Hulle is ook in die proses om infrarooi kameras (Flir) met nuwe generasie Carl Zeiss Optroniese toestelle te vervang. Maar die helikopters vereis mense wat kan vlieg.
Minister van veilgheid, Nathi Mthethwa, het die tekort aan opgeleide personeel onderstreep. Hulle word glo afgerokkel deur die privaatsektor en die huidige personeel word glo ekstra betaal om hulle te probeer motiveer om te bly.
Die polisie se lugvleuel bestaan uit 32 helikopters, wat twee Ravenhelikopters insluit wat verlede maand afgelwer is. Nog vier sal binnekort afgelewer word.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se lugvleuel is gestrand vanweë 'n tekort aan vlieëniers en tegnici en die vooruitsig om misdaad beter te bekamp vanuit die lug, lyk maar skraal.