Die Dow Jones se industriële indeks het 486,01 punte (5,05%) gedaal tot op 9139, 27 en die Nasdaq het met 98,48 punte (5,53 %) gedaal tot op 1681, 64, om ‘n groeitydperk van 6 sessies te breek.
Die Standard & Poor 500 indeks het 52,98 punte (5,27%) verloor om op 952,77 te eindig.
Die aksies van die markte het die winsteuitgevee, terwyl beleggers gehoop het dat ‘n nuwe president verligting vir die globale finansiële krisis sal bring.
Die verkose president staar die grootste globale finansiële krisis in die gesig sedert die Groot Depressie asook ‘n rits ekonomiese probleme op die tuisfront, insluitend stygende werkloosheid, dalende huispryse en vertroue wat geskend is.
Hy begin in sy pos op 20 Januarie en daardie probleme gaan nie tot dan wag nie, het analiste gesê.
Die dag se makro-ekonomiese nuus het beleggers herinner aan werksprobleme wat reeds die verbruiker gedwing het om minder te spandeer, iets wat die Amerikaanse ekonomie erg benadeel.
Die privaatsektor het reeds in Oktober 157 000 poste verloor, 26 000 meer as in September, het die maandelikse opname van ADP, ‘n betaaldienste firma se maandelikse opname bevind.
‘n Verslag van die Instituut vir Voorsieningsbeheer (IVB) het gewys dat aktiwiteit in die dienste sektor in Oktober meer verminder het as wat verwag was. Maandag het die IVB gesê dat die vervaardigings sektor tot op sy laagste vlak gedaal het sedert September 1982, toe die ekonomie herstel het van ‘n resessie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.