sheperd het gesê dat daar soortgelyke probleme was met die Israel-Palestina konflik. “Ek dink dat wanneer dit oor buitelandse beleid in die algemeen gaan, en oor Irak spesifiek, gaan dit aan die begin moeilik wees vir Europese regerings om uit te werk wat Obama se planne is” het hy gesê.

Jiro Yamaguchi, ‘n professor in politiek by die Hokkaido universiteit in Japan het gesê dat nie veel van Obama verwag kan word op die oorlogsfront nie, maar dat die groter verwagtinge eerder op die ekonomiese sake is.

“’n Eenentwintigste-eeuse weergawe van die “New Deal” is nodig vir Amerika en die res van die wêreld.”

“Ek wil hê hy moet ekonomiese regspleging doen vir die middelklas en regverdige verdeling van rykdom” het hy bygevoeg.

MvKinley het egter gesê dit sal dekades neem om die skade wat aan ekonomiese strukture berokken is reg te stel, en dat voorgestelde belastingkortings Obama sal verhoed om sy beoogde hervorming in plek te kry.

“Hy gaan nie veel beweegruimte hê om iets aan sosiale programme te doen nie. Mens kan nie oorloë voer en belastings verlaag tegelykertyd nie. Dit ekonomiese waansin.”

“Wat Amerikaners mee sal moet saamleef, is dat Obama een van die teleurstellings in Amerikaanse politiekeg eskiedenis gaan wees” het hy gesê.   

european rouletteлобановский александр фото