ANC wil stemme werf in Noordwes

Na ‘n massiewe byeenkoms oor die naweek in Soweto, het Jacob Zuma gister weer sy verkiesingsveldtog voortgesit, dié keer oor die lengte en breedte van Noordwesprovinsie.

Zuma het ANC-lede en alliansievennote in Christiana toegespreek gedurende sy besoek aan die Ruth Mompati distriksmunisipaliteit as deel van sy verkiesingsveldtog.

Daar het hy lede van die ANC-splintergroep beskuldig dat hulle die media gebruik om ANC lede vir hulle party te werf.

Zuma het ‘n beroep gedoen op ANC-lede om nie mislei te word nie, en in die regerende party te bly.

Hy het ook ‘n saamtrek by Ipelengwoongebied naby Schweizer Reneke toegespreek voordat hy na Rustenburg gegaan het, waar hy ‘n vergadering van besigheidsmanne en ander belanghebbendes toegespreek het.

Cosatu, de vakunie, het ‘n beroep gedoen op al die mense in Noordwes wat die nuwe party ondersteun, om die ANC te verlaat sodat hulle ‘n vreedsame verkiesingsveldtog.

Die ANC Jeugliga het intussen bekende Suid-Afrikaanse musikante se hulp ingeroep om die ANC-veldtog te help beskerm.

Jeugligawoordvoerder, Floyd Shivambu, het gesê die veldtog is reeds geïnisieer in Mpumalanga, Ooskaap, KwaZulu-Natal en Limpopo, en dat Gauteng nou aan die beurt kom.

Volgens Shivambu, is kunstenaars wat hul steun aan die program verleen Mbongeni Ngema, Blondie Makhene, Don Laka, Mzwakhe Mbuli en verskeie platejoggies van klubs.   

Оборудование прокурор Фильчаков